VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Barcelona

⇱ Barcelona - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Barcelona
👁 Image

Kaart Wapen
👁 Image
👁 Image
Vlag
👁 Image
Land 👁 Vlag van Spanje
Spanje
Administratiewe gewes 👁 Image
Katalonië
Provinsie 👁 Image
Barcelona
Koördinate 41°23′N 02°11′O / 41.383°N 2.183°O / 41.383; 2.183
Stigting 3de eeu v.C.
Oppervlakte:
- Totaal 101,4 vk km
Hoogte bo seevlak 12 m
Bevolking:
- Totaal (2018) 1620343
- Bevolkingsdigtheid 16000/vk km
Tydsone UTC +1 (MET)
- Somertyd UTC +2 (MEST)
Burgemeester Ada Colau Ballano
Amptelike webwerf www.barcelona.cat

Barcelona (Katalaans: [bəɾsəˈlonə]; Spaans: [baɾθeˈlona]) is die hoofstad van Katalonië en die tweede grootste stedelike nedersetting in Spanje na Madrid, geleë aan die Middellandse See. Barcelona is daarnaas die elfde grootste stad in die Europese Unie en die tweede grootste stedelike nedersetting (ná Hamburg) wat nie as hoofstad van 'n lidstaat fungeer nie. Die stad is beroemd vir sy vele kunsversamelings, byvoorbeeld van Picasso, en geboue wat deur die argitek Antoni Gaudí ontwerp is.[1]

Geografie

[wysig | wysig bron]

Barcelona is geleë in die noordooste van die Iberiese Skiereiland, aan die kus van die Middellandse See. Dit is die grootste stad wat aan die Middellandse See geleë is.

Weergegewens vir Barcelona Lughawe, Katalonië, Spanje
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Gemiddelde maksimum (°C) 13,4 14,36 15,9 17,6 20,5 24,2 27,5 28 25,5 21,5 17 14,3 20
Gemiddelde temperatuur (°C) 8,9 9,9 11,3 13,0 16,2 19,9 23 23,6 21,1 17 12,5 10,0 15,5
Gemiddelde minimum (°C) 4,4 5,3 6,7 8,5 12 15,7 18,6 19,3 16,7 12,6 8,1 5,7 11,1
Neerslag (mm) 41 29 42 49 59 42 20 61 85 91 58 51 640
Bron: Agencia Estatal de Meteorología[2]

Sport

[wysig | wysig bron]

Barcelona was die gasheerstad vir die Olimpiese Somerspele en die Paralimpiese Somerspele in 1992. Die stad is bekend vir sy sokkerklub FC Barcelona. Dit was ook een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 en die Vrouerugbywêreldbeker 2002.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (es) Valores climatológicos normales Barcelona Aeropuerto www.AEMET.es

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie Spanje-verwante artikel is 'n saadjie. U kan help deur dit uit te brei.