Die Europese Ruimtevaartorganisasie (Engels: European Space Agency, afkorting ESA; Frans: Agence spatiale européenne, ASE; Duits: Europäische Weltraumorganisation) is ’n interregeringorganisasie wat op 30 Mei 1975 gestig is vir die verkenning van die ruimte. Dit het tans 22 lidlande. Die hoofkantoor is in Parys, Frankryk. Die ESA het ’n personeel van meer as 2000 (wat subkontrakteurs en nasionale ruimteagentskappe uitsluit) en ’n begroting van sowat €4,28miljard (in 2013).[1]
Die ESA se ruimtehawe is die Guyana-ruimtesentrum in Kourou, Frans-Guyana, ’n ligging wat gekies is omdat dit so na aan die ewenaar is en kommersieel belangrike wentelbane van daar af toegankliker is. In die Ariane 4-tydperk het die ESA die posisie van markleier in kommersiële ruimtelanserings ingeneem en in die afgelope paar jaar het dit homself gevestig as ’n belangrike rolspeler in ruimteverkenning.
ESA-wetenskapsendings is gebaseer in Noordwijk, Nederland, aardwaarnemingsendings in Frascati, Italië, ESA-sendingbeheer is in Darmstadt, Duitsland, en die Europese Ruimtevaardersentrum, wat ruimtevaarders vir toekomstige sendings oplei, in Keulen, Duitsland. Die amptelike tale is Engels, Frans, Duits, Italiaans, Nederlands en Spaans.[2]
Lidlande
[wysig | wysig bron]| Lidland | ESA-konvensie | Nasionale program | Bydraes (Milj.€) |
Bydraes (%) |
|---|---|---|---|---|
| 👁 Vlag van België België | 3 Oktober 1978 | BELSPO | 7002189500000000000189,5 | 70005800000000000005,8% |
| 👁 Vlag van Denemarke Denemarke | 15 September 1977 | DTU Space | 700126800000000000026,8 | 69998000000000000000,8% |
| 👁 Vlag van Duitsland Duitsland | 26 Julie 1977 | Deutsches Zentrum für Luft- und Raumfahrt | 7002797400000000000797,4 | 700124600000000000024,6% |
| 👁 Vlag van Estland Estland | 4 Februarie 2015 | Enterprise Estonia | 69998000000000000000,8 | 69991000000000000000,1% |
| 👁 Vlag van Finland Finland | 1 Januarie 1995 | Tekes | 700119600000000000019,6 | 69996000000000000000,6% |
| 👁 Vlag van Frankryk Frankryk | 30 Oktober 1980 | CNES | 7002718200000000000718,2 | 700122200000000000022,2% |
| 👁 Vlag van Griekeland Griekeland | 9 Maart 2005 | ISARS/NOA | 700112100000000000012,1 | 69994000000000000000,4% |
| 👁 Vlag van Hongarye Hongarye | 24 Februarie 2015 | Magyar Űrkutatási Iroda | ||
| 👁 Flag of Ireland Ierland | 10 Desember 1980 | Enterprise Ireland | 700118000000000000018,0 | 69996000000000000000,6% |
| 👁 Vlag van Italië Italië | 20 Februarie 1978 | Agenzia Spaziale Italiana | 7002329900000000000329,9 | 700110200999990000010,2% |
| 👁 Vlag van Luxemburg Luxemburg | 30 Junie 2005 | Luxinnovation | 700123000000000000023,0 | 69997000000000000000,7% |
| 👁 Vlag van Nederland Nederland | 6 Februarie 1979 | Netherlands Space Office | 700174700000000000074,7 | 70002300000000999992,3% |
| 👁 Vlag van Noorweë Noorweë | 30 Desember 1986 | Norsk Romsenter | 700159800000000000059,8 | 70001800000000000001,8% |
| 👁 Vlag van Oostenryk Oostenryk | 30 Desember 1986 | Agentur für Luft- und Raumfahrt | 700151500000000000051,5 | 70001600000000000001,6% |
| 👁 Vlag van Pole Pole | 19 November 2012 | Centrum Badań Kosmicznych | 700130000000000000030,0 | 69999000000000000000,9% |
| 👁 Vlag van Portugal Portugal | 14 November 2000 | Fundação para a Ciência e Tecnologia | 700116700000000000016,7 | 69995000000000000000,5% |
| 👁 Vlag van Roemenië Roemenië | 22 Desember 2011 | Agenţia Spaţialǎ Românǎ | 700125400000000000025,4 | 69998000000000000000,8% |
| 👁 Vlag van Spanje Spanje | 7 Februarie 1979 | Instituto Nacional de Técnica Aeroespacial | 7002131690000099999131,7 | 70004100099999999994,1% |
| 👁 Vlag van Swede Swede | 6 April 1976 | Rymdstyrelsen | 700180300000000000080,3 | 70002500000000000002,5% |
| 👁 Vlag van Switserland Switserland | 19 November 1976 | Swiss Space Office | 7002134900000000000134,9 | 70004200000000000004,2% |
| 👁 Flag of the Czech Republic Tsjeggië | 12 November 2008 | Ministerstvo dopravy České republiky | 700114200000000000014,2 | 69994000000000000000,4% |
| 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk | 28 Maart 1978 | UK Space Agency | 7002322300000000000322,3 | 70009900000000000009,9% |
| Ander | — | — | 7002149800000000000149,8 | 70004600000000999994,6% |
| Geassosieerde lande | ||||
| 👁 Vlag van Kanada Kanada | 1 Januarie 1979 | Canadian Space Agency | 700115500000000000015,5 | 69995000000000000000,5% |
| Totale Lede en Medewerkers | 70033241200000000003 241,2 | 7002100000000000000100% | ||
| 👁 Flag of Europe Europese Unie | 28 Mei 2004 | Space policy of the European Union | 70031191700000000001 191,7 | 700186500000000000086,5% |
| EUMETSAT | — | — | 7002122400000000000122,4 | 700110300000000000010,3% |
| Ander inkomste | — | — | 700138800999990000038,8 | 70003300000000000003,3% |
| Totaal ESA | 70034433000000000004 433,0 | 7002136800000000000136,8% |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Nasa, die Amerikaanse ruimte-agentskap.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "ESA Budget for 2013". esa.int (in Engels). 24 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013.
- ↑ "Convention for the establishment of a European Space Agency" (PDF) (in Engels). ESA. 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 16 November 2014.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (en) ESA-geskiedenisadvieskomitee: A history of the European Space Agency 1958–1987 (=ESA spesiale publikasie 1235). Europese Ruimtevaartorganisasie 2001, ISBN 92-9092-536-1, ISSN 1609-042X (Vol. 1, Vol. 2)
- (en) Andrew Wilson: ESA Suksesse, 3de uitgawe. ESA-publikasieafdeling, Noordwijk 2005, ISSN 0250-1589
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Amptelike webwerf
- 👁 Wikimedia Commons logo
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Europese Ruimtevaartorganisasie.
