VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Reuters

⇱ Reuters - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Reuters
👁 Image

👁 Image
Tipe Afdeling
Gestig 9 Julie 1851[1]
Hoofkantoor Canary Wharf, Londen, Engeland,Verenigde Koninkryk
SleutelpersoneStephen J. Adler (uitvoerende hoof)
Gebiedbedienwêreldwyd
IndustrieNuusagentskap
Werknemers17000
Webwerfreuters.com

Reuters is 'n internasionale nuusagentskap met meer as 2500 joernaliste in byna 200 lande. Hulle hoofkantoor is in Londen in die Verenigde Koninkryk.

👁 Image
Ingang van die Reutersgebou aan Times Square in New York Stad.
👁 Image
Reuters se datasentrum in Londen.

Reuters was tot 2008 'n onafhanklike maatskappy, die Reuters Group plc, wat ook finansiële markdata verskaf het. Sedert die Thomson Corporation hulle in 2008 oorgekoop het is hulle deel van Thomson Reuters.

Reuters is op 9 Julie 1851 in Londen deur die Joodse immigrant Paul Julius Reuter gesig. Hy was van Duitsland afkomstig en die seun van die beroemde rabbie Reuter van Kassel. Hy versorg finansiële beriggewing vir beurse en beleggers in Parys, Brussel en Aken. Later versorg hy ook nie-ekonomiese nuus en open kantore in ander Europese lande en die Verenigde State.

In 1925 verkry die nasionale Britse Persburo 'n meerderheidsbelang in Reuters. Tydens die Tweede Wêreldoorlog kom die neutraliteit van die persburo as gevolg hiervan onder sterk druk. Daarna word die buro in 1941 tot 'n selfstandige maatskappy omvorm.

Reuters Media voorsien tans die gedrukte pers sowel as die oudiovisuele media van artikels en verslae. Wêreldwyd het Reuters byna 200 kantore en 17000 werknemers. Finansiële beriggewing is steeds die nuusdiens se belangrikste fokus.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Company History" (in Engels). Thomson Reuters. 13 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 6 Februarie 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.