VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Denali

⇱ Denali - Wikipedia


Gaan na inhoud
Denali
👁 Denali soos vanaf die noorde gesien, met Wonder Lake in die voorgrond
Denali soos vanaf die noorde gesien, met Wonder Lake in die voorgrond
Ligging Alaska, Verenigde State
Hoogte 6 190[1]meter bo seevlak
Reeks Rotsgebergte
Koördinate 63°4′9″N 151°0′28″W / 63.06917°N 151.00778°W / 63.06917; -151.00778
Eerste bestyging 7 Junie 1913
Eerste bestyger(s) Hudson Stuck, Harry Karstens, Walter Harper, Robert Tatum
👁 Image
William McKinley

Denali (Engels: dɨˈnɑːli]), tussen 1917 en 2015 amptelik Mount McKinley genoem,[2] is 'n berg in Noord-Amerika wat in die Amerikaanse deelstaat Alaska geleë is. Met 'n hoogte van 6190 meter is dit die hoogste berg in die Rotsgebergte, Noord-Amerika en die Verenigde State. Denali is oorspronklik genoem ná die 25ste President van die Verenigde State van Amerika, William McKinley, maar het in 2015 sy huidige naam verkry. Denali beteken in Athapaskies die grote of die hoë en is die oorspronklike naam wat in Alaska gebruik is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Mount McKinley, Alaska". Peakbagger.com. Besoek op 31 Augustus 2015.
  2. (en) "Senate Report 113-93 – Designation of Denali in the State of Alaska". Amerikaanse Regering se Uitgewerskantoor. 10 September 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 12 Junie 2018.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.