VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Roemeens

⇱ Roemeens - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Roemene.
Roemeens
limba română
Gepraatin: 👁 Vlag van Roemenië
Roemenië
👁 Vlag van Moldowa
Moldowa
👁 Vlag van Serwië
Serwië
👁 Vlag van Bulgarye
Bulgarye
👁 Vlag van Griekeland
Griekeland
👁 Vlag van Hongarye
Hongarye
👁 Vlag van Oekraïne
Oekraïne
👁 Vlag van Israel
Israel
Gebied: Suidoos-Europa
Totalesprekers: 24 miljoen[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
Italies
Romaans
Balkanromaans
Roemeens
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: 👁 Flag of Europe
Europese Unie
👁 Vlag van Roemenië
Roemenië
👁 Vlag van Moldowa
Moldowa

👁 Image
Vojvodina
👁 Image
Berg Athos

Gereguleer deur: 👁 Vlag van Roemenië
Academia Română
👁 Vlag van Moldowa
Academia de Ştiinţe a Moldovei
Taalbedreigingstatus
👁 Image
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
Veilig

NENie bedreig nie
Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: ro
ISO 639-2: rum/ron
ISO 639-3: ron
👁 Verspreiding van Roemeens
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
👁 Image
Verspreiding van Roemeense dialekte in Roemenië en Moldowa
👁 Image
Wêreldwye verspreiding van Roemeens: ██Ampstaal ██Omgangstaal ██Erkende minderheidstaal ██Minderheidstaal

Roemeens (română, limba română [ˈlimba roˈmɨnə] luister (hulp·inligting), soms ook Dakoroemeens genoem) maak deel uit van die ondergroep van die Balkanromaanse tale binne die Romaanse taalfamilie. Dit is die meerderheids- en ampstaal van Roemenië en Moldowa.

In Roemenië met 'n totale bevolking van 21,7 miljoen (in 2002) word Roemeens deur sowat 19,4 miljoen mense as moedertaal gepraat, terwyl 'n bykomende 10,6 miljoen Roemeenssprekendes tans in die buiteland woon. In Moldowa praat sowat 2,6 miljoen mense Roemeens, alhoewel die taal hier Moldawies genoem word.

Opvallende kenmerke van Roemeens is die gemengde woordeskat waarby die basiese woordeskat merendeels uit Vulgêrlatyn oorgeneem is en aangevul word deur elemente uit Voor-Roemeense tale, uit Slawies (Dakoslawies, Bulgaars, later ook Russies), uit Turkse tale, Nieu-Grieks, Albanees, Hongaars, Italiaans, Frans en talle neologismes, wat uit Griekse en Latynse bestanddele gevorm is; 'n fonetiese spelling wat danksy die groot aantal klinkers baie ooreenkomste met Italiaans toon en van Roemeens in akoestiese opsig die mees presiese van alle Romaanse tale maak; die gebrek aan 'n vaste woordaksent; die gebruik van die bepaalde lidwoord as agtervoegsel (net soos in die aangrensende, nie-Romaanse Bulgaars) en die bewaring van 'n onsydige naas die manlike en vroulike geslag, net soos in Latyn.

Roemeens word oorwegend met die Latynse alfabet geskryf, net in die omstrede gebied van Transnistrië word die Cyrilliese alfabet gebruik.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Romanian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 18 Maart 2016.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Roemeens


👁 Image
Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.


Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova