Gastrulasie is ’n stadium vroeg in die embrio-ontwikkeling van die meeste diere waartydens die enkellaag-blastula herrangskik word in ’n veellaag-struktuur bekend as die gastrula.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Voor gastrulasie is die embrio ’n aaneenlopende epiteellaag van selle; teen die einde van gastrulasie het die embrio begin differensieer om afsonderlike sellae, die basiese asse van die liggaam (byvoorbeeld bokant-onderkant, voorkant-agterkant) en een of meer seltipes, insluitende die toekomstige ingewande, te vorm.
In organismes waar die gastrula drie kiemlae het, bestaan dié lae uit die ektoderm, mesoderm en endoderm.[1][2] In organismes met twee kiemlae, het die gastrula net ’n ekto- en endoderm.
Gastrulasie vind plaas ná kliewing (verdeling) en die vorming van die blastula. Dit word gevolg deur organogenese, waar individuele organe uit die nuut gevormde kiemlae ontstaan.[3] Elke laag lei tot ’n spesifieke soort weefsel en organe in die ontwikkelende embrio. Uit die ektoderm ontstaan die epidermis en senustelsel in gewerweldes. Uit die endoderm ontstaan die epiteel van die spysverterings- en asemhalingstelsel en organe wat met eersgenoemde verband hou, soos die lewer en pankreas. Die mesoderm gee aanleiding tot baie seltipes, onder meer die spiere, bene, hart, are, werwels en vel.[4] Ná gastrulasie is die selle in die liggaam óf georganiseer in plate verbinde selle (soos in epitele) óf as ’n netwerk van geïsoleerde selle (soos mesenchiem).[2][5]
Die terme "gastrula" en "gastrulasie" is in 1872 geskep deur Ernst Haeckel, in sy werk Biology of Calcareous Sponges.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Arnold, Sebastian J.; Robertson, Elizabeth J. (2009). "Making a commitment: cell lineage allocation and axis patterning in the early mouse embryo". Nat. Rev. Mol. Cell Biol. 10 (2): 91–103. doi:10.1038/nrm2618. PMID19129791.
- Ereskovsky, Alexander V. (2010). The Comparative Embryology of Sponges. Springer. ISBN978-90-481-8574-0.
- Hall, Brian Keith (1998). "8.3.3 The gastrula and gastrulation". Evolutionary developmental biology (2nduitg.). The Netherlands: Kluwer Academic Publishers. ISBN978-0-412-78580-1.
{{cite book}}: Onbekende parameter|chapterurl=geïgnoreer (hulp) - McGeady, Thomas A., red. (2006). "Gastrulation". Veterinary embryology. Wiley-Blackwell. ISBN978-1-4051-1147-8.
{{cite book}}: Cite has empty unknown parameter:|chapterurl=(hulp) - Mundlos, Stefan (2009). "Gene action: developmental genetics". Vogel and Motulsky's Human Genetics: Problems and Approaches (4thuitg.). Springer. doi:10.1007/978-3-540-37654-5. ISBN978-3-540-37653-8.
{{cite book}}: Cite has empty unknown parameter:|chapterurl=(hulp); Onbekende parameter|editors=geïgnoreer (hulp) - 👁 Image
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
