VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Perigeum

⇱ Apside - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Perigeum)
👁 Image
Die perigeum (X) en apogeum (Y) van ’n voorwerp (B) in ’n baan om die Aarde (A).

’n Apside, of apsis,[1][2][3] is die naaste en verste punt in die elliptiese wentelbaan van een hemelliggaam om ’n ander (meestal groter) een. Die lyn van een apside na ’n ander is die langste as van die ellips, oftewel die apsidelyn.

Om die twee punte te onderskei, word verskillende benamings vir die naaste en die verste punt gebruik, na gelang van die groter liggaam waarom die ander een wentel. ’n Paar voorbeelde is:

HemelliggaamGrootste afstandKleinste afstandOorsprong van naam
Algemene benamingapoapside, apoapsisperiapside, periapsisApside, apsis
’n Voorwerp om die Sonafelium, apheliumperihelium[4][5][6]Helios (Son)
’n Voorwerp om die Aardeapogeumperigeum[4][5][6]Gaia (Aarde)
’n Voorwerp om die MaanaposintiumperisintiumSintia (Artemis)
’n Voorwerp om MercuriusapohermiumperihermiumHermes
’n Voorwerp om VenusapokuteriumperikuteriumKutera, 'n eiland van Afrodite, Venus
’n Voorwerp om MarsapomartiumperimartiumMars
’n Voorwerp om JupiterapojoviumperijoviumJupiter, Jove
’n Voorwerp om SaturnusaposaturniumperisaturniumSaturnus
’n Voorwerp om Uranusapo-uraniumperi-uraniumUranos
’n Voorwerp om Neptunusapoposeidiumperiposeidium[7]Poseidon
’n Voorwerp om Ceresapodemeterperidemeter[8]Demeter
’n Voorwerp om ’n ster of dubbelsterapastronperiastron Astra, Latyn vir "ster"
’n Voorwerp om ’n sterrestelselapogalaktikumperigalaktikum Galaksias, Grieks vir "sterrestelsel"

Die perigeum van die maan is dus die punt waar dit die naaste aan die Aarde is, en die afelium van die Aarde is die verste punt van die Son af.[9]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Apsis" (Internetwoordeboek). HAT. viva-afrikaans.org. Besoek op 2 Julie 2025.
  2. "Apsis" (Internetwoordeboek). WAT. viva-afrikaans.org. Besoek op 2 Julie 2025.
  3. Afrikaanse Taalkommissie. "Apsis" (Internethandleiding). AWS. viva-afrikaans.org. Besoek op 2 Julie 2025.
  4. 1 2 "Perihelium, perigeum" (Internetwoordeboek). HAT. viva-afrikaans.org. Besoek op 2 Julie 2025.
  5. 1 2 "Perihelium, perigeum" (Internetwoordeboek). WAT. viva-afrikaans.org. Besoek op 2 Julie 2025.
  6. 1 2 Afrikaanse Taalkommissie. "Perihelium, perigeum" (Internethandleiding). AWS. viva-afrikaans.org. Besoek op 2 Julie 2025.
  7. Voorbeeld van gebruik: McKevitt, James en ander (18 Junie 2021). "An L-class Multirole Observatory and Science Platform for Neptune". 2021 Global Space Exploration Conference Proceedings. arXiv:2106.09409.
  8. "Dawn Journal: 11 Years in Space". www.planetary.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2018. Besoek op 24 Oktober 2018.
  9. Joe Rao (6 Julie 2023). "Happy Aphelion Day! Earth is at its farthest from the sun for 2023 today". Space.com (in Engels). Besoek op 22 April 2024.

Skakels

[wysig | wysig bron]