VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Alfred_Hugenberg

⇱ Alfred Hugenberg - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alfred Hugenberg
👁 Alfred Hugenberg

Alfred Hugenberg in 1933

Minister vir Ekonomie, Landbou en Voeding
Ampstermyn
30 Januarie 193329 Junie 1933
Eerste minister Adolf Hitler
Voorafgegaandeur Hermann Warmbold (Ekonomie)
Magnus von Braun (Voeding)
Opgevolgdeur Hjalmar Schacht (Ekonomie)
Richard Walther Darré (Voeding)

Persoonlike besonderhede
Gebore 19 Junie 1865
Hannover, Koninkryk Hannover
Sterf 12 Maart 1951 (op 85)
Kükenbruch, Wes-Duitsland
Politiekeparty Duits-Nasionale Volksparty
Eggenoot/-note Gertrud Adickes

Alfred Ernst Christian Alexander Hugenberg (* 19 Junie 1865 in Hannover; † 12 Maart 1951 in Kükenbruch) was 'n Duitse entrepreneur met belange in die mynbou-, krygstuig- en mediabedryf en politikus van die verregse Duits-Nasionale Volksparty (DNVP).

In die eerste maande ná die Nasionaalsosialistiese magsoorname in Januarie 1933 het hy die amp van minister vir ekonomie, landbou en voeding in die eerste kabinet van Adolf Hitler beklee. Hugenberg word as die beduidendste burgerlike wegbereider van die Nasionaalsosialistiese beweging beskou. Met sy mediaonderneming het hy sowat die helfte van die Duitse pers beheer en deur middel van nasionalistiese en antisemitiese propaganda grootliks bygedra tot die opkoms en groei van verregse partye in die Weimarrepubliek.