VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Chichester

⇱ Chichester - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Chichester
Stad
👁 Die Anglikaanse katedraal van die Heilige Drieënigheid
Die Anglikaanse katedraal van die Heilige Drieënigheid
Koördinate: 50°50′00″N 0°47′00″W / 50.83333°N 0.78333°W / 50.83333; -0.78333
Land👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
Land👁 Vlag van Engeland
Engeland
GraafskapWes-Sussex
DistrikChichester
Administratiewe parogieChichester
Oppervlak
•Totaal10,67km2 (4,12vk.myl)
Bevolking
•Totaal26 795
•Digtheid2 225/km2 (5 760/vk.myl)
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskodedistrik
PO19
Skakelkodes01243
Webwerfchichester.gov.uk

Chichester [ˈtʃɪtʃɨstər] is 'n katedraalstad in die Suidoos-Engelse graafskap Wes-Sussex. Dit is dié graafskap se enigste stedelike nedersetting en dien as sy administratiewe setel of county town. Chichester het 'n lang geskiedenis wat tot in die Romeinse tydperk terugstrek en was ook in die Angel-Saksiese periode een van die mees vooraanstaande nedersettings in Engeland.

Chichester is die setel van 'n Anglikaanse biskop en huisves naas sy 12de eeuse katedraal sommige van die oudste kerk- en wêreldlike geboue in Groot-Brittanje.