| |||||
| Volkslied: Limba NoastrÄ (Roemeens vir: "Ons Taal") | |||||
| š Ligging van Moldowa | |||||
| Hoofstad | ChiČinÄu | ||||
| Grootste stad | ChiČinÄu | ||||
| Ampteliketale | Roemeens (ook Moldawies genoem)a[1][2][3] | ||||
| Regering | UnitĆŖre parlementĆŖre grondwetlike republiek Maia Sandu Alexandru Munteanu | ||||
| Onafhanklikheid Vorming ⢠Prinsdom Moldawa ⢠Goewerment Bessarabië ⢠Demokratiese Republiek ⢠Vereniging met Roemenië ⢠Moldawiese ASSR ⢠Moldawiese SSR ⢠Transnistrië-oorlog ⢠Onafhanklikheid van die Sowjetunie ⢠Huidige grondwet |
1346 1812 15 Desember 1917 9 April 1918 12 Oktober 1924 2 Augustus 1940 2 November 1990 27 Augustus 1991b 29 Julie 1994 | ||||
| Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
33851[4] km2 (139ste) 13070 (met Transnistriƫ) myl2 1,4 | ||||
| Bevolking - 2024-skatting - 2024-sensus - Digtheid |
3599528[4] (met Transnistriƫ) (132ste) 2409207[5] (met Transnistriƫ) 106,3 / km2 (125ste) 275,4 / myl2 | ||||
| BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2025-skatting | ||||
| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2025-skatting | ||||
| MOI (2023) | š Image 0,785[7] (86ste) ā hoog | ||||
| Gini (2023) | 26,8[8](6de)ā laag | ||||
| Geldeenheid | Leu (MDL) | ||||
| Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+02) OEST (UTC+03) | ||||
| Internet-TLD | .md | ||||
| Skakelkode | +373 | ||||
| a. Soos bepaal deur die Moldawiese Onafhanklikheidsverklaring ā wat volgens die Grondwetlike hof van MoldawiĆ« voorrang geniet bo artikel 13 van die Moldawiese grondwet ā wat die naam Moldawies gebruik".[1] b. Datum van proklamasie. Die onafhanklikheid is daarna in Desember 1991 met die ontbinding van die Sowjetunie gefinaliseer. | |||||
Moldowa (Roemeens: Moldova, [molĖdova], luister (hulpĀ·inligting), amptelik die Republiek Moldowa (Republica Moldova), voorheen MoldawiĆ«, is ān landingeslote land in Suidoos-Europa, grotendeels geleĆ« tussen die Proet- en die Dnisterrivier. Dit word in die weste begrens deur RoemeniĆ« en verder deur OekraĆÆne. Die hoofstad is ChiČinÄu (Russies: Kisjinef). Die land word beskou as een van die armstes in Europa.
Die bevolking is oorwegend Moldowies (Sowjet-naam: Moldawies; ān benaming wat nĆ” die skeiding van die res van MoldawiĆ« in gebruik gekom het: die inwoners van Roemeense MoldawiĆ« word as RoemeniĆ«rs beskou). Daar is ook OekraĆÆense, Russiese en Gagaoesiese minderhede.
Moldowa was tot in 1991 deel van die Sowjetunie as die Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Die grondgebied van die nuwe land kom ooreen met dié van die voormalige Sowjetrepubliek en gedeeltelik met dié van die ouer Bessarabië (wat tot die Tweede Wêreldoorlog Roemeens was). Slegs die suidelikste en noordelikste deel van Bessarabië behoort tot die Oekraïne, terwyl die gebied aan die linkeroewer van die Dnister, Transnistrië, nooit tot Bessarabië behoort het nie, maar volgens die grootste deel van die wêreldgemeenskap wel behoort tot die huidige Moldowa. Transnistrië het hom in 1991 eensydig onafhanklik verklaar. Die tweede belangrikste stad van Moldowa, Tiraspol, lê in dié gebied.
Die land is ān parlementĆŖre republiek met ān president as staatshoof en ān premier as regeringshoof. Dit is in Maart 1992 toegelaat tot die Verenigde Nasies. Dit is ook lid van verskeie ander internasionale organisasies en hoop om lid te word van die Europese Unie.[9]
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die naam "Moldowa" is afgelei van die Moldowa-rivier; die vallei van diĆ© rivier was ān politieke sentrum toe die Prinsdom MoldawiĆ« in 1359 ontstaan het.[10] Die oorsprong van die rivier se naam is onduidelik. Daar is ān legende dat prins DragoČ dit sy naam gegee het nadat hy oerosse gejag en sy moeĆ« hond Molda in die rivier verdrink het.[11]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Voorgeskiedenis
[wysig | wysig bron]Tydens die Neolitiese Steentydperk was die gebied waarin Moldowa lê die middelpunt van die groot Cucuteni-kultuur wat ooswaarts gestrek het vanaf die Dnjester-rivier in die Oekraïne en weswaarts tot nÔ die Karpate in Roemenië. Die inwoners van dié beskawing, wat rofweg van 5500 tot 2750v.C. bestaan het, het landbou en veeteelt beoefen, gejag en fyn pottebakkerswerk gedoen.[12]
Antieke tyd en Middeleeue
[wysig | wysig bron]In die antieke tyd is die gebied bewoon deur Dasiese stamme. Tussen die 1ste en 7de eeu n.C. was die suide van tyd tot tyd onder Romeinse en toe Bisantynse heerskappy. Vanweƫ sy strategiese ligging tussen Europa en Asiƫ is die gebied in die laat antieke tyd en vroeƫ Middeleeue dikwels binnegeval, onder andere deur die Gote, Hunne, Aware, Magjare, Petsjenege, Koemane en Mongole.
Die Prinsdom MoldawiĆ«, wat in 1359 gestig is, is begrens deur die Karpate in die weste, die Djester in die ooste en die Donau en die Swartsee in die suide. Dit het bestaan uit die hedendaagse gebied van die Republiek MongoliĆ«, die oostelike agt distrikte van RoemeniĆ«, en die Tsjerniftsi-oblast en Boedjak-streek van die OekraĆÆne. Nes die huidige republiek en die noordoostelike streek van RoemeniĆ« was dit onder die inwoners bekend as Moldowa. Die prinsdom is herhaaldelik deur Tatare van die Krim binnegeval en sedert die 15de eeu deur die Ottomaanse Turke. In 1538 het dit ān belastingpligtige deel van die Ottomaanse Ryk geword, maar sy outonomiteit behou.[13]
Moderne geskiedenis
[wysig | wysig bron]Russiese Ryk
[wysig | wysig bron]Ondanks besware deur die Moldawiese adel het die Ottomaanse Ryk in 1812 kragtens die Verdrag van Boekarest die oostelike helfte van die prinsdom asook Khotyn en die ou Bessarabiƫ (moderne Boedjak) aan die Russiese Ryk afgestaan.
Die nuwe Russiese provinsie is die Oblast MoldawiĆ« en BessarabiĆ« genoem en het aanvanklik ān groot mate van onafhanklikheid gehad. NĆ” 1828 is diĆ© outonomie al hoe meer beperk en in 1871 is die Oblast verander in die Bessarabiese Goewernement as deel van ān russifikasieproses. Die administrasie van die tsaar in BessarabiĆ« het geleidelik Roemeens as amptelike en godsdienstige taal in onbruik laat verval.[14] Die westelike deel van MoldawiĆ« (wat vandag deel van RoemeniĆ« is) het ān outonome prinsdom gebly, en in 1859 het dit met Wallachye verenig en die Koninkryk RoemeniĆ« gevorm.
Die Verdrag van Parys van 1856 het drie distrikte van BessarabiĆ« ā Cahul, Bolgrad en Ismail ā aan MoldawiĆ« toegeken, maar in die Verdrag van Berlyn van 1878 het die Koninkryk RoemeniĆ« ingestem om dit aan die Russiese Ryk terug te gee. In die 19de eeu het die Russiese owerhede Russe, RoemeniĆ«rs,[15] OekraĆÆners, Kosakke, Bulgare,[16] Duitsers[17] en GagaoesiĆ«rs aangemoedig om in die streek te gaan bly en al hoe meer Jode uit BessarabiĆ« daar toegelaat[18] om die groot Nogai-Tataarse bevolking te vervang wat uitgesit is in die 1770's en 1780's tydens die Russies-Turkse OorloĆ«.[19] Die Moldawiese deel van die bevolking het afgeneem van sowat 86% in 1816[20] tot omtrent 52% in 1905.[21] In diĆ© tyd was daar anti-Semitiese opstande en dit het daartoe gelei dat duisende Jode na die VSA geĆ«migreer het.[22]
Groter Roemeniƫ
[wysig | wysig bron]In die Eerste WĆŖreldoorlog het die politieke en kulturele (etniese) bewustheid onder die inwoners van die streek toegeneem, toe 300000 BessarabiĆ«rs opgeroep is om in die Rooi LeĆ«r te dien wat in 1917 gestig is. NĆ” die Russiese Rewolusie van 1917 is ān Bessarabiese parlement, Sfatul Å¢Ärii, verkies. Dit het die Moldawiese Demokratiese Republiek op 15 Desember [O.S. 2 Desember] 1917 uitgeroep binne ān federale Russiese staat en ān regering op 21 Desember [O.S. 8 Desember] 1917 gevorm.
BessarabiĆ« het hom op 6 Februarie [O.S. 24 Januarie] 1918 onafhanklik van Rusland verklaar en die hulp gevra van die Franse leĆ«r wat toe in RoemeniĆ« was.[23] Op 9 April [O.S. 27 Maart] 1918 het die Sfatul Å¢Ärii met 86 stemme teen 3 (met 36 buite stemming) besluit om op sekere voorwaardes met die Koninkryk RoemeniĆ« te verenig.[24] Later het Bukovina en TransilvaniĆ« ook by die koninkryk aangesluit.
Hierdie samesmelting is in die Verdrag van Parys van 1920 deur die Geallieerdes goedgekeur. Dit is egter nie deur al die lede bekragtig nie.[25][26] Van die groot magte, soos die VSA en die nuwe Kommunistiese Rusland, het nie Roemeense heerskappy oor Bessarabiƫ goedgekeur nie en laasgenoemde het dit beskou as die besetting van Russiese grondgebied.[27]
In Mei 1919 is die Bessarabiese Sosialistiese Sowjetrepubliek verklaar tot ān regering in bannelingskap. NĆ” ān opstand deur die kleinboere in 1924 wat deur die Russe geĆÆnspireer is, is die Moldawiese Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek (Moldawiese OSSR) gestig.
In Augustus 1939 is die Molotof-Ribbentrop-verdrag en sy geheime bykomende protokol onderteken. Daarvolgens het Nazi-Duitsland BessarabiĆ« erken as binne die Sowjet-invloedsfeer. Dit het daartoe gelei dat laasgenoemde sy aanspraak op die gebied met nuwe ywer hervat het.[28] Op 28 Junie 1940 het die Sowjetunie, met die medewete van Nazi-Duitsland, ān ultimatum aan RoemeniĆ« uitgereik waarin die land versoek word om BessarabiĆ« en Noord-Bukovina aan die Sowjetunie af te staan. RoemeniĆ« het dit die volgende dag gedoen. Kort daarna is die Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek (Moldawiese SSR) gestig.[28] Dit het bestaan uit sowat 70% van BessarabiĆ« en 50% van die toe ontbinde Moldawiese OSSR.
As deel van die Spilmoondhede se inval in die Sowjetunie het Roemenië beslag gelê op die gebiede Bessarabië, Noord-Bukovina en Transnistrië. Die Roemeense soldate en Duitsers het sowat 300000 Jode verban of vermoor, onder andere 147000 van Bessarabië en Bukovina.[29] Die Sowjet-leër het die streek in Februarie tot Augustus 1944 herower en weer die Moldawiese SSR gestig. Tussen Augustus 1944 en die einde van die oorlog in Mei 1945 is 256800 inwoners van die Moldawiese SSR deur die Sowjet-leër opgeroep. Altesaam 40592 van hulle is in die oorlog dood.[30]
Sowjet-tydperk (1940ā1991)
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek.
In die Stalinistiese tydperke 1940ā1941 en 1944ā1953 het die deportasie van plaaslike inwoners na die Oeral, SiberiĆ« en Noord-Kasakstan gereeld plaasgevind. Die grootstes hiervan was op 12ā13 Junie 1941 en 5ā6 Julie 1949, met onderskeidelik 18392 en 35796 mense net uit die Moldawiese SSR.[31] Ander vorme van vervolging sluit in 32433 politieke arrestasies, waarna mense tereggestel (in 8360 gevalle) of na die Goelag gestuur is.
In 1946, weens ān groot droogte en buitensporige produksiekwotas deur die Sowjet-regering, het die suidwestelike deel van die USSR ān groot hongersnood ondervind.[32] In 1946ā1947 was daar volgens historici 216000 sterfgevalle en 350000 gevalle van wanvoeding net in die Moldawiese SSR.[31] In 1944ā53 was daar verskeie weerstandsgroepe teen die USSR in MoldawiĆ«, maar die NKWD en later MGB het die lede eindelik gearresteer en tereggestel of verban.[31]
In die tydperk nĆ” die oorlog het die Sowjetunie baie mense (hoofsaaklik Russe, Belo-Russe en OekraĆÆners) na MoldawiĆ« gestuur, veral na stedelike gebiede, om op te maak vir die verlies aan inwoners weens die oorlog en verbanning van die plaaslike bevolking.[33] In die 1970's en 1980's het die Moldawiese SSR ān aansienlike deel van die Sowjet-begroting gekry vir nywerheids- en wetenskapgeriewe en behuising. In 1971 het die Sowjet-raad van ministers ān besluit aanvaar oor "die verdere ontwikkeling van Kisjinef" (die hedendaagse ChiČinÄu) en meer as ān miljard roebel toegeken vir bouprojekte.[34] Met nog geld later en gekwalifiseerde spesialiste uit die res van die Sowjetunie is MoldawiĆ« se nywerheid verder uitgebrei.
Die Sowjet-regering het ān veldtog begin om ān Moldawiese etniese identiteit te ontwikkel onafhanklik van diĆ© van die Roemene. Volgens amptelike Sowjet-beleid was die Moldawies wat die plaaslike bevolking gepraat het, ān ander taal as Roemeens. Om ān onderskeid tussen die twee te maak is Moldawies tydens die Sowjet-tyd in die Cyrilliese alfabet geskryf, in teenstelling met Roemeens, wat sedert 1860 in die Latynse alfabet geskryf word.
In die 1980's, in die politieke toestande wat deur glasnost en perestroika geskep is, is die Demokratiese Beweging van MoldawiĆ« gestig, wat in 1989 bekend geword het as die nasionalistiese Volksfront van Moldowa (FPM).[35][36] Nes verskeie ander Sowjet-republieke van 1988 af, het MoldawiĆ« begin voorbrand maak vir onafhanklikheid. Op 27 Augustus 1989 het die FPM ān massademonstrasie in Kisjinef gereĆ«l wat bekend geword het as die Groot Nasionale Raad. Die raad het druk op die Moldawiese owerhede uitgeoefen om ān taalwet op 31 Augustus 1989 te aanvaar waarvolgens Moldawies in die Latynse alfabet die amptelike taal van die Moldawiese SSR is. Die verband tussen diĆ© taal en Roemeens is ook bevestig.[35] Die Kommunistiese Party van MoldawiĆ« het ook in diĆ© jaar minder gewild geword en in November is groot opstande gehou.[37][38]
Onafhanklikheid (1990)
[wysig | wysig bron]Die eerste demokratiese parlementêre verkiesing in Moldowa is in Februarie en Maart 1990 gehou. Mircea Snegur is verkies tot speaker van die parlement en Mircea Druc tot premier. Op 23 Junie 1990 het die parlement die Verklaring van die Soewereiniteit van die "Sosialistiese Sowjet-republiek Moldova" aanvaar waarin verklaar is dat Moldowiese wette voorrang geniet bo dié van die Sowjetunie.[35] NÔ die mislukking van die Sowjet-staatsgreeppoging op 27 Augustus 1991, het Moldowa hom onafhanklik verklaar. Roemenië was die eerste land wat sy onafhanklikheid erken het.
Op 21 Desember van diĆ© jaar het Moldowa saam met die meeste van die ander oud-republieke van die Sowjetunie die stigtingsdokument van die Gemenebes van Onafhanklike State (GOS) onderteken. Moldowa het op 25 Desember amptelike erkenning gekry en homself as ān neutrale staat verklaar. Op 26 Desember het die Sowjetunie ophou bestaan. Drie maande later, op 2 Maart 1992, het die Verenigde Nasies Moldowa amptelik as ān onafhanklike staat erken. In 1994 het die land lid van Navo se Vennootskap vir Vrede-program geword en op 29 Junie 1995 lid van die Raad van Europa.[35]
In die streek oos van die Dnjester-rivier, TransnistriĆ«, wat ān groot bevolking Russe (26%) en OekraĆÆners (28%) het wat saam meer as die etniese MoldowiĆ«rs (40%) is, is ān onafhanklike sosialistiese sowjetrepubliek op 16 Augustus 1990 uitgeroep, met Tiraspol as hoofstad.[35] Die motiewe daaragter was ān vrees vir die opkoms van nasionalisme in Moldowa en die verwagting dat die land met RoemeniĆ« sou herenig. In die winter van 1991ā1992 het botsings tussen Transnistriese magte en die Moldowiese polisie plaasgevind, en tussen 2 Maart en 26 Julie 1992 het dit ontaard in ān militĆŖre stryd.
Op 2 Januarie 1992 het Moldowa ān markekonomie ingestel en pryse vrygemaak, wat gelei het tot ān vinnige groei in inflasie. Van 1992 tot 2001 het die jong land ān ernstige ekonomiese krisis beleef en ān groot deel van die bevolking het onder die broodlyn gelewe. In 1993 is ān nasionale geldeenheid, die Moldowiese leu, bekend gestel om die tydelike Moldowiese koepon te vervang. In 2001 het die ekonomie begin verbeter en tot 2008 was daar ān bestendige jaarlikse groei van tussen 5% en 10%. In die vroeĆ« 2000's was daar ook ān taamlike emigrasie van MoldowiĆ«rs wat werk soek (meestal onwettig) in Rusland (veral die Moskou-gebied), ItaliĆ«, Portugal, Spanje, Griekeland, Siprus, Turkye en ander lande. Geld wat van MoldowiĆ«rs in die buiteland huis toe gestuur is, het amper 38% van die land se BBP uitgemaak, die tweede grootste persentasie in die wĆŖreld.[39]
In die Moldowiese parlementĆŖre verkiesing van 1994 het die Demokratiese Landbouparty ān meerderheid van die setels gewen en dit was ān keerpunt in die land se politiek. Nuwe maatreĆ«ls is aanvaar om die etniese spanning te verlig. Planne om met RoemeniĆ« te herenig is laat vaar[35] en in die nuwe 1994-grondwet is TransnistriĆ« en GagaoesiĆ« se onafhanklikheid erken.
Nadat hy die presidentsverkiesing in 1996 gewen het, het Petru Lucinschi, die voormalige eerste sekretaris van die land se Kommunistiese Party, op 15 Januarie 1997 die tweede president geword (1997ā2001) nĆ” Mircea Snegur (1991ā1996). In 2000 is die grondwet aangepas om Moldowa in ān parlementĆŖre republiek te verander waarin die president indirek verkies word in plaas van by die stembus.
Nadat hulle 49,9% van die stemme gewen het, het die Party van Kommuniste van die Republiek Moldowa (wat in 1993 weer gewettig is nadat hulle in 1991 verbied is) 71 van die LP-setels gewen en op 4 April 2001 het hulle Vladimir Voronin tot die land se derde president verkies. Hy is in 2005 herkies. Die land is die eerste staat nĆ” die Sowjet-tydperk waar ān onhervormde Kommunistiese Party weer aan die bewind gekom het.[35] ān Nuwe regering is deur Vasile Tarlev (19 April 2001 ā 31 Maart 2008) en Zinaida GreceanĆ®i (31 Maart 2008 ā 14 September 2009) gevorm.
In 2001ā2003 het die betrekkinge tussen Moldowa en Rusland verbeter, maar in 2003ā2006 het dit weer versleg nĆ” die mislukking van die Kozak-memorandum oor ān voorgestelde hereniging met TransnistriĆ«, en dit het gelei tot ān Russiese verbod op die invoer van Moldowiese en Georgiese wyn in 2006.
Die Party van Kommuniste het agt jaar lank aan die bewind gebly. Hulle het in 2009 begin steun verloor nadat Marian Lupu by die Demokratiese Party aangesluit en so baie mense van die Kommuniste af weggelok het.[40]
In die parlementsverkiesing van 2009 het die Kommuniste 49,48% van die stemme gewen, gevolg deur die Liberale Party (13,14%). Die omstrede uitslag van die verkiesing het gelei tot burgerlike opstande.[41][42][43] In Augustus 2009 het vier partye ā die Liberaal-Demokratiese, die Liberale en die Demokratiese Party en die Ons Moldowa-alliansie ā besluit om die Alliansie vir Europese Integrasie te vorm en dit het die Kommuniste die amptelike opposisie gemaak. Vladimir Voronin, wat sedert 2009 president was, het eindelik op 11 September 2009 bedank, maar in die presidentsverkiesing van 2009 kon die parlement nie ān president kies nie en die waarnemende president, Mihai Ghimpu, het ān kommissie vir grondwetlike hervorming in Moldowa in die lewe geroep om ān nuwe grondwet op te stel. NĆ” die mislukking van ān referendum in 2010 om die hervorming goed te keur,[44] is die regering weer ontbind en ān nuwe parlementsverkiesing is uitgeroep vir 28 November van diĆ© jaar.[45] Op 30 Desember 2010 is Marian Lupu verkies tot speaker.[46] Kragtens die grondwet sou hy dien as waarnemende president. Nadat die Alliansie vir Europese Integrasie ān mosie van wantroue verloor het, is die Pro-Europese Koalisie op 30 Mei 2013 gevorm.
Regering
[wysig | wysig bron]Moldowa is ān unitĆŖre, parlementĆŖre, verteenwoordigende en demokratiese republiek. Die grondwet van 1994 vorm die raamwerk vir die land se regering. ān ParlementĆŖre meerderheid van minstens twee derdes is nodig om die grondwet te wysig en dit kan nie verander word in tye van oorlog of ān nasionale krisis nie. Sekere veranderings kan eers nĆ” ān referendum gedoen word. Geen veranderings kan aangebring word wat die fundamentele regte van die land se inwoners beperk nie.[47]
Die sentrale wetgewende liggaam is die eenkamer-parlement met sy 101 setels. Die lede word elke vier jaar gekies deur middel van ān algemene verkiesing. Die staatshoof is die president, wat deur die parlement gekies word en die steun van drie vyfdes van die afgevaardigdes verg (minstens 61 stemme). Die president stel ān premier aan, wat as regeringshoof dien en op sy beurt ān kabinet saamstel, wat deur die parlement goedgekeur moet word.
Daar is ook ān onafhanklike konstitusionele hof, wat uit ses regters bestaan waarvan twee deur die president aangestel word, twee deur die parlement en twee deur die raad van magistrate. Hulle dien vir ses jaar en in diĆ© tyd kan hulle nie verwyder word en is hulle aan geen mag onderwerp nie.[47]
Buitelandse betrekkinge
[wysig | wysig bron]NĆ” sy onafhanklikheid van die Sowjetunie het Moldowa betrekkinge met ander Europese lande aangeknoop. Uiteindelike lidmaatskap van die Europese Unie en neutraliteit definieer die land se riglyne vir buitelandse betrekkinge. In 1995 is Moldowa toegelaat tot die Raad van Europa.
Benewens die land se deelname aan Navo se Vennootskap vir Vrede-program is Moldowa ook ān lidstaat van die Verenigde Nasies (VN), die Oragnaisasie vir Sekuriteit en Samewerking in Europa, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), die WĆŖreldhandelsorganisasie (WHO), die Internasionale MonetĆŖre Fonds (IMF), die WĆŖreldbank en die Europese Bank vir Rekonstruksie en Ontwikkeling.
Aan die einde van 2005 is ān ooreenkoms tussen Moldowa en die OekraĆÆne gesluit waarvolgens die EU die twee lande sal help om hul grense en doeaneprosedures vas te stel en die lande sal steun in hul bestryding van misdaad oor hul grens heen.
NĆ” die Oorlog van TransnistriĆ« in 1990ā1992 het Moldowa hom beywer vir ān vreedsame oplossing vir die konflik in TransnistriĆ« deur met RoemeniĆ«, die OekraĆÆne en Rusland saam te werk en te vra vir internasionale bemiddeling. Die Moldowiese minister van buitelandse sake het herhaaldelik gesĆŖ die Russiese soldate in die streek is daar teen die wil van die Moldowiese regering en gevra dat hulle "volkome en onvoorwaardelik" onttrek.[48]
In September 2010 het die Europese Parlement ān lening van ā¬90miljoen aan Moldowa toegestaan.[49] Ook die IMF,[50] WĆŖreldbank en ander organisasies het vir die land geld geleen. Van die lande wat hulp met allerlei projekte verleen, is RoemeniĆ«[51] en Pole.[52]
Administratiewe verdeling
[wysig | wysig bron]
Moldowa is verdeel in 32 distrikte (raioane), drie munisipaliteite en twee outonome gebiede (Gagaoesiƫ en Transnistriƫ).[53] Die finale status van Transnistriƫ word betwis, aangesien die sentrale regering nie die gebied beheer nie. Die stede Comrat en Tiraspol, die hoofstede van die twee outonome gebiede, het ook munisipale status.
Weermag
[wysig | wysig bron]Die Moldowiese weermag bestaan uit die leër en lugmag. Die land het al die wapenbeheervereistes van die voormalige Sowjetunie nagekom en op 30 Oktober 1992 die Verdrag oor Konvensionele Weermagte in Europa bekragtig, wat groot perke stel wat betref sleutelkategorieë van konvensionele militêre toerusting. Die land het die voorwaardes van die Atoomwapensperverdrag in Oktober 1994 in Washington, D.C. aanvaar. Dit het geen kern-, biologiese of chemiese wapens nie.
Moldowa lĆŖ hom ook neer by verskeie internasionale en streeksregulasies vir die beheer van wapens soos die VN se Vuurwapenprotokol en Program van Aksie.
Menseregte
[wysig | wysig bron]Volgens Amnestie Internasionaal kom "marteling en ander mishandeling" in polisie-aanhouding gereeld voor; die staat stel nie onmiddellike en onpartydigee ondersoeke in nie en polisiebeamptes spring soms straf vry. Politieke andersdenkendes van die IlaÅcu-groep, wat in hegtenis geneem is oor die moord op twee seperatiste-amptenare, is eers vrygelaat van vrywillige aanhouding nĆ” ān bevel van die Europese Hof van Menseregte.[54]
In 2009, toe Moldowa sy ernstigste opstande in ān dekade beleef het, is verskeie burgers deur die polisie vermoor en talle ander beseer.[55]
Volgens ān verslag van die Amerikaanse departement van buitelandse sake in April 2011 is geen moorde deur die veiligheidsmagte aangeteken nie, in teenstelling met die vorige jaar, en verslae oor die regering wat buitensporige druk op die media uitgeoefen het, het verminder. "Maar Transnistriese owerhede val steeds onafhanklike media en wetmakers van die opposisie lastig, beperk vryheid van assosiasie, beweging en godsdiens, en diskrimineer teen Roemeenssprekendes."[56]
Moldowa "het noemenswaardige vooruitgang gemaak in verband met godsdiensvryheid sedert die tydperk van die Sowjetunie, maar dit kan steeds verdere stappe doen om diversiteit aan te moedig," het die VN se spesiale beriggewer oor die vryheid van godsdiens, Heiner Bielefeldt, in September 2011 in ChiČinÄu gesĆŖ.[57]
Geografie
[wysig | wysig bron]Moldowa lê tussen die breedtegrade 45° en 49°N, en tussen die lengtegrade 26° en 30°O. Die land se totale oppervlakte is 33851km².
Die grootste deel van die land lĆŖ tussen twee rivier, die Dnjester en Proet. Die westelike grens van Moldowa word deur die Proet gevorm, waarna dit by die Donou aansluit voordat dit in die Swartsee uitmond. Moldowa het net vir sowat 480m toegang tot die Donou, en GiurgiuleČti is die enigste hawe in diĆ© deel. In die ooste is die Dnjester die grootste rivier; dit vloei van noord tot suid deur die land en kry water van verskeie ander riviere.
Hoewel die land naby die Swartsee is, word dit deur land omring. Die grootste deel is heuwelagtig, maar dit is nooit hoĆ«r as 430m nie ā die hoogste punt is die BÄlÄneČti-heuwel. Die heuwels is deel van die Moldowiese Plato, wat geografies in die Karpate begin. In die suide is daar ān klein vlakte, die Bugeac-vlakte.
Klimaat
[wysig | wysig bron]Omdat Moldowa so naby aan die Swartsee lĆŖ, het dit ān matige en sonnige klimaat.[58] Dit is matig kontinentaal: die somers is lank en warm met temperature van gemiddeld sowat 20°C, en die winters is relatief matig en droog met Januarie-temperature van gemiddeld sowat -4°C. Die jaarlikse reĆ«nval, wat kan wissel van sowat 600mm in die noorde tot 400mm in die suide, is wisselvallig; lang tyd sonder reĆ«n is nie ongewoon nie. Die grootste reĆ«nval vind in die vroeĆ« somer en weer in Oktober plaas; swaar reĆ«nval en donderstorms is algemeen. VanweĆ« die onegalige terrein veroorsaak die somerreĆ«n dikwels erosie en slik in die riviere.
Die hoogste temperatuur wat nog in Moldowa gemeet is, was 41,5°C op 21 Julie 2007 in Camenca.[59] Die laagste temperatuur was -35,5°C op 20 Januarie 1963 in BrÄtuČeni.[60]
Ekonomie
[wysig | wysig bron]NĆ” die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991 het energietekorte gelei tot ān groot afname in produksie. NĆ” ān ekonomiese reddingsplan het die ekonomie ān positiewe groei getoon van 2,1% in 2000 en 6,1% in 2001, en daarna bly groei.
NĆ” Rusland se finansiĆ«le krisis van 1998 het Moldowa groot vordering gemaak om makro-ekonomiese en finansiĆ«le stabiliteit te bereik en te handhaaf. Tog is lewensomstandighede van ān lae gehalte in verhouding met ander oorgangsekonomieĆ«. Min is in die afgelope dekade gedoen om die land minder kwesbaar te maak. NĆ” ān groot ekonomiese agteruitgang, maatskaplike en ekonomiese uitdagings, en energieprobleme is Moldowa een van die lande in Europa met die laagste inkomste per capita.
In 2005 het sowat 20,8% van die bevolking onder die broodlyn gelewe en minder as $2,15 per dag verdien. Die BBP en menslike-ontwikkelingsindeks is ver onder die wĆŖreldgemiddelde. Die BBP in 2011 was maar $12,15miljard.[61]
- Energie
- Moldowa voer sy petrol, steenkool en gas hoofsaaklik van Rusland af in. Die land is lid van die EU se energieprogram wat ten doel het om lidlande se energiesekuriteit en volhoubare energieontwikkeling te verhoog en beleggings te lok vir energieprojekte.[62]
- Wynbedryf
- Moldowa is bekend vir sy wyne. Baie jare lank was wynbou die algemene beroep van die bevolking. Bewyse hiervan kan gesien word in historiese gedenktekens en dokumente, folklore en gesproke Moldowies. Die land het ān goed gevestigde wynbedryf. Dit het wingerde van 147000ha, waarvan 102500ha gebruik word vir kommersiĆ«le produksie. Die meeste van die land se wyne word gemaak vir uitvoer. Baie gesinne het hul eie resepte en wingerde wat van geslag tot geslag oorgedra word. Volgens ān 2011-verslag van die WĆŖreldgesondheidsorganisasie het Moldowa in 2005 die meeste alkohol per kop in die wĆŖreld verbruik.[63]
- Landbou
- Moldowa se tsjernozjom (vrugbare swart grond) en kontinentale klimaat met sy warm somers en matige winters het tot gevolg dat diĆ© streek sedert antieke tye groot sukses behaal in die landbousektor. Die land is ān groot verskaffer van landbouprodukte in Suidoos-Europa.
- Toerisme
- Die land se toerisme fokus op die natuurlike landskap en geskiedenis. Wyntoere word landwyd aangebied. Bekende kelders sluit in Cricova, Purcari, Ciumai, Romanesti, CojuČna en Milestii Mici.
- Vervoer
- Die meeste vervoer vind plaas per treinspoor (1138km) en snelweĆ« (12730km). Die enigste internasionale lughawe is ChiČinÄu. Klein bote gebruik die GiurgiuleČti-terminaal op die Donou-rivier. Die riviere Proet en Nistru speel net ān klein rol in die land se vervoerstelsel.
- Telekommunikasie
- In September 2005 is ān miljoen gebruikers van selfone geregistreer. Die aantal gebruikers het in die eerste kwartaal van 2008 met 47,3% toegeneem teenoor die vorige jaar en was toe meer as 2,89 miljoen.[64] In September 2009 was Moldowa die eerste land in die wĆŖreld wat hoĆ«definisie-stemdienste vir selfone gekry het.[65] Daar was in 2010 reeds sowat 1295000 internetgebruikers.[66]
Demografie
[wysig | wysig bron]Kulturele en etniese samestelling
[wysig | wysig bron]Die laaste syfers wat bekend is, is diƩ van die 2004-sensus in Moldowa[67] (in dele wat deur die sentrale regering beheer word) en die 2004-sensus in Transnistriƫ (in dele wat deur die wegbreekrepublieke beheer word, onder meer Transnistriƫ, Bender en vier naburige kommunes):
| Selfidentifikasie | Moldowiese sensus | % van Moldowa | Transnistriese sensus | % van Transnistriƫ + Bender | Totaal | % |
|---|---|---|---|---|---|---|
| MoldowiƫrsA | 2 564 849 | 75,81% | 177 382 | 31,94% | 2 742 231 | 69,62% |
| OekraĆÆners | 282 406 | 8,35% | 160 069 | 28,82% | 442 475 | 11,23% |
| Russe | 201 218 | 5,95% | 168 678 | 30,37% | 369 896 | 9,39% |
| Gagaoesiƫrs | 147 500 | 4,36% | 4 096 | 0,74% | 151 596 | 3,85% |
| RoemeneA | 73 276 | 2,17% | 253 | 0,05% | 73 529 | 1,87% |
| Bulgare | 65 662 | 1,94% | 13 858 | 2,50% | 79 520 | 2,02% |
| Romani | 12 271 | 0,36% | 507 | 0,09% | 12 778 | 0,32% |
| Pole | 2 383 | 0,07% | 1 791 | 0,32% | 4 174 | 0,11% |
| Ander | 30 159 | 0,89% | 27 454 | 4,94% | 57 613 | 1,46% |
| TOTAAL | 3 383 332 | 100% | 555 347 | 100% | 3 938 679 | 100% |
A Daar is steeds ān geskil oor of MoldawiĆ«rs en Roemene tot dieselfde etniese groep behoort ā dus of die MoldawiĆ«rs se selfidentiteit ān aparte etniese groep of ān Roemeense subgroep is. Wat die resultaat nog ingewikkelder maak, is dat 18,8% van die respondente wat hulself as MoldawiĆ«rs beskou, Roemeens as hul moedertaal aangegee het.[68]
Stede
[wysig | wysig bron]Die grootste stede is die hoofstad, ChiČinÄu, in die middel van die land, Tiraspol in die ooste van TransnistriĆ«, BÄlÅ£i in die noorde en Bender in die suidooste. Comrat is die hoofstad van GagaoesiĆ«.
Daar is altesaam 66 stede en dorpe, insluitende die vyf met munisipale status, en 916 kommunes. Nog 699 dorpe is te klein om aparte administrasies te hê en vorm deel van óf stede (40 van hulle) óf kommunes (659). Dit is altesaam 1681 nedersettings, waarvan almal behalwe twee bewoon word.
| Grootste stede van Moldowa | ||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
š ChiÅinÄu |
Rang | Stad | Stedelik | Rang | Stad | Stedelik |
š BÄlÅ£i | |||
| 1 | ChiÅinÄu1 | 723 500 (2012) | 11 | Comrat3 | 25 600 (2012) | |||||
| 2 | Tiraspol2 | 148 900 (2011) | 12 | CeadƮr-Lunga3 | 22 800 (2012) | |||||
| 3 | BÄlÅ£i1 | 144 300 (2012) | 13 | StrÄÅeni3 | 21 200 (2012) | |||||
| 4 | Bender2 | 93 700 (2011) | 14 | Drochia3 | 20 400 (2012) | |||||
| 5 | Rîbniţa2 | 50 100 (2011) | 15 | Edineţ3 | 20 200 (2012) | |||||
| 6 | Cahul3 | 41 100 (2012) | 16 | CÄuÅeni3 | 19 900 (2012) | |||||
| 7 | Ungheni3 | 38 100 (2012) | 17 | DurleÅti | 18 700 (2012) | |||||
| 8 | Soroca3 | 37 500 (2012) | 18 | FÄleÅti | 17 800 (2012) | |||||
| 9 | Orhei3 | 33 500 (2012) | 19 | HĆ®nceÅti | 16 900 (2012) | |||||
| 10 | DubÄsari3 | 25 700 (2011) | 20 | VulcÄneÅti | 16 900 (2012) | |||||
| Bron: Moldowiese sensus (2004); Nota: 1.World Gazetteer. Moldova: largest cities 2004. 2.Pridnestrovie.net 2004-sensus 2004. 3. National Bureau of Statistics of Moldova | ||||||||||
Tale
[wysig | wysig bron]Die 1994-grondwet van Moldowa gee Moldawies aan as die amptelike taal en die alfabet waarin dit geskryf word, is Latyns.[69] In 1991 se onafhanklikheidsverklaring word die amptelike taal as Roemeens aangegee.[70][71] In 1989 se staatstaalwet word gepraat van ān Moldowies-Roemeense taalidentiteit.
In 2003ā2009 het die Kommunistiese regering ān nasionale politieke wetsvoorstel aanvaar dat die bestaan van Moldowies verseker moet word.[72] Geleerdes stem saam dat Moldowies en Roemeens dieselfde taal is, maar dat "Moldowies" in ān sekere politieke verband gebruik word.[73]
Russies het die status van "taal vir interetniese kommunikasie" (naas die amptelike taal) en word in die praktyk wyd gebruik op alle vlakke van die gemeenskap en die staat. Volgens bogenoemde politieke wetsvoorstel is ān Russies-Moldawiese tweetaligheid kenmerkend van Moldowa.[72]
Volgens die 2004-sensus het Moldowa ān aansienlike persentasie Russe (6%) en OekraĆÆners (8,4%). Sowat 50% van OekraĆÆners, 27% van GagaoesiĆ«rs, 35% van Bulgare en 54% van kleiner etniese groepe praat Russies as eerste taal. Daar is altesaam 541000 mense (of 16% van die bevolking) in Moldowa wat Russies as eerste taal praat, onder andere 130000 etniese MoldowiĆ«rs. Aan die ander kant gebruik 47000 lede van etniese minderhede Roemeens as eerste taal.
Gagaoesies en Oekraïens word algemeen in spesifieke streke gepraat en het saam met Russies amptelike status in Gagaoesië en Transnistrië onderskeidelik.
Godsdiens
[wysig | wysig bron]| Ortodoks | 93.34% | |||
| Protestants | 1.89% | |||
| Ougelowiges | 0.15% | |||
| Katoliek | 0.14% | |||
| Joods | 0.11% | |||
| AteĆÆsties | 0.38% | |||
| Geen | 0.98% | |||
| Geen antwoord | 2.24% | |||
| Ander | 0.88% | |||
| Godsdiens in Moldowa | ||||
Vir die 2004-sensus was dit nie nodig vir Ortodokse Moldowiërs (93,3% van die bevolking) om aan te dui of hulle behoort tot die Moldowies-Ortodokse Kerk (wat onder die Russies-Ortodokse Kerk val) of die Ortodokse Kerk van Bessarabië (wat onder die Roemeens-Ortodokse Kerk val en beweer hulle is die nasionale kerk van die land) nie. Altesaam 1,9% van die bevolking is Protestants, 0,9% beoefen ander godsdienste, 1% is nie godsdienstig nie, 0,4% is ateïsties en 2,2% het nie die vraag oor godsdiens geantwoord nie.
Opvoeding
[wysig | wysig bron]Daar is 16 staats- en 15[74] privaat instellings vir hoĆ«r onderwys in Moldowa, met altesaam 126100 studente (104300 in staatsinstellings en 21700 in privaat instellings). Die getal studente per 10000 inwoners het konstant toegeneem sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie; dit was 217 in 2000ā2001 en 351 in 2005ā2006.
Die Nasionale Biblioteek van Moldowa is in 1832 gestig. Die Staatsuniversiteit van Moldowa en die Akademie vir Wetenskap is in 1946 gestig.
Misdaad
[wysig | wysig bron]Volgens die CIA World Factbook is wydverspreide misdaad en ondergrondse ekonomiese bedrywighede van die grootste misdaadkwessies in Moldowa.
Gesondheid
[wysig | wysig bron]Die gemiddelde geboortekoers is 1,5 per vrou.[75] Openbare uitgawes vir gesondheid was 4,2% van die BBP en die privaat uitgawes 3,2%.[75] Daar is sowat 264 dokters per 100000 mense.[75]
Sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie het die land minder aan gesondheidsorg bestee en as gevolg daarvan het die gevalle van tuberkulose toegeneem.[76] Moldawië is een van die lande met die meeste gevalle van middelweerstandige tuberkulose in die wêreld.[77]
Emigrasie
[wysig | wysig bron]Emigrasie is ān massaverskynsel in Moldowa en dit het ān groot invloed op die land se demografie en ekonomie. Die Moldowiese intelligensie-en-veiligheidsdiens raam dat 600000 tot ān miljoen MoldowiĆ«rs (amper 25% van die bevolking) oorsee werk.[78]
Kultuur
[wysig | wysig bron]Deurdat Moldova op die kruispad van Roemeense, Slawiese en ander beskawings lĆŖ, het die land sy kultuur verryk met van die tradisies van sy bure en ander invloedsbronne.
ān Deel van die land se kultuur word gekenmerk deur verskeie kerke en kloosters wat in die 15de eeu deur die Moldawiese leier Stefanus die Grote laat bou is, asook die werke van die latere renaissance-metropoliete Varlaam en Dosoftei, en diĆ© van geleerdes soos Grigore Ureche, Miron Costin, Nicolae Milescu, Dimitrie Cantemir en Ion Neculce.
In die 19de eeu het MoldawiĆ«rs van die gebiede van die Middeleeuse Prinsdom MoldawiĆ« in ān groot mate bygedra tot die vorming van die moderne Roemeense kultuur. Tussen hulle was baie BessarabiĆ«rs, soos Alecu Donici, Alexandru HĆ¢jdeu, Bogdan Petriceicu Hasdeu, Constantin Stamati, Constantin Stamati-Ciurea, Costache Negruzzi, Alecu Russo en Constantin Stere.
Mihai Eminescu, ān laat-Romantiese digter, en Ion CreangÄ, ān skrywer, is die invloedrykste kunstenaar in Roemeens en word in sowel RoemeniĆ« as MoldawiĆ« as nasionale skrywers beskou.[79]
Die grootste etniese groep in die land praat Roemeens/Moldowies en deel die Roemeense kultuur. Die land het ook belangrike etniese minderhede. GagaoesiĆ«rs maak 4,4% van die bevolking uit; hulle is ān Christelike Turkse volk. Ook Grieke, ArmeniĆ«rs, Pole en OekraĆÆners was in kleiner hoeveelhede sedert die 17de eeu in die land aanwesig en het ān kulturele invloed gehad. In die 19de eeu het nog OekraĆÆners, asook Lipowane, Bulgare en Duitsers hulle hier gevestig.
In die tweede helfte van die 20ste eeu het ān groot aantal Sowjet-immigrante gearriveer en hulle het baie elemente van die Sowjet-kultuur saam met hulle gebring.
Gewilde media
[wysig | wysig bron]In Oktober 1939 was Radio Basarabia, ān plaaslike stasie van die Roemeense Radio-uitsaaimaatskappy, die eerste radiostasie wat in Kisjinef (ChiČinÄu) begin is. Televisie-uitsendings het in April 1958 begin, binne die raamwerk van Sowjet-TV. Deur kabel-TV kan MoldowiĆ«rs baie Russiese kanale, ān paar Roemeense kanale en verskeie Russiese weergawes van internasionale kanale opvang.
Voedsel
[wysig | wysig bron]Moldowiese kos stem baie ooreen met diĆ© van RoemeniĆ«, en het sterk invloede van Russiese, Turkse en OekraĆÆense geregte. Hoofgeregte sluit in beesvleis, varkvleis, aartappels, kool en ān verskeidenheid graansoorte. Gewilde drankies is Moldowiese wyn, brandewyn en bier.
Omtrent ewe veel sterk drank, bier en wyn word verbruik.
Musiek
[wysig | wysig bron]Onder MoldowiĆ« se bekendste komponiste is Gavriil Musicescu, Åtefan Neaga en Eugen Doga.
Op die gebied van gewilde musiek is daar die groep O-Zone, wat in 2003 bekend geword het, met hul liedjie "Dragostea Din Tei." Moldowa neem sedert 2005 deel aan die Eurovision Song Contest. Nog ān gewilde groep is Zdob Či Zdub, wat die land verteenwoordig het by die Eurovision-sangfees in 2005; hulle het sesde geĆ«indig.
In Mei 2007 het Natalia Barbu Moldowa in diƩ jaar se Eurovision Song Contest in Helsinki, Finland, verteenwoordig met haar liedjie "Fight". Sy het die tiende plek behaal.
In 2011 het Zdob Či Zdub die land weer verteenwoordig en die twaalfde plek behaal. Dan BÄlan, nog ān gewilde kunstenaar, het die album Chica Bomb in 2010 uitgereik.
Die groep SunStroke Project met Olia Tira het die land in 2010 by die Eurovision Song Contest verteenwoordig net hul liedjie "Run Away". Hul optrede het internasionaal bekend geraak as ān internetfenomeen vanweĆ« die heupbewegings van Sergey Stepanov, die groep se saksofonis.
Onder die bekendste klassieke musikante in Moldowa is Mark Pester, ān vioolspeler en dirigent. Hy was ān leerling van die beroemde vioolafrigter Leopold Auer by die Sint Petersburgse Konservatorium. As dirigent het hy die eerste operas in Moldowa aangebied en saam met die grootste soliste soos Sergei Rachmaninof gespeel.
Nog ān klassieke musikant is Maria Biesu, een van die wĆŖreld se voorste soprane, die pianis Mark Zeltser en Oleg Maisenberg, ook ān pianis.
Sport
[wysig | wysig bron]Sokker is die gewildste sportsoort in Moldowa. Die beheerliggaam is die Moldowiese Sokkervereniging en is ān lid van UEFA. Die Moldowiese nasionale sokkerspan het sy eerste wedstryd in 1994 gespeel, maar nog nie vir die UEFA Europa-beker gekwalifiseer nie. Die suksesvolste sokkerklub is Sheriff Tiraspol, die eerste en enigste Moldowiese klub wat vir die groepfase van die Champions League en die Europa League gekwalifiseer het. Ander wenners van die Moldowiese Nasionale Divisie sluit in Zimbru ChiČinÄu, Dacia ChiČinÄu, FC Tiraspol en Milsami Orhei.
TrĆ¢nta (ān soort stoei) is die land se nasionale sportsoort. Rugby is ook baie gewild. Meer as ān 10000 ondersteuners besoek tuiswedstryde. Sedert 2004 het die aantal spelers op alle vlakte tot meer as 3200 verdubbel. Die nasionale span is 34ste op WĆŖreldrugby se wĆŖreldranglys gelys. Die bekendste fietsresies is die Moldowiese Presidentsbekerresies, wat sedert 2004 aangebied word. In skaak het Moldowa verskeie internasionale meesters opgelewer soos Viorel IordÄchescu, Dmitry Svetushkin en Victor Bologan.
Radu Albot is een van die suksesvolste Moldowiese tennisspelers en het titels in ATP-enkel- (Delray Beach Open 2019) en dobbelspeel (Istanboel-ope) gewen.
Moldowiese atlete het al Europese medaljes gewen in atletiek, tweekamp, sokker en gimnastiek; wĆŖreldmedaljies in boogskiet, judo, swem en taekwondo; asook Olimpiese medaljes in boks, kanovaart, skyfskiet, gewigoptel en stoei. Moldowa het sy Olimpiese debuut tydens die Olimpiese Winterspele 1994 in Lillehammer gemaak. Olimpiese medaljewenners sluit in Sergei Mureiko, Oleg Moldovan, Vitalie GruČac, Veaceslav Gojan en Serghei Tarnovschi. Nicolae Juravschi het die Sowjetunie tydens die Olimpiese Somerspele 1988 in Seoel verteenwoordig en twee medaljes gewen.
Vervoer
[wysig | wysig bron]Die land se tweede besigste lughawens is die ChiČinÄu en BÄlČi-Leadoveni Internasionale Lughawens.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- 1 2 (en) Associated Press (5 Desember 2013). "Chisinau Recognizes Romanian As Official Language". Radio Free Europe/Radio Liberty. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 2 September 2021.
- ā (en) Roudik, Peter (23 Desember 2013). "Moldova: Romanian Recognized as the Official Language". Law Library of Congress. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 2 September 2021.
- ā (en) "The text of the Declaration of Independence prevails over the text of the Constitution". Constitutional Court of Moldova. 5 Desember 2013. Besoek op 23 Desember 2016.
- 1 2 (en) "Moldova". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2021. Besoek op 4 November 2025.
- ā (Mo) "RecensÄmĆ¢ntul PopulaČiei Či LocuinČelor 2024: Caracteristici Geografice (date finale)". Nasionale Statistiekkantoor van die Republiek Moldowa. 15 Julie 2025. Besoek op 4 November 2025.
- 1 2 3 4 (en) "Moldova". Internasionale MonetĆŖre Fonds. April 2025. Besoek op 4 November 2025.
- ā (en) "Human Development Report 2025" (PDF). United Nations Development Programme. 6 Mei 2025. Besoek op 4 November 2025.
- ā (en) "Gini Index ā Moldova". WĆŖreldbank. Besoek op 4 November 2025.
- ā (en) "Moldova will prove that it can and has chances to become EU member,". Moldpress News Agency. 19 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
- ā (en) History Geargiveer 22 Desember 2013 op Wayback Machine, Official site of Republic of Moldova
- ā (en) Where did the name Moldova come from? Geargiveer 27 Januarie 2010 op Wayback Machine
- ā (en) Constantinescu, Bogdan; Bugoi, Roxana; Pantos, Emmanuel; Popovici, Dragomir (2007). "Phase and chemical composition analysis of pigments used in Cucuteni Neolithic painted ceramics" (PDF). Documenta Praehistorica. XXXIV. Ljubljana: Departement Argeologie, Universiteit van Ljubljana: 281ā288. ISSN1408-967X. OCLC41553667. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Mei 2013. Besoek op 25 Oktober 2012.
- ā (en) "Moldova". Library of Congress Country Studies
- ā (en) Bessarabia deur Charles Upson Clark, 1927, hoofstuk 10 Geargiveer 9 Desember 2012 op Wayback Machine
- ā (en) Vasile Baican, "Human settlements in Moldavia represented on Ā«the Russian mapĀ» between 1828-1829", Scientific Annals of "Alexandru Ioan Cuza" Universiteit van Iasi ā Geography series, 54, 2008, bl. 65.
- ā (en) Bessarabia deur Charles Upson Clark, 1927, hoofstruk8 Geargiveer 12 Desember 2012 op Wayback Machine
- ā (en) The Germans from Bessarabia Geargiveer 13 Mei 2011 op Wayback Machine
- ā (en) .
- ā (en) Mennonite-Nogai Economic Relations, 1825ā1860 Geargiveer 8 Januarie 2013 op Wayback Machine
- ā (ro) Ion Nistor, Istoria Bassarabiei, CernÄuÅ£i, 1921
- ā (de) Flavius Solomon, Die Republik Moldau und ihre Minderheiten (LƤnderlexikon), in: Ethnodoc-Datenbank für Minderheitenforschung in Südostosteuropa, bl. 52
- ā (en) Moldova
- ā (en) Anthony Babel: La Bessarabie (Bessarabia), FĆ©lix Alcan, GenĆØve, Switzerland, 1931
- ā (en) King, Charles (2000). "From Principality to Province". The Moldovans: Romania, Russia, and the politics of culture. Hoover Press. pp.33ā35. ISBN0-8179-9792-X. Besoek op 31 Oktober 2010.
- ā (en) Malbone W. Graham (Oktober 1944). "The Legal Status of the Bukovina and Bessarabia". The American Journal of International Law. 38 (4) (4uitg.). American Society of International Law: 667ā673. doi:10.2307/2192802. JSTOR2192802.
- ā (en) Mitrasca, Marcel (2002). "Introduction". Moldova: a Romanian province under Russian rule: diplomatic history from the archives of the great powers. Algora Publishing. p.13. ISBN1-892941-86-4. Besoek op 31 Oktober 2010.
- ā (en) Wayne S. Vucinich, Bessarabia In: Collier's Encyclopedia (Crowell Collier and MacMillan Inc., 1967) vol. 4, bl. 103
- 1 2 (en) Olson, James (1994). An Ethnohistorical Dictionary of the Russian and Soviet Empires. p.483.
- ā (en) TismÄneanu Report, bl. 748-749
- ā (ro) AsociaÅ£ia Oamenilor de ČtiinÅ£Ä din Moldova. H. Milescu-SpÄtaru., red. (2002). Istoria Republicii Moldova: din cele mai vechi timpuri pinÄ Ć®n zilele noastre (2nduitg.). ChiČinÄu: Elan Poligraf. pp.239ā244. ISBN9975-9719-5-4.
- 1 2 3 (en) TismÄneanu Report, bl. 747 en 752
- ā (en) Michael Ellman, The 1947 Soviet Famine and the Entitlement Approach to Famines Geargiveer 25 Maart 2009 op Wayback Machine Cambridge Journal of Economics 24 (2000): 603ā630.
- ā (en) Pal Kolsto, National Integration and Violent Conflict in Post-Soviet Societies: The Cases of Estonia and Moldova, Rowman & Littlefield, 2002, ISBN 0-7425-1888-4, bl. 202
- ā (en) "Architecture of ChiČinÄu". on Kishinev.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2010. Besoek op 12 Oktober 2008.
- 1 2 3 4 5 6 7 (ro) Horia C. Matei, "State lumii. Enciclopedie de istorie." Meronia, BucureČti, 2006, bl. 292-294
- ā (en) "Romanian Nationalism in the Republic of Moldova Geargiveer 19 Julie 2011 op Wayback Machine" deur Andrei Panici, American University in Bulgaria, 2002; bl. 40 en 41
- ā (ro) "Ion CostaČ: 7 APRILIE 2009 NE AMINTEČTE DE 10 NOIEMBRIE 1989". Basarabia LiterarÄ .ro. 28 Februarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 21 Maart 2012.
- ā (ro) "Igor CaČu, ChiČinÄu 7 noiembrie 1989: "Jos dictatura comunistÄ!"". Radio Free Europe. 7 November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2016. Besoek op 21 Maart 2012.
- ā (en) "Moldova: Information Campaign to Increase the Efficiency of Remittance Flows". Internasionale Organisasie vir Migrasie. 10 Desember 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2012. Besoek op 31 Augustus 2013.
- ā (en) Marandici, Ion, The Factors Leading to the Electoral Success, Consolidation and Decline of the Moldovan Communists' Party During the Transition Period (23 April 2010). By die Midwestern Political Science Association Convention van April 2010. Beskikbaar by SSRN: http://ssrn.com/abstract=1809029
- ā (en) SevenTimes.ro: "Supporting actions for Moldova's riot" Geargiveer 21 Januarie 2010 op Wayback Machine, 08 April 2009
- ā (en) "The protest initiative group: LDPM is the guilty one for the devastations in the ChiČinÄu downtown[dooie skakel]", 8 April 2009
- ā (en) "EU flags flying on the Presidency and Parliament, to calm the masses Geargiveer 23 Oktober 2013 op Wayback Machine", 2 Junie 2009
- ā (en) Reuters, Moldovan referendum appears to flop on low turnout
- ā (en) "Moldova going to third election in two years". BBC. 28 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 2 September 2021.
- ā (en) "Marian Lupu elected Head of Parliament". allmoldova. 30 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2014. Besoek op 27 Oktober 2011.
- 1 2 (en) The Constitution of the Republic of Moldova, 2000. Besoek op 31-10-2010.
- ā (en) "Moldova Calls On Russian Troops To Leave Transdniestr".[dooie skakel]
- ā (en) EU to grant ā¬90 million to crisis-hit Moldova[dooie skakel]
- ā (en) "Moldova to get $570 million in IMF loans | Ex-Soviet States | RIA Novosti". En.rian.ru. 30 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2013. Besoek op 25 November 2012.
- ā (en) Romania, Moldova to Boost Relations
- ā (en) Poland will support Moldova in its European integration efforts Geargiveer 27 Augustus 2013 op Wayback Machine
- ā (en) "AutoritÄÅ£i publice locale". Government of Moldova. Besoek op 12 Oktober 2010.
- ā (en) Ilascu and Others vs. Moldova and Russia Geargiveer 13 Junie 2018 op Wayback Machine
- ā (en) Bureau of Diplomatic Security, Moldova 2011 Crime and Safety Report
- ā (en) United States Department of State, 2010 Human Rights Report: Moldova
- ā (en) Moldova: UN human rights expert calls for more fostering of religious diversity
- ā (en) Moldova's Climate Geargiveer 14 Oktober 2013 op Wayback Machine
- ā (en) Camenca temperature
- ā (en) Bratuseni temperature
- ā (en) "Moldova Economy Profile 2014". Indexmundi.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2018.
- ā (en) "INOGATE website". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2019. Besoek op 17 Augustus 2021.
- ā (en) "Global Status Report on Alcohol and Health 2011, Appendix III" (PDF). World Health Organization. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 17 Maart 2013.
- ā (ro) R. Moldova are deja peste douÄ milioane de utilizatori ai serviciilor de telefonie mobilÄ ā AgenÅ£ia NaÅ£ionala pentru Reglementare Ć®n ComunicaÅ£ii Electronice Či Tehnologia InformaÅ£iei (ANRCETI)
- ā (en) Katie Allen (31 Desember 2009). "Orange launches HD mobile phone service". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2013. Besoek op 2 September 2021.
- ā (en) International Telecommunication Union ā BDT Geargiveer 6 November 2012 op Wayback Machine
- ā (ro) Population by main nationalities, in territorial aspect
- ā (en) Protsyk, Oleh (1 Januarie 2007). "Nation-building in Moldova". Nation and Nationalism. Political and Historical Studies (PDF). Andrzej Marcin Suszycki, Ireneusz Pawel Karolewski. Oficyna Wydawnicza Atut Wrocawskie Wydawn. Oswiatowe. ISBN978-83-7432-261-4.
- ā (en) "Article 13, line 1 ā of Constitution of Republic of Moldova". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020.
- ā (ro) DeclaraÅ£ia de independenÅ£a a Republicii Moldova, Moldova SuveranÄ
- ā (en) A Field Guide to the Main Languages of Europe ā Spot that language and how to tell them apart Geargiveer 24 Februarie 2007 op Wayback Machine, Europese Kommissie
- 1 2 (ro) "Concepţia politicii naţionale a Republicii Moldova Geargiveer 14 Maart 2012 op Wayback Machine" Moldowiese Parlement
- ā (ro) "Marian Lupu: RomĆ¢na Či moldoveneasca sunt aceeaČi limbÄ". Realitatea .NET. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2015. Besoek op 7 Oktober 2009.
- ā (en) Moldovanu-Batrinac, Viorelia (18 Desember 2006). "Bologna Process Template for National Reports: 2005ā2007 (Moldova)" (PDF). Bologna Process website. European Higher Education Area. p.3. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 2 Julie 2010.
- 1 2 3 (en) "Human Development Report 2009 ā Moldova". Hdrstats.undp.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2010. Besoek op 7 Oktober 2009.
- ā (en) "Pulitzer Center Reporting on MDR-TB in Moldova". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2017.
- ā (en) "Tuberculosis,Former Soviet Nations, China Face High MDR-TB Prevalence".[dooie skakel]
- ā (en) Understanding Migration, Emigration from Moldova Geargiveer 14 Mei 2011 op Wayback Machine
- ā (en) Biography of Mihai Eminescu at poemhunter.com
Mihai Eminescu[dooie skakel] at creatingculturalcapitals.eu
Moldova Geargiveer 2 April 2013 op Wayback Machine at refugeesinpa.org
2000: Year of Eminescu Geargiveer 23 September 2015 op Wayback Machine at Central Europe Review
Moldova[dooie skakel] at explore.theculturetrip.com
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Moldova". EncyclopƦdia Britannica. Besoek op 4 November 2025.
- (en) "Moldova". Central Intelligence Agency. Besoek op 4 November 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| š Image |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Moldowa. |
| š Image |
Sien Moldowa in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- (en) Toerisme-inligting oor Moldowa op Wikivoyage
- (ro) Amptelike webwerf
- (en) Moldova, Republic of Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine van UCB Libraries GovPubs.
- (en) Moldowa op die BBC-webtuiste
