VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Javaans

⇱ Javaans - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Javane.
Javaans
ꦧꦱꦗꦮ, Båså Jåwå
Uitspraak: [bɔsɔ dʒɔwɔ]
Gepraatin: 👁 Vlag van Indonesië
Indonesië
Gebied: Suidoos-Asië
Totalesprekers: 84 miljoen[1]
Taalfamilie: Austronesies
Maleis-Polinesies
Kern-Maleis-Polinesies
Soenda-Sulawesi
Javaans
Skrifstelsel: Latynse alfabet (algemeen)
Javaanse skrif (opsioneel)
Pegon-alfabet (godsdienstige gebruik)
Taalbedreigingstatus
👁 Image
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
Veilig

NENie bedreig nie
Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: jv
ISO 639-2: jav
ISO 639-3: jav
👁 Verspreiding van Javaans
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Javaans (ꦧꦱꦗꦮ, Båså Jåwå, [bɔsɔ dʒɔwɔ]; algemeen bekend as ꦕꦫꦗꦮ, cara jawa, [tjɔrɔ dʒɔwɔ]; letterlik: "taal van Java") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eilande Java (vandaar die naam) en Bali van Indonesië, asook deur Javaanse emigrante in Oos-Timor, Maleisië, Singapoer, Republiek China, Hongkong, Australië, Nieu-Kaledonië, Nederland, Suriname en die Verenigde State van Amerika gepraat word. Javaans is 'n baie ou taal – die oudste geskrewe Javaans dateer van 25 Maart 804. Die taal word tans deur sowat 84 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Javane, omtrent 42% van Indonesië se totale bevolking en is die grootste taal van Indonesië, maar geniet nie ampstaalstatus nie.

👁 Image
Verspreiding van tale op die eilande Java, Bali en Madoera in Indonesië
👁 Image
Die woord basa ("taal") in Javaanse skrif

Javaans is verwant aan Balinees, Boeginees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Javaans word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Javaans uitgeoefen het. Dit word met die Latynse alfabet of die Javaanse skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, geskryf. Laasgenoemde is verwant aan die Balinese skrif van die Balinese taal.

Javaans was eens saam met Boeginees en Maleis een van die tale van die Kaapse Maleiers in Suid-Afrika, toe hulle na die stigting van Kaapstad deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederlands-Indië na die Nederlandse Kaapkolonie gebring is, maar dit is eers deur Nederlands vervang en het later tot Afrikaans ontwikkel.

Javaans word ook in Suriname gepraat.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Javanese" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 31 Augustus 2018.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Javaans


👁 Image
Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.