VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Indonesies

⇱ Indonesies - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Indonesies
Bahasa Indonesia
Uitspraak: [baˈhasa indoneˈsia]
Gepraatin: 👁 Vlag van Indonesië
Indonesië
👁 Vlag van Oos-Timor
Oos-Timor
👁 Vlag van Singapoer
Singapoer
Gebied: Suidoos-Asië
Totalesprekers: 23 miljoen (moedertaal)
175 miljoen (tweede taal)[1]
Rang: 41
Taalfamilie: Austronesies
Maleis-Polinesies
Kern-Maleis-Polinesies
Maleis-Soembawa
Maleis
Malay
Maleis
Indonesies
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: 👁 Image
ASEAN
👁 Vlag van Indonesië
Indonesië
Gereguleer deur: Badan Pengembangan dan Pembinaan Bahasa
Taalkodes
ISO 639-1: id
ISO 639-2: ind
ISO 639-3: ind
👁 Verspreiding van Indonesies
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Indonesies (Bahasa Indonesia, [baˈhasa indoneˈsia], luister (hulp·inligting)) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat deur sowat 23 miljoen mense in Indonesië, Oos-Timor en Singapoer as moedertaal gepraat word. Dit is 'n gestandaardiseerde variante van Maleis en geniet amptelike status in Indonesië. Indonesies word deur sowat 175 miljoen as 'n tweede taal gepraat. In Oos-Timor is dit saam met Engels 'n werkstaal na die amptelike tale Tetoem en Portugees.

👁 Image
Indonesiese padtekens in Djakarta, Indonesië
👁 Image
Maleise padtekens in Maleisië
👁 Image
'n Tolhek op Bali, Indonesië

In Indonesië word dit algemeen Bahasa Indonesia ("Indonesiese taal" of "taal van Indonesië") genoem, maar Bahasa Nasional ("Nasionale taal") en Bahasa Persatuan/Pemersatu ("Verenigende taal") is ook gebruiklike terme. In die streke van Sumatra en Riau, waar die taal inheems is, verwys die Indonesiërs ook na die taal as Bahasa Melayu.

Indonesies/Maleis is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Javaans, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Indonesies


👁 Image
Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.