’n Antioksidant is ’n molekule wat die oksidasie van ander molekules stuit. Oksidasie is ’n chemiese reaksie wat vrye radikale kan voortbring en dit kan lei tot kettingreaksies wat selle kan beskadig. Antioksidante soos tiols of askorbiensuur (vitamien C) beëindig hierdie kettingreaksies. Die term "antioksidant" word vir hoofsaaklik twee verskillende groepe stowwe gebruik: nywerheidschemikalieë wat by produkte gevoeg word om oksidasie te keer, en natuurlike chemikalieë wat in voedsel en liggaamsweefsel aangetref word en na bewering gesondheidsvoordele het.
Om die oksidatiewe toestand te balanseer, handhaaf plante en diere komplekse stelsels van oorvleuelende antioksidante, soos glutatioon en ensieme (byvoorbeeld katalase en superoksieddismutase) wat intern vervaardig word of die dieet-antioksidante: vitamien A, vitamien C en vitamien E.
Dieetaanvullings met antioksidante verbeter nie gesondheid en is nie doeltreffend in die voorkoming van siektes nie, soos bewys in proefnemings. Aanvullings van betakaroteen, vitamien A en vitamien E, apart of in verskillende kombinasies toegedien, het geen invloed op sterftesyfers[1][2] of die risiko vir kanker nie.[3][4] Aanvullings met seleen of vitamien E verlaag nie die risiko vir hartbloedvatsiektes nie.[5][6] Oksidatiewe stres kan beskou word as óf die oorsaak óf die gevolg van sekere siektes.
Nywerheidsantioksidante het uiteenlopende gebruike, soos as preserveermiddels in voedsel en grimering en as oksidantinhibeerders in brandstof.[7]
Gesondheid
[wysig | wysig bron]Dieet
[wysig | wysig bron]Hoewel sekere vlakke van antioksidant-vitamiene in die dieet nodig is vir goeie gesondheid, is daar ’n debat oor of antioksidantryke kos of aanvullings mense teen siektes beskerm. Verder is dit onduidelik, indien hulle voordelig is, watter antioksidant(e) uit ’n dieet nodig is en in watter hoeveelhede buite ’n tipiese dieet.[8][9][10] Sommige skrywers bevraagteken die hipotese dat antioksidant-vitamiene chroniese siektes kan voorkom,[8][11] terwyl ander glo so ’n moontlikheid is onbewese en uit die staanspoor misleidend.[12]
Polifenole, wat dikwels antioksidant-eienskappe in vitro het, is nie noodwendig antioksidante in vivo nie vanweë uitgebreide metabolisme.[13] In baie polifenole tree die katesjolgroep as elektronontvangers op en is dit dus verantwoordelik vir die antioksidant-aktiwiteit.[14] Hierdie katesjolgroep ondergaan egter uitgebreide metabolisme wanneer dit in die menslike liggaam opgeneem word en is dan nie meer in staat om as elektronontvangers op te tree nie. Baie polifenole het dalk nie-antioksidatiewe rolle in klein konsentrasies wat seine tussen selle, reseptorsensitiwiteit, ontstekingsensiem-aktiwiteit of geenregulasie beïnvloed.[15][16][17][18]
Hoewel dieet-antioksidante al ondersoek is vir ’n moontlike uitwerking op neurodegeneratiewe siektes soos alzheimers en parkinsons,[19][20] het hierdie studies nie uitsluitsel gegee nie.[21][22][23]
Kandidate vir medisyne
[wysig | wysig bron]Tirilazad is ’n atioksidatiewe steroïedderivaat wat die lipiedperoksidasie inhibeer wat vermoedelik ’n sleutelrol speel in neuronale sterftes ná beroertes of kopbeserings. Dit het voordele getoon in die geval van diere met beroerte,[24] maar by mense het dit geen uitwerking gehad op die sterftesyfer of op ander soorte bloeding nie[25] en in die geval van iskemiese beroertes het dit die resultate vererger.[26] Net so het die ontwerpte antioksidant NXY-059 ’n uitwerking by diere getoon, maar nie by mense nie.[27] Ander antioksidante word nog ondersoek.[28]
Gewone middels en aanvullings met antioksidant-eienskappe kan inmeng met die doeltreffendheid van sekere middels teen kanker en bestraling.[29][30] In 2016 is medisyne met antioksidante ondersoek as ekstra medikasie vir skisofrenie.[31] Daar was te min getuienis om te bepaal of dit voordelig is en daar was die moontlikheid van ’n nadelige uitwerking.[31]
Oefening
[wysig | wysig bron]Volgens ’n verslag van 2000 het vitamien E-aanvullings geen voordele vir fisieke oefening onder atlete ingehou nie.[32] Aanvullings met antioksidante kan die hartbloedvatvoordele van oefening verminder.[33]
In kos
[wysig | wysig bron]Antioksidant-vitamiene kom voor in groente, vrugte, eiers, peulplante en neute. Vitamiene A, C en E kan vernietig word deur kos te lank te bêre of kook.[34] Die uitwerking van kookprosesse en voedselpreservering is ingewikkeld, aangesien dit ook die biobeskikbaarheid van antioksidante kan vergroot, soos sekere karotenoïede in groente.[35] Geprosesseerde kos bevat minder antioksidant-vitamiene as vars en ongekookte kos, want bereiding stel kos bloot aan hitte en suurstof.[36]
| Antioksidant-vitamiene | Kos met hoë vlakke van antioksidant-vitamiene[37][38][39] |
|---|---|
| Vitamien C (askorbiensuur) | Vars of bevrore vrugte en groente |
| Vitamien E (tokoferole en tokotrinole) | Groente-olies, neute en sade |
| Karotenoïede (karotene soos provitamien A) | Vrugte, groente en eiers |
Ander antioksidante word nie uit die dieet verkry nie, maar in die liggaam vervaardig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Bjelakovic G, Nikolova D, Gluud C (2013). "Meta-regression analyses, meta-analyses, and trial sequential analyses of the effects of supplementation with beta-carotene, vitamin A, and vitamin E singly or in different combinations on all-cause mortality: do we have evidence for lack of harm?". PLoS ONE. 8 (9): e74558. Bibcode:2013PLoSO...874558B. doi:10.1371/journal.pone.0074558. PMC3765487. PMID24040282.
- ↑ Abner EL, Schmitt FA, Mendiondo MS, Marcum JL, Kryscio RJ (Julie 2011). "Vitamin E and all-cause mortality: a meta-analysis". Current Aging Science. 4 (2): 158–70. doi:10.2174/1874609811104020158. PMC4030744. PMID21235492.
- ↑ Cortés-Jofré M, Rueda JR, Corsini-Muñoz G, Fonseca-Cortés C, Caraballoso M, Bonfill Cosp X (2012). "Drugs for preventing lung cancer in healthy people". The Cochrane Database of Systematic Reviews. 10: CD002141. doi:10.1002/14651858.CD002141.pub2. PMID23076895.
- ↑ Jiang L, Yang KH, Tian JH, Guan QL, Yao N, Cao N, Mi DH, Wu J, Ma B, Yang SH (2010). "Efficacy of antioxidant vitamins and selenium supplement in prostate cancer prevention: a meta-analysis of randomized controlled trials". Nutrition and Cancer. 62 (6): 719–27. doi:10.1080/01635581.2010.494335. PMID20661819.
- ↑ Rees K, Hartley L, Day C, Flowers N, Clarke A, Stranges S (2013). "Selenium supplementation for the primary prevention of cardiovascular disease". The Cochrane Database of Systematic Reviews. 1 (1): CD009671. doi:10.1002/14651858.CD009671.pub2. PMID23440843.
- ↑ Shekelle PG, Morton SC, Jungvig LK, Udani J, Spar M, Tu W, J Suttorp M, Coulter I, Newberry SJ, Hardy M (April 2004). "Effect of supplemental vitamin E for the prevention and treatment of cardiovascular disease". Journal of General Internal Medicine. 19 (4): 380–9. doi:10.1111/j.1525-1497.2004.30090.x. PMC1492195. PMID15061748.
- ↑ "Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry"..(2007).DOI:10.1002/14356007.a16_719.pub2.ISBN 3-527-30673-0.
- 1 2 Stanner SA, Hughes J, Kelly CN, Buttriss J (Mei 2004). "A review of the epidemiological evidence for the 'antioxidant hypothesis'". Public Health Nutrition. 7 (3): 407–22. doi:10.1079/PHN2003543. PMID15153272.
- ↑ Shenkin A (Februarie 2006). "The key role of micronutrients". Clinical Nutrition. 25 (1): 1–13. doi:10.1016/j.clnu.2005.11.006. PMID16376462.
- ↑ Woodside JV, McCall D, McGartland C, Young IS (November 2005). "Micronutrients: dietary intake v. supplement use". The Proceedings of the Nutrition Society. 64 (4): 543–53. doi:10.1079/PNS2005464. PMID16313697.
- ↑ Food, Nutrition, Physical Activity, and the Prevention of Cancer: a Global Perspective Geargiveer 23 September 2015 op Wayback Machine. World Cancer Research Fund (2007). ISBN 978-0-9722522-2-5.
- ↑ Hail N, Cortes M, Drake EN, Spallholz JE (Julie 2008). "Cancer chemoprevention: a radical perspective". Free Radical Biology & Medicine. 45 (2): 97–110. doi:10.1016/j.freeradbiomed.2008.04.004. PMID18454943.
- ↑ "Flavonoids" (in Engels). Linus Pauling Institute, Oregon State University, Corvallis. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 24 Julie 2016.
- ↑ Csepregi, K; Neugart, S; Schreiner, M; Hideg, Éva (2016). "Comparative Evaluation of Total Antioxidant Capacities of Plant Polyphenols". Molecules. 21 (2): 208. doi:10.3390/molecules21020208. PMID26867192.
- ↑ Williams RJ, Spencer JP, Rice-Evans C (April 2004). "Flavonoids: antioxidants or signalling molecules?". Free Radical Biology & Medicine. 36 (7): 838–49. doi:10.1016/j.freeradbiomed.2004.01.001. PMID15019969.
- ↑ Aggarwal BB, Shishodia S (Mei 2006). "Molecular targets of dietary agents for prevention and therapy of cancer". Biochemical Pharmacology. 71 (10): 1397–421. doi:10.1016/j.bcp.2006.02.009. PMID16563357.
- ↑ Azzi A (Julie 2007). "Molecular mechanism of alpha-tocopherol action". Free Radical Biology & Medicine. 43 (1): 16–21. doi:10.1016/j.freeradbiomed.2007.03.013. PMID17561089.
- ↑ Virgili F, Marino M (November 2008). "Regulation of cellular signals from nutritional molecules: a specific role for phytochemicals, beyond antioxidant activity". Free Radical Biology & Medicine. 45 (9): 1205–16. doi:10.1016/j.freeradbiomed.2008.08.001. PMID18762244.
- ↑ Di Matteo V, Esposito E (April 2003). "Biochemical and therapeutic effects of antioxidants in the treatment of Alzheimer's disease, Parkinson's disease, and amyotrophic lateral sclerosis". Current Drug Targets. CNS and Neurological Disorders. 2 (2): 95–107. doi:10.2174/1568007033482959. PMID12769802.
- ↑ Rao AV, Balachandran B (Oktober 2002). "Role of oxidative stress and antioxidants in neurodegenerative diseases". Nutritional Neuroscience. 5 (5): 291–309. doi:10.1080/1028415021000033767. PMID12385592.
- ↑ Crichton GE, Bryan J, Murphy KJ (September 2013). "Dietary antioxidants, cognitive function and dementia--a systematic review". Plant Foods for Human Nutrition. 68 (3): 279–92. doi:10.1007/s11130-013-0370-0. PMID23881465.
- ↑ Takeda A, Nyssen OP, Syed A, Jansen E, Bueno-de-Mesquita B, Gallo V (2014). "Vitamin A and carotenoids and the risk of Parkinson's disease: a systematic review and meta-analysis". Neuroepidemiology. 42 (1): 25–38. doi:10.1159/000355849. PMID24356061.
- ↑ Harrison FE (2012). "A critical review of vitamin C for the prevention of age-related cognitive decline and Alzheimer's disease". Journal of Alzheimer's Disease. 29 (4): 711–26. doi:10.3233/JAD-2012-111853. PMC3727637. PMID22366772.
- ↑ Sena E, Wheble P, Sandercock P, Macleod M (Februarie 2007). "Systematic review and meta-analysis of the efficacy of tirilazad in experimental stroke". Stroke; A Journal of Cerebral Circulation. 38 (2): 388–94. doi:10.1161/01.STR.0000254462.75851.22. PMID17204689.
- ↑ Zhang S, Wang L, Liu M, Wu B (2010). "Tirilazad for aneurysmal subarachnoid haemorrhage". The Cochrane Database of Systematic Reviews (2): CD006778. doi:10.1002/14651858.CD006778.pub2. PMID20166088.
- ↑ Bath PM, Iddenden R, Bath FJ, Orgogozo JM (2001). "Tirilazad for acute ischaemic stroke". The Cochrane Database of Systematic Reviews (4): CD002087. doi:10.1002/14651858.CD002087. PMID11687138.
- ↑ Bath PM, Gray LJ, Bath AJ, Buchan A, Miyata T, Green AR (Augustus 2009). "Effects of NXY-059 in experimental stroke: an individual animal meta-analysis". British Journal of Pharmacology. 157 (7): 1157–71. doi:10.1111/j.1476-5381.2009.00196.x. PMC2743834. PMID19422398.
- ↑ Green AR, Ashwood T (April 2005). "Free radical trapping as a therapeutic approach to neuroprotection in stroke: experimental and clinical studies with NXY-059 and free radical scavengers". Current Drug Targets. CNS and Neurological Disorders. 4 (2): 109–18. doi:10.2174/1568007053544156. PMID15857295.
- ↑ Lemmo W (September 2014). "Potential interactions of prescription and over-the-counter medications having antioxidant capabilities with radiation and chemotherapy". International Journal of Cancer. Journal International Du Cancer. 137 (11): 2525–33. doi:10.1002/ijc.29208. PMID25220632.
- ↑ D'Andrea GM (2005). "Use of antioxidants during chemotherapy and radiotherapy should be avoided". CA: A Cancer Journal for Clinicians. 55 (5): 319–21. doi:10.3322/canjclin.55.5.319. PMID16166076.
- 1 2 Magalhães, P; Dean, O; Andreazza, A (2016). "Antioxidant treatments for schizophrenia". Cochrane Database of Systematic Reviews. 1: CD008919.pub2. doi:10.1002/14651858.CD008919.pub2.
- ↑ Takanami Y, Iwane H, Kawai Y, Shimomitsu T (Februarie 2000). "Vitamin E supplementation and endurance exercise: are there benefits?". Sports Medicine. 29 (2): 73–83. doi:10.2165/00007256-200029020-00001. PMID10701711.
- ↑ Gavura, Scott. "Antioxidants and Exercise: More Harm Than Good?". Science Based Medicine. Besoek op 19 Desember 2011.
{{cite web}}: Onbekende parameter|name-list-format=geïgnoreer (hulp) - ↑ Rodriguez-Amaya DB (2003). "Food carotenoids: analysis, composition and alterations during storage and processing of foods". Forum of Nutrition. 56: 35–7. PMID15806788.
- ↑ Maiani G, Castón MJ, Catasta G, Toti E, Cambrodón IG, Bysted A, Granado-Lorencio F, Olmedilla-Alonso B, Knuthsen P, Valoti M, Böhm V, Mayer-Miebach E, Behsnilian D, Schlemmer U (September 2009). "Carotenoids: actual knowledge on food sources, intakes, stability and bioavailability and their protective role in humans". Molecular Nutrition & Food Research. 53 Suppl 2: S194–218. doi:10.1002/mnfr.200800053. PMID19035552. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2018. Besoek op 23 September 2017.
- ↑ Henry CJ, Heppell N (Februarie 2002). "Nutritional losses and gains during processing: future problems and issues". The Proceedings of the Nutrition Society. 61 (1): 145–8. doi:10.1079/PNS2001142. PMID12002789.
- ↑ Beecher GR (Oktober 2003). "Overview of dietary flavonoids: nomenclature, occurrence and intake". The Journal of Nutrition. 133 (10): 3248S – 3254S. PMID14519822.
- ↑ "Antioxidants and Cancer Prevention: Fact Sheet" (in Engels). National Cancer Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2010. Besoek op 27 Februarie 2007.
- ↑ Ortega R (Desember 2006). "Importance of functional foods in the Mediterranean diet". Public Health Nutrition. 9 (8A): 1136–40. doi:10.1017/S1368980007668530. PMID17378953.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 👁 Image
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
