VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Lichtenburg

⇱ Lichtenburg - Wikipedia


Gaan na inhoud
Lichtenburg
👁 Die hoofstraat van Lichtenburg.
Die hoofstraat van Lichtenburg.
Koördinate: 26°09′0″S 26°10′0″O / 26.15000°S 26.16667°O / -26.15000; 26.16667
Land👁 Vlag van Suid-Afrika
Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikNgaka Modiri Molema
MunisipaliteitDitsobotla
Stigting1873
Regering
•TipeDeel van 'n Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
•Totaal108,90km2 (42,05vk.myl)
Hoogte1 459m (4 787ft)
Bevolking
(2011)[1]
•Totaal26 338
•Digtheid242/km2 (630/vk.myl)
Rasverdeling (2011)
Wit mense30.3%
Indiërs/Asiërs1.9%
Bruin mense7.9%
Swart mense59.5%
Ander0.3%
Taal (2011)
Tswana 52.5%
Afrikaans 38.1%
Engels 4.1%
Ander 5.3%
Poskode (strate)
2740
Poskode (posbusse)
2740
Skakelkode018
👁 Image
Die museum op Lichtenburg.
👁 Image
Die gedenkteken op Lichtenburg opgedra aan burgers van die distrik wat gesneuwel het tydens die Anglo-Boereoorlog.
👁 Image
Die gebou van die NG moedergemeente Lichtenburg.
👁 Image
Die boodskap aan die basis van die obelisk op Lichtenburg, opgedra aan plaaslike gesneuweldes in die Anglo-Boereoorlog.
👁 Image
Die kerksaal van die NG moedergemeente.
👁 Image
Die standbeeld van genl. Koos de la Rey voor die stadsaal.

Lichtenburg is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die dorp is gestig op die plase Middelbosch en Doornfontein. Die plase is deur Hendrik Greeff, skoonvader van generaal JH De la Rey, aan die Zuid-Afrikaansche Republiek vir die stigting van 'n dorp geskenk. Die naam is gekies in 1873 deur die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek Thomas Francois Burgers, en beteken "dorp van lig". Jacobus Voorendyk het op 13 Maart 1926 'n diamant op hulle familieplaas ontdek, en binne twaalf maande was daar 108000 fortuinsoekers op die toneel.

Godsdiens

[wysig | wysig bron]

Vir hoofartikel, sien NG gemeente Lichtenburg.

Die eerste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (indertyd bekend as die Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk) in die Wes-Transvaal is in 1885 hier gestig waarvan die verste uithoek meer as 110km van die dorp af was. Die lidmate het skaars 300 getel. Die eerste kerkie is reeds in 1878 opgerig onder leiding van die konsulent, ds. J.P. Jooste van die NG gemeente Potchefstroom. Dertien jaar later, danksy die ywer van Lichtenburg se eerste leraar, ds. H.J.L. du Toit, het die gemeente 'n nuwe klipkerk ingewy.

Tydens die dienstydperk van ds. J.A. Beyers, van 1905 tot 1912 die tweede leraar, is die noordelike gewel laat aanbou. Dit was sy opvolger, ds. J.G. Perold (1913-'19), wat gesorg het vir die verfraaiing van die binneruimte van die kerk deur galerye en nuwe banke te laat aanbring. Die kerk het eers tydens ds. P. du Toit, later armersorg-sekretaris van die Kaapse Kerk, sy huidige voorkoms gekry danksy die oprigting van die toring en die aanbring van die uurwerk. Toe is 'n nuwe orrel ook in gebruik geneem. Tydens ds. Du Toit se bediening het die dorp geweldige verandering ondergaan toe die delwerye in 1926 oopgaan.

Distrik

[wysig | wysig bron]

Die distrik beslaan 6200km2. Mielies, grondbone en sonneblomsaad is van die belangrikste gewasse wat verbou word. Sement word ook in die omgewing vervaardig.

Bekende inwoners

[wysig | wysig bron]

Geboortes

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 "Hoofplek Lichtenburg". Sensus 2011.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.