VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekraïens

⇱ Oekraïens - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Oekraïners.
Oekraïens
українська мова
oekrajins'ka mowa
Uitspraak: [ukrɑˈjiɲsʲkɐ ˈmɔwɐ]
Gepraatin: 👁 Vlag van Oekraïne
Oekraïne
👁 Vlag van Rusland
Rusland
👁 Vlag van Belarus
Belarus
👁 Vlag van Moldowa
Moldowa
👁 Vlag van Hongarye
Hongarye
👁 Vlag van Kasakstan
Kasakstan
👁 Vlag van Pole
Pole
👁 Vlag van Roemenië
Roemenië
👁 Vlag van Slowakye
Slowakye
Gebied: Oos-Europa
Totalesprekers: 34,7 miljoen[1]
Rang: 26
Taalfamilie: Indo-Europees
Slawies
Oos-Slawies
Suidoos-Slawies
Oekraïens
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: 👁 Vlag van Oekraïne
Oekraïne
👁 Vlag van Transnistrië
Transnistrië
Gereguleer deur: Instituut van Oekraïens
Taalbedreigingstatus
👁 Image
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
Veilig

NENie bedreig nie
Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: uk
ISO 639-2: ukr
ISO 639-3: ukr
👁 Verspreiding van Oekraïens
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Oekraïens (українська мова, oekrajins'ka mowa, [ukrɑˈjiɲsʲkɐ ˈmɔwɐ]) is die tweede mees gesproke van die twaalf oorlewende tale in die Slawiese groep van die groot Indo-Europese taalfamilie. In geografies-taalkundige opsig word dit saam met Russies en Belarussies as een van die Oos-Slawiese tale geklassifiseer. Net soos Slowaaks neem dit 'n sentrale posisie in aangesien sy taalgebied aan dié van enkele Wes-Slawiese tale grens. Vroeër het dit ook aan Bulgaars, 'n Suid-Slawiese taal, gegrens voordat die twee taalgebiede deur Roemeens en Hongaars van mekaar geskei is.[2]

👁 Image
Verspreiding van Oekraïens aan die begin van die 20ste eeu
👁 Image
Verspreiding van Oekraïens in Oekraïne volgens oblaste in 2001
👁 Image
Verspreiding van Oekraïense dialekte in Oekraïne en aangrensende lande
'n Oekraïense moedertaalspreker

Sodoende het Oekraïens 'n aandeel gehad aan die historiese ontwikkeling van al drie Slawiese taalgroepe – Oos-, Wes- en Suid-Slawies. Vandag grens die Oekraïense taalgebied aan Russies in die ooste en noordooste, Belarussies in die noorde, en Pools, Slowaaks en drie nie-Slawiese tale – Hongaars, Roemeens en Moldawies – in die weste. Voordat Oekraïners hulle weer in die steppes van Suid-Oekraïne gevestig het, was dié streek 'n gebied waar Oekraïens met verskillende Turkse tale tale soos Krim-Tataars in kontak gekom het.

Die taal word nie net in Oekraïne gepraat nie, maar ook in Belarus, Moldowa, Rusland en menigte ander lande. Soos Russies en Belarussies word dit in die Cyrilliese alfabet geskryf wat met enkele spesifiek Oekraïense tekens aangevul is.

In Oekraïne word naas Oekraïens ook die tale Russies, Krim-Tataars, Roemeens, Hongaars, Bulgaars, Pools, Duits, Belarussies, Slowaaks, Grieks en Roma gepraat.

Oekraïens is nou verwant aan Russies, maar bevat 'n baie groot aantal Poolse leenwoorde, as gevolg van die feit dat Oekraïne eeue lank deel uitgemaak het van die Pools-Litause Gemenebes. In die suidoostelike helfte van die land oorheers Russies, in die noordwestelike helfte oorheers Oekraïens. Volgens die volkstelling van 2002 sou 67% van die burgers van die staat Oekraïens praat en 31% Russies.

In die tsaristiese Rusland was die skriftelike gebruik van Oekraïens (wat toe amptelik bekend gestaan het as die "Kleinrussiese dialek van die Russiese taal") verbode. Onder die Sowjetbewind het die taal beduidend meer erkenning gekry, maar het nog steeds teruggestaan vir Russies. Na die onafhanklikheid van Oekraïne (1991) is Oekraïens as die enigste amptelike taal erken, waardeur die posisie van die taal aansienlik versterk is. In die praktyk beklee Russies nog steeds 'n baie belangrike posisie. Na beramings het sowat 90% van die bevolking kennis van albei tale.

Skryfstelsel

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Die hoofletters van die Oekraïense alfabet

Oekraïens gebruik die Cyrilliese skrif as skryfstelsel, dieselfde skrif wat deur verskeie ander Slawiese tale soos Belarussies, Bulgaars, Masedonies, Russies en Serwies gebruik word.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Oekraïens


Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies | Polabies (†) | Pools | Slowaaks | Silesies | Sorbies (Neder-Sorbies, Opper-Sorbies) | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oud-Oos-Slawies (†) | Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Belarussies
Suid-Slawiese tale:
Bulgaars | Masedonies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Montenegryns, Serwies)
Kunsmatige tale:
Protoslawies | Kerkslawies (Ou Kerkslawies) | Interslawies