Inheemse naam: Baffin Island ᕿᑭᖅᑖᓗᒃ, Qikiqtaaluk | |
|---|---|
| 👁 Nasa-Satellietbeeld van die Baffin-eiland Nasa-Satellietbeeld van die Baffin-eiland | |
| Geografie | |
| Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
| Koördinate | 69°N 72°W / 69°N 72°W / 69; -72 |
| Argipel | Kanadese Arktiese Argipel |
| Oppervlakte | 507451 vk km |
| Hoogste punt | Berg Odin2147m |
| Administrasie | |
| 👁 Vlag van Kanada Kanada | |
| Gebied | 👁 Image Nunavut |
| Hoofstad | Iqaluit |
| Grootste stad | Iqaluit(6184) |
| Demografie | |
| Bevolking | 10745 |
| Bevolkingsgroepe | Inuïete (72,7%) |
| Die wêreld se vyfde grootste eiland en die grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel | |
Baffin-eiland (Engels: Baffin Island, Inuktitut: ᕿᑭᖅᑖᓗᒃ, Qikiqtaaluk), die wêreld se vyfde grootste eiland, na Groenland, Nieu-Guinee, Borneo en Madagaskar, beslaan 'n oppervlakte van 507451km². Dit is die grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Baffin-eiland grens in die noorde aan die Baffinbaai, in die suide aan die Hudsonbaai en in die ooste aan die Labradorsee. Net noord lê Bylot-eiland en net wes Prins-Charles-eiland. Iqaluit, die hoofstad van die gebied, is in die suidooste van die eiland geleë. Baffin-eiland is genoem na die Britse ontdekker William Baffin.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 👁 Wikimedia Commons logo
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Baffin-eiland. - (en) "Baffin Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Baffin Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.
Versteekte kategorieë:
