VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Inuktitut

⇱ Inuktitut - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Inuktitut
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ
Uitspraak: [inuktiˈtut]
Gepraatin: 👁 Vlag van Kanada
Kanada
Gebied: Arktika
Totalesprekers: 35200[1]
Taalfamilie: Eskimo-Aleoeties
Eskimo
Inuïties
Inuktitut
Skrifstelsel: Inuktitut-sillabeskrif, Latynse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: 👁 Image
Nunavut[2]

👁 Image
Quebec (Nunavik)[3]
👁 Image
Newfoundland en Labrador (Nunatsiavut)[4]
👁 Image
Noordwestelike gebiede[5]

Gereguleer deur: Inuit Tapiriit Kanatami en verskeie ander plaaslike instellings.
Taalbedreigingstatus
👁 Image
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
Veilig

NENie bedreig nie
Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: iu
ISO 639-2: ike
ISO 639-3: ike
👁 Verspreiding van Inuktitut-dialekte
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Inuktitut (ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ, [inuktiˈtut], letterlik: "taal van die mens") is 'n Eskimo-Aleoetiese taal en sedert 19 September 2008 'n amptelike taal van die Kanadese gebied Nunavut. Inuktitut is nou verwant aan die Inuïtiese tale en word óf met die Inuktitut-sillabeskrif óf met die Latynse alfabet geskryf. Dit is 'n plurisentriese taal en word sedert 2004 as een van Kanada se streekstale erken.

👁 Image
Die woord ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ ("Inuktitut") in Inuktitut-sillabeskrif
👁 Image
Die sillabeskrif wat gebruik word om Inuktitut (titirausiq nutaaq) te skryf. Die bykomende karakters met die kolletjies verteenwoordig lang vokale; in die Latynse transkripsie sou die vokaal verdubbel word.

Inuktitut het sowat 35200 moedertaalsprekers en is die taal van Kanada se inheemse Inuïete. Dit is ná Groenlands een van die belangrikste van die Inuïtiese tale en geniet amptelike status in die Kanadese gebied Nunavut, die noordelike deel van die provinsie Quebec (Nunavik), 'n deel van die provinsie Newfoundland en Labrador (Nunatsiavut) en in die Noordwestelike gebiede. Inuktitut bevat verskeie dialekte en soms word al die ander Inuïtiese tale as 'n dialek van dieselfde taal beskou wat as Inuktut bekend staan.

Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Inuktitut sluit Eskimo en husky in. Inuktitut is nes Afrikaans en Duits bekend vir die skepping van lang woorde. Nuwe woorde word gewoonlik uit Inuktitut-wortels saamgevoeg, maar veral in die moderne taalgebruik word hulle uit Engels of Frans ontleen.

Dialekte

[wysig | wysig bron]
ISO 639-3DialekGebiedGetal sprekers[6]Skryfstelsel
ike
(Oos-Inuït)
Nunatsiavummiutut (Inuttut)NL: Nunatsiavut550Latyn
Nunavimmiutitut (Tarramiutut)QC: Nunavik10700Sillabeskrif
Qikiqtaaluk nigiani (Aggurmiutut)NU: Qikiqtaaluk5740
Qikiqtaaluk uannangani4550
AivilingmiututNU: Kivalliq1500
Kivallirmiutut5500
ikt
(Wes-Inuït)
Natsilingmiutut (Nattiliŋmiutut)NU: Kitikmeot1500
Inuinnaqtun1000Latyn
Siglitun (Inuvialuktun i.e.S.)NT: Inuvik[7]200

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Inuktitut" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 23 November 2018.
  2. (en) Official Languages Act, S.Nu. 2008, c. 10 Geargiveer 22 Januarie 2018 op Wayback Machine, bl. 3 met (en) Inuit Language Protection Act, S.Nu. 2008, c. 17 Geargiveer 22 Januarie 2018 op Wayback Machine, bl. 1(2)
  3. (en) Charter of the French Language, CQLR c. C-11, bl. 95
  4. (en) Nunatsiavut Constitution Act, CIL 2012 N-3 Geargiveer 22 Januarie 2018 op Wayback Machine (PDF) bl. 1.6.1
  5. (en) Official Languages Act, R.S.N.W.T. 1988, c. O-1 (PDF) bl. 4
  6. Totaal: 31240; Bron: (en) UNESCO Atlas of the World’s Languages in Danger volgens die (en) Census-Daten 2006, waar na al die dialekte saam as Inuktitut verwys word.
  7. in Yellowknife word ook Inuktitut gebesig, in Ulukhaktok Inuinnaqtun, sien (en) Official Languages of the Northwest Territories Geargiveer 19 Oktober 2021 op Wayback Machine

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Inuktitut