Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.
Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte").
Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk – en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste.
In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.
Die woord "Christen" kan manlik of onsydig wees en "Christin" verwys na 'n vroulike persoon.
Bevolkingstatistiek
[wysig | wysig bron]Vanaf die vroeë 21ste eeu het die Christendom ongeveer 2,2 miljard medegelowiges.[7][8][9] Dit sluit sowat ’n kwart of ’n derde van die wêreldbevolking in en is die grootste godsdiens ter wêreld, met sowat 38 000 Christelike denominasies.[10] Christene het vir die afgelope 100 jaar omtrent 33% van die wêreldbevolking uitgemaak. Die grootste Christelike denominasie is die Rooms-Katolieke kerk, met 1,166 miljard medegelowiges, wat die helfte van die Christendom beslaan.[11]
| Land | Christene | % Christene |
|---|---|---|
| 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
176400000 | 78,4% |
| 👁 Vlag van Brasilië Brasilië |
174700000 | 90,4% |
| 👁 Vlag van Meksiko Meksiko |
105095000 | 94,5% |
| 👁 Vlag van Rusland Rusland |
99775000 | 70,3% |
| 👁 Vlag van Filippyne Filippyne |
90530000 | 92,4% |
| 👁 Vlag van Nigerië Nigerië |
76281000 | 48,2% |
| 👁 Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo Demokratiese Republiek van die Kongo |
68558000 | 95,6% |
| 👁 Vlag van Volksrepubliek China China |
66959000 | 5,0% |
| 👁 Vlag van Italië Italië |
55070000 | 91,1% |
| 👁 Vlag van Ethiopië Ethiopië |
54978000 | 64,5% |
| 👁 Vlag van Duitsland Duitsland |
49400000 | 59,9% |
| 👁 Vlag van Colombia Colombia |
44502000 | 97,6% |
| 👁 Vlag van Oekraïne Oekraïne |
41973000 | 91,5% |
| 👁 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika |
39843000 | 79,7% |
| 👁 Vlag van Argentinië Argentinië |
37561000 | 92,7% |
| 👁 Vlag van Pole Pole |
36526000 | 95,7% |
| 👁 Vlag van Spanje Spanje |
35568000 | 77,2% |
| 👁 Vlag van Frankryk Frankryk |
35014000 | 53,5% |
| 👁 Vlag van Kenia Kenia |
34774000 | 85,1% |
| 👁 Vlag van Uganda Uganda |
29943000 | 88,6% |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Christianity 2015: Religious Diversity and Personal Contact" (PDF). gordonconwell.edu. Januarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2017. Besoek op 12 Desember 2018.
- 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 ANALYSIS (19 Desember 2011). "Global Christianity" (in Engels). Pewforum.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 12 Desember 2018.
- ↑ (en) "Discrimination in the EU in 2012",Eurobarometer,383(Europese Unie: Europese Kommissie): p.233,2012,archivedfrom the originalon 4 Junie 2019,https://web.archive.org/web/20190604004311/http://ec.europa.eu/commfrontoffice/publicopinion/archives/ebs/ebs_393_en.pdf,besoek op 14 August 2013
- ↑ (en) Johnson, Todd M.; Grim, Brian J. (2013). The World's Religions in Figures: An Introduction to International Religious Demography (PDF). Hoboken, NJ: Wiley-Blackwell. p.10. Besoek op 12 Desember 2018.
- ↑ (en) A history of ancient Greek by Maria Chritē, Maria Arapopoulou, Centre for the Greek Language (Thessalonikē, Greece) bl. 436 ISBN 0-521-83307-8
- ↑ (en) Wilken, Robert Louis. The First Thousand Years: A Global History of Christianity. New Haven and London: Yale University Press. p.26. ISBN978-0-300-11884-1.
- ↑ 33.2% of 6.7 billion world population (under "People") "World". CIA world facts. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.
- ↑ "The List: The World's Fastest-Growing Religions" (in Engels). foreignpolicy.com. 1 Maart 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2010. Besoek op 4 Januarie 2010.
- ↑ "Major Religions Ranked by Size" (in Engels). Adherents.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op 5 Mei 2009.
- ↑ Hinnells, The Routledge Companion to the Study of Religion, p. 441.
- ↑ http://www.catholicnewsagency.com/news/universal_church_sees_increase_in_seminarians_reports_pontifical_yearbook/
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Bickerman, Elias J. (April 1949). "The Name of Christians". The Harvard Theological Review. 42 (2): 109–124. doi:10.1017/s0017816000019635. JSTOR1507955.
- (en) Bickerman, Elias J. (1986). Studies in Jewish and Christian history. ISBN90-04-04395-0.
- (en) Wuest, Kenneth Samuel (1973). Wuest's word studies from the Greek New Testament. Vol.1. ISBN978-0-8028-2280-2.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 👁 Wikimedia Commons logo
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Christene.
