VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/George_Sand

⇱ George Sand - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
George Sand
👁 Image
Portret van George Sand deur Auguste Charpentier (1838)
Gebore
Amantine Lucile Aurore Dupin

(1804-07-01)1 Julie 1804
Parys, Frankryk
Sterf8 Junie 1876 (op 71)
Nohant-Vic, Berry, Frankryk
BeroepRomansier
BewegingPastoralisme
EggenootCasimir Dudevant(trou1822;geskei1835)
KindersMaurice Sand
Solange Dudevant
Ouer(s)Sophie-Victoire Delaborde (moeder), Maurice Dupin (vader)

Amantine Lucile Aurore Dupin de Francueil[1] (Franse fonetiese uitspraak: amɑ̃tin lysil oʁɔʁ dypɛ̃; 1 Julie 18048 Junie 1876), beter bekend aan haar pennaam George Sand (Franse uitspraak: ʒɔʁʒ sɑ̃d), was 'n Franse romansier.[2][3] In haar leeftyd was sy een van die gewildste skryfsters in Europa.[4] In die 1830's en 1840's was sy selfs meer beroemd as Victor Hugo en Honoré de Balzac in Engeland.[5] Sand word beskou as een van die noemenswaardigste skryfsters van die Europese Romantiese era, en het meer as 50 volumes verskillende werke geskryf, insluitende toneelstukke en politieke skrywes, naas haar 70 romans. Sy is ook veral bekend vanweë haar verhouding met die Poolse komponis, Frédéric Chopin. George Sand word ook deur Nine D'Urso in die 2025-televisiereeks, The Rebel: The Adventures of Young George Sand, vertolk. Die reeks beeld 'n intieme verhouding uit tussen D'Urso en Barbara Pravi (wat Marie Dorval speel).

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Dupin se eerste geboortenaam word dikwels gegee as "Amandine".
  2. Hart, Kathleen (2004). Revolution and Women's Autobiography in Nineteenth-century France. Rodopi. p.91.
  3. Lewis, Linda M. (2003). Germaine de Staël, George Sand, and the Victorian Woman Artist. University of Missouri Press. p.48.
  4. Eisler, Benita (8 Junie 2018). "'George Sand' Review: Monstre Sacré". WSJ. Besoek op 6 November 2018.
  5. Thomson, Patricia (Julie 1972). "George Sand and English Reviewers: The First Twenty Years". Modern Language Review. 67 (3): 501–516. doi:10.2307/3726119. JSTOR3726119.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

In Frans:

Verdere leesmateriaal

[wysig | wysig bron]
  • Harlan, Elizabeth (2004). George Sand. New Haven: Yale University Press. ISBN 0-300-10417-0.
  • Jordan, Ruth, George Sand: a biography, Londen, Constable, 1976, ISBN 0 09 460340 5.
  • Parks, Tim, "Devils v. Dummies" (resensie van George Sand, La Petite Fadette, vertaal deur Gretchen van Slyke, Pennsylvania State, 2017, ISBN 978-0271079370, 192 pp.; en Martine Reid, George Sand, vertaal deur Gretchen van Slyke, Pennsylvania State, 2019, ISBN 978-0271081069, 280 pp.), London Review of Books, vol. 41, no. 10 (23 Mei 2019), pp.31–32. "Die mans waarvan Sand gehou het,' merk Reid op, 'het almal sekere soortgelyke fisiese eienskappe gehad... kwesbaar en 'n bietjie teruggetrokke.' Skugter, om dit op te som. Hulle was veral almal jonger as sy. Jules Sandeau, Alfred de Musset en hierna, vir die nege jaar tussen 1838 en 1847, Chopin, was almal ses jaar jonger as sy." (p.32.)
  • Yates,Jim(2007),Oh! Père Lachaise: Oscar's Wilde Purgatory,Édition d'Amèlie,ISBN978-0-9555836-1-2. Oscar Wilde droom oor George Sand en word uitgenooi na 'n soirée (partytjie) by Nohant.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]