Miljard is die woord vir duisend miljoen of 1000000000 (109). Die SI-voorvoegsel vir ’n miljard is giga, afgekort as G. Voorbeeld: 1 GG = 1 gigagreep (gigabyte) = 1 miljard grepe. Die ontbinding van 1miljard in priemfaktore is: 1000000000 = 29 × 59.
In Engels word dié getal billion genoem, wat nie met die Afrikaanse woord biljoen verwar moet word nie. ’n Biljoen is duisend miljard of 1000000000000 (1012). Die rede vir die verskil in die name is omdat twee verskillende stelsels, die kort en die lang skaalverdeling, in verskillende dele van die wêreld gebruik word. In Afrikaans word die "lang skaal" gebruik en in Engels die "kort skaal".
Interessante feite
[wysig | wysig bron]- ’n Miljard sekondes duur byna 32 jaar.
- ’n Miljardêr is ’n persoon met ’n betaalvermoë van meer as ’n miljard eenhede. Bill Gates is byvoorbeeld ’n miljardêr.
- Die Melkweg bevat tussen 200 en 400miljard sterre.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 👁 Image
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir miljard.
