| Slavia Praag | |||||||||||||||||||||||||||
| 👁 Image | |||||||||||||||||||||||||||
| Volle naam | Sportovní klub Slavia Praha – fotbal a.s. | ||||||||||||||||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Bynaam/me | Červenobílí (Die Rooi en Witte) Sešívaní (Die Gesyde) Slávisté (Die Slaviste) | ||||||||||||||||||||||||||
| Stigting | 1892; 133 jaar gelede(1892) as ACOS (Akademický cyklistický odbor Slavia) | ||||||||||||||||||||||||||
| Tuisveld | Fortuna Arena, Praag | ||||||||||||||||||||||||||
| Kapasiteit | 19 370 | ||||||||||||||||||||||||||
| Eienaar | Pavel Tykač | ||||||||||||||||||||||||||
| President | Jaroslav Tvrdík | ||||||||||||||||||||||||||
| Afrigter | Jindřich Trpišovský | ||||||||||||||||||||||||||
| Liga | Tsjeggiese Eerste Liga | ||||||||||||||||||||||||||
| 2024/25 | 1ste van 16 (kampioene) | ||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||
Slavia Praag is ’n Tsjeggiese professionele sokkerklub in Praag. Gestig in 1892 as ’n literêre en fietsryklub, is hulle die tweede mees suksesvolle klub in die Tsjeggiese Republiek sedert die opbreek van Tsjeggo-Slowakye in 1993.[1]
Hulle speel in die 1. česká fotbalová liga, die topafdeling in die Tsjeggië. Hulle neem deel aan die Praagse derby teen Sparta Praag, die mees prominente rivaal in Tsjeggiese sokker. Slavia het 22 liga-titels, 11 Tsjeggiese bekers en die Mitropa Beker in 1938 gewen. Die klub het sedert die stigting van die Tsjeggiese liga in 1993 ook agt liga-titels verower. Hulle het ook die halfeindrondte van die 1995/96 UEFA Beker bereik en gekwalifiseer vir die UEFA Champions League in 2007/08 vir die eerste keer in hul geskiedenis. In 2019 het Slavia die kwarteindrondte van die 2018/19 UEFA Europa League bereik en ook gekwalifiseer vir die 2019/20 UEFA Champions League groepfase vir die tweede keer in hul geskiedenis. Hulle het weer die Europa League kwarteindrondte in 2020/21 bereik. In die titelwennerseisoen van die 2020/21 het die span ’n hele seisoen onoorwonne voltooi en ’n Tsjeggiese rekord opgestel vir die langste onoorwonne topvlakliga-reeks van 54 wedstryde tussen 2020 en 2021.[2]
Benewens hul manspan, het Slavia Praag ook reserwe-, jeug- en vrouespanne.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Historická tabulka". Chance Liga. Besoek op 10 Junie 2019.
- ↑ "NEPORAŽENÍ 582 dnů. Série, na kterou se nezapomene". Slavia.cz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2021. Besoek op 17 Oktober 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| 👁 Image | Hierdie sokker-artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. |
