VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Geleedpotiges

⇱ Geleedpotiges - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geleedpotiges
👁 Image
'n Honderdpoot.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Arthropoda
Klasse

Die geleedpotiges of artropodes (filum of superfilum Arthropoda) is 'n groot groep ongewerweldes (diere sonder 'n ruggraat).[1] Diere soos insekte, spinnekopagtiges (spinnekoppe), skaaldiere (krappe en krewe), garnale en veelpotiges (duisendpote) is almal geleedpotiges. Geleedpotiges het gelede pote, 'n gesegmenteerde liggaam en 'n eksoskelet (harde dop om die liggaam).[1]

Geleedpotiges het verreweg die grootste aantal spesies van enige groep diere,[1] en moontlik ook van enige filum van enige lewende organismes op aarde. 'n Enkele orde van insekte – die kewers – oortref byvoorbeeld al die ander in die aantal spesies.

Sommige geleedpotiges, veral die insekte, lewe op land. Hulle harde eksoskelette beskerm hulle teen uitdroging. Hulle is ook die eerste filum wat ware vlug bemeester het.

Die skaaldiere (Crustacea) is ook 'n klas van die Arthropoda, maar lewe meestal in die water of is van klam toestande afhanklik vir oorlewing.

Geleedpotiges is 'n bron van voedsel vir baie diere, insluitend die mens.

Fotogalery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 Claire Philip, red. (2016). Die monster-feiteboek oor dinosourusse en lewe in die oertyd. Louise Vorster en Francois Griebenow. Kaapstad: Bargain Books. ISBN9781920608866.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.