- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Majas, vir die historiese beskawing, sien Maja, en vir die taalfamilie, sien Majatale.
| Majaans Màaya t'àan | ||
|---|---|---|
| Gepraatin: | 👁 Vlag van Meksiko Meksiko 👁 Vlag van Belize Belize 👁 Vlag van Guatemala Guatemala | |
| Totalesprekers: | 762520[1]
👁 Vlag van Meksiko
👁 Vlag van Guatemala | |
| Taalfamilie: | Maja Yucatekaans Yukateeks-Lakandonies Majaans | |
| Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
| Amptelike status | ||
| Amptelike taal in: | 👁 Vlag van Meksiko Meksiko | |
| Gereguleer deur: | INALI | |
| Taalbedreigingstatus | ||
|
Veilig NENie bedreig nie Dit is 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
| Taalkodes | ||
| ISO 639-1: | geen | |
| ISO 639-2: | myn | |
| ISO 639-3: | yua | |
| 👁 Verspreiding van Majaans in Meksiko | ||
| Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | ||
Majaans (Màaya t'àan, letterlik: "Majataal"; Spaans: Idioma maya) of Yucatekaanse Maja (Spaans: Maya yucateco) is die tweede belangrikste inheemse taal van Noord-Amerika ná Nahuatl met 762520 sprekers in die Meksikaanse deelstate Yucatán, Quintana Roo en Campeche, asook in die noorde van Belize en Guatemala. Majaans word deur die Majas, die hedendaagse verteenwoordigers van die Meso-Amerikaanse Majabeskawing, gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal in Meksiko.
Majaans is die belangrikste en grootste van die oorblywende Majatale en in teenstelling met ander tale van dié taalfamilie is Majaans is 'n toontaal met 'n werkwoord-onderwerp-voorwerp-volgorde. Die taal is tot die Spaanse verowering van Yucatan in 'n eie alfabet geskryf en sedertdien word die Latynse alfabet gebruik. Hedendaags is die meeste Majas tweetalig met Spaans as tweede taal.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Maya, Yuatec". Ethnologue. Besoek op 7 Julie 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 👁 Wikimedia Commons logo
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Majaans. - (en) "Yucatec language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 Julie 2025.
| 👁 Image | Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei. |
