VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Ventraal

⇱ Ventraal - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
👁 Image
Die dorsale en ventrale kante van die Reuse-voëlvlerk.

Ventraal is 'n term in anatomie wat maagkant beteken. Dit is van die Latynse woord venter, wat buik beteken, afgelei.

'n Ventrale liggaamsdeel lê aan die maagkant, of voorkant van die liggaam, as die liggaam in sy standaard anatomiese posisie gehou word. Die teenoorgestelde ligging is dorsaal.

Voorbeelde

[wysig | wysig bron]
  • Die hak van die voet lê dorsaal en die tone lê ventraal.
  • Die kneukels van die hand lê dorsaal, terwyl die handpalm ventraal lê.
👁 Image
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.