VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Chiangtsi

⇱ Chiangtsi - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
šŸ‘ Image
Aanvanklike opstelling van 'n Chiangtsispel

Chiangtsi of Xiangqi (豔棋) is 'n Chinese tweespelerbordspel in dieselfde familie as Westerse skaak, Japannese shogi, Indiese tsjatoeranga en Koreaanse janggi. Die hedendaagse vorm van chiangtsi het in China ontwikkel en word daarom algemeen Chinese skaak genoem. Die eerste karakter č±” ChiĆ ng het in die geval die betekenis "beeld" of "voorstellend", dus kan Chiangtsi letterlik vertaal word as "uitbeeldende skaak". Die spel word soms "olifantskaak" genoem volgens die alternatiewe betekenis van č±” as "olifant". Die naam word ook soms "Hsiang-k'i" gespel.

Die spel beeld die stryd tussen twee leƫrs uit met die doelwit om die vyand se "generaalstuk" te buit. Chiangtsi is een van die mees gewilde bordspele in China. Onderskeidende eienskappe van chiangtsi sluit in die unieke beweging van die pao ("kanonstuk"), 'n reƫl wat die generaals verbied om reg teenoor mekaar te staan en die rivier en paleis bordeienskappe wat die beweging van sommige stukke beperk.

Benewens China en gebiede met beduidende etnies-Chinese bevolkings is Chiangtsi ook gewild in Viƫtnam.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
šŸ‘ Image
Hierdie artikel oor 'n skaakonderwerp is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.