VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Hermafrodiet

⇱ Hermafrodiet - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
👁 Image
Slakke wat paar.
👁 Image
Die tweeslagtige blom van 'n tulp.

In biologie is 'n hermafrodiet is 'n dier of plant wat tweeslagtig is en oor beide manlike en vroulike geslagsorgane beskik (of kan beskik).[1] Daar word onderskei tussen gelyktydige en afwisselende hermafrodiete. Gelyktydige hermafrodiete het op dieselfde tydstip beide geslagte, terwyl afwisselende hermafrodiete eenslagtig is, maar van geslag kan verander.

Plante

[wysig | wysig bron]

In die planteryk is hermafroditisme die reël eerder as 'n uitsondering: 94% van alle plantsoorte is hermafrodities en slegs 6% van 'n totaal van 250000 plantsoorte het aparte vroulike en manlike individue. Blomme het byvoorbeeld meeldrade (manlik) sowel as 'n stamper (vroulik).

Diere

[wysig | wysig bron]

In die diereryk geld presies die omgekeerde en aparte manlike en vroulike individue is die reël. Slegs 5% - 6% van die 1,2 miljoen diersoorte is hermafrodities. Dit kom neer op ongeveer 65000 soorte.[2] Voorbeelde hiervan is slakke en die reënwurm.

Mense

[wysig | wysig bron]

Dié term word nie meer vir mense gebruik nie. Dit word as misleidend en stigmatiserend beskou.[3] Sulke mense word deesdae intersekse[4][5] genoem.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Merriam-Webster Woordeboek
  2. Al hierdie getalle is afkomstig van: Joan Roughgarden (2009) The Genial gene, bladsy 106. ISBN 978-0-520-25826-6
  3. Dreger, Alice D.; Chase, Cheryl; Sousa, Aron; Gruppuso, Phillip A.; Frader, Joel (18 Augustus 2005). "Changing the Nomenclature/Taxonomy for Intersex: A Scientific and Clinical Rationale". Journal of Pediatric Endocrinology and Metabolism. 18 (8): 729–33. doi:10.1515/JPEM.2005.18.8.729. PMID16200837. S2CID39459050. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2020. Besoek op 5 Februarie 2020.
  4. "Interseks" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 November 2020.
  5. "Interseks" in die AWS aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 November 2020.
👁 Image
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.