VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Joseph_Goebbels

⇱ Joseph Goebbels - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Joseph Goebbels
👁 Joseph Goebbels


Kanselier van Duitsland
Ampstermyn
30 April 19451 Mei 1945
President Karl Dönitz
Voorafgegaandeur Adolf Hitler
Opgevolgdeur Lutz Graf Schwerin von Krosigk (waarnemend)

Minister vir Volksvoorligting en Propaganda
Ampstermyn
13 Maart 193330 April 1945
Eerste minister Adolf Hitler
Voorafgegaandeur Amp gesskep
Opgevolgdeur Werner Naumann

Gauleiter van Berlyn
Ampstermyn
9 November 19261 Mei 1945
Voorafgegaandeur Ernst Schlange
Opgevolgdeur Amp afgeskaf

Reichsleiter
Ampstermyn
19331945
Voorafgegaandeur Amp geskep
Opgevolgdeur Amp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore 29 Oktober 1897
Rheydt, Koninkryk Pruise, Duitse Keiserryk
Sterf 1 Mei 1945
Berlyn, Nazi-Duitsland
Politiekeparty Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
Eggenoot/-note Magda Ritschel
Kind(ers) 6
Alma mater Universiteit van Bonn
Universiteit van Würzburg
Universiteit van Freiburg
Universiteit van Heidelberg
Handtekening 👁 Image

Paul Joseph Goebbels (29 Oktober 1897 in Rheydt – 1 Mei 1945 in Berlyn) was een van die bekendste en invloedrykste Duitse politici in die tyd van die Nasionaal-Sosialisme en een van Adolf Hitler se naaste vertrouelinge.

As Gauleiter (plaaslike partyleier) van Berlyn ('n amp wat hy sedert 1926 beklee het) en as Reichspropagandaleiter het hy vanaf 1928 'n beslissende rol by die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (NSDAP) se uitbreiding in die laaste fase van die Republiek van Weimar gespeel. Tussen 1933 en 1945 het hy as ryksminister vir volksvoorligting en propaganda en as leier van die Reichskulturkammer gefungeer. Sodoende was hy in staat om die Duitse perswese, uitsaaidienste, rolprentvervaardiging en die hele kultuurbedryf in die gees van die Nasionaal-Sosialisme te herorganiseer.

Met sy doeltreffende propaganda het Goebbels 'n breë massa van die Duitsers aangespreek en groot geesdrif vir Hitler en sy Nasionaal-Sosialistiese gedagtes gewek. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy mede-verantwoordelik daarvoor dat die bevolking selfs ná die strawwe wending van die oorlog laat in 1942 steeds bereid was om Hitler se doelwitte te steun. As gevolmagtigde vir die totale oorlogsinspanning het hy vanaf Julie 1944 daarvoor gesorg dat nog eens honderdduisende weerbare mans tot krygsdiens opgeroep is.

Met sy anti-semitiese propaganda het Goebbels die pad vir die moord op ses miljoen Europese Jode berei en die pogroms ontketen wat op 9 November 1938 dwarsoor Duitsland plaasgevind het. Tydens die oorlog het steeds weer die deportasie van Joodse burgers geëis, selfs al het hy geweet dat hulle na verdelgingskampe vervoer is.

Sy uitvoerige dagboeke, wat hy vanaf 1924 tot en met die dag van sy selfmoord in 1945 gehou het, word as 'n belangrike bron vir die geskiedenis van die NSDAP en die Derde Ryk beskou.

Bronne

[wysig | wysig bron]