VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Anglo-Iere

⇱ Anglo-Iere - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Anglo-Iere

Totale bevolking:
Belangrike bevolkings in: šŸ‘ Vlag van Republiek Ierland
Republiek van Ierland
šŸ‘ Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
Taal: Engels
Geloofsoortuiging: Kerk van Ierland, Dissenter-kerke
Verwante etniese groepe: Engelse, Ierse, Ulster Skotte, Walliesers, Skotte

Anglo-Iere (Iers: Angla-Ɖireannach) is 'n term wat veral in die 19de en vroeĆ« 20ste eeu gebruik is om na 'n bevoorregte maatskaplike klas in Ierland te verwys wat uit die nakomelinge van Protestantse Engelse setlaars bestaan het, die sogenaamde Protestant Ascendancy. Hulle was merendeels lidmate van die Anglikaanse Kerk van Ierland, wat tot en met 1871 as staatskerk van Ierland gefungeer het, en, in mindere mate, aanhangers van dissenter-kerke soos byvoorbeeld Metodiste.

Lede van diƩ klas het ten opsigte van kultuur, wetenskap, regswese, landbou en politiek gewoonlik die Engelse voorbeeld gevolg. Baie van hulle het belangrike poste in die administrasie van die Britse Ryk en in die Britse Leƫr en Vloot beklee.

Die term word gewoonlik nie op Presbiterianers in Noord-Ierland toegepas nie wat merendeels nakomelinge van Skotse setlaars is en na wie as Ulster-Skotte verwys word.