VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Ladogameer

⇱ Ladogameer - Wikipedia


Gaan na inhoud
Ladogameer
👁 Image

Nasa-Satellietbeeld van die Ladogameer
👁 Image

Kaart van die Ladogameer
Koördinate:61°00′N 31°30′O / 61.000°N 31.500°O / 61.000; 31.500
Ligging:Noordwes-Rusland (Republiek van Karelië, Leningrad-oblast)
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:17700km² (6800myl²)
Gemiddelde diepte:51m (167vt)
Maksimum diepte:230m (750vt)
Volume:837km³ (201myl³)
Lengte:219km (136myl)
Breedte:138km (86myl)
Opvangsgebied:276000km² (107000myl²)
Invloei:Swir, Wolkhof, Wuoksi
Uitvloei:Newarivier
Eiland/e:660
Nedersettings:Sortawala, Sjasstroi

Die Ladogameer (Russies: Ла́дожское о́зеро, Ladozhskoye ozero, [ˈladəʂskəjə ˈozʲɪrə] of Ла́дога, Ladoga, [ˈladəgə]; Fins: Laatokka; Karelies: Luadogu; Wepsies: Ladog of Ladoganjärv) is die grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 17700km² en is in Noordwes-Rusland naby Sint Petersburg geleë. Dit word deur die Newarivier met die naburige Oossee verbind en deur die Swirrivier word die Ladogameer met die naburige Onegameer verbind. Deur die Witsee-Oossee-kanaal word hierdie waterweg met die Witsee in die noorde verbind. Daarbenewens word die Ladogameer deur die Wuoksirivier met die Saimaameer in Finland verbind.

👁 Image
'n Reënboog oor die Ladogameer

Belangrike stede rondom die Ladogameer sluit in Sortawala en Sjasstroi. In die meer is 660 eilande geleë, waarvan Walaam die bekendste is. Die eiland is veral bekend vir die Russies-Ortodokse klooster Walaam.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie Rusland-verwante artikel is ’n saadjie. U kan help deur dit uit te brei.