VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Menslike-ontwikkelingsindeks

⇱ Menslike-ontwikkelingsindeks - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
👁 Image
Wêreldkaart wat die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (op basis van data vir 2018, gepubliseer 2019).[1]
██0.800–1.000 (baie hoog) ██0.700–0.799 (hoog) ██0.550–0.699 (medium) ██0.350–0.549 (laag) ██Data onbeskikbaar

Die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI, Engels: Human Development Index (HDI)) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, en lewenstandaard vir al die lande van die wêreld. Dit bied 'n standaard wyse om welstand te meet, veral kinderwelstand. Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of 'n land ontwikkelde, ontwikkelende, of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het, te meet.[2] Die indeks is in 1990 deur die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen, Pakistanse ekonoom Mahbub ul Haq, met ondersteuning van Gustav Ranis van Yale Universiteit en Lord Meghnad Desai van die London School of Economics ontwikkel en word sedertdien deur die ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies in die organisasie se jaarlikse menslike-ontwikkelingsverslag gebruik. Hoewel dit deur Sen as 'n "growwe meting", beskryf is as gevolg van die beperkings daarvan, vestig dit nogtans aandag op aspekte van ontwikkelings wat nie deur per capita-inkomste gedek word nie.

Die indeks meet gemiddelde prestasie in 'n land in drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling:

  • 'n Lang en gesonde lewe soos gemeet deur lewensverwagting met geboorte.
  • Kennis, soos gemeet deur die volwassegeletterheidstydskoers (met twee-derdes gewig) en die gekombineerde primêre, sekondêre, en tersiêre bruto inskrywingsverhouding (met een-derde gewig).
  • 'n Ordentlike lewenstandaard soos gemeet deur die logaritme van bruto binnelandse produk (BBP) per capita teen koopkragpariteit (KKP) in VSA dollar.

VN-lidlande word elke jaar volgens die metings gelys en rangskik. Lande wat hoog op die lys verskyn gebruik dit om geskoolde immigrante te lok of emigrasie te ontmoedig[3]

'n Alternatiewe maatstaf, die Menslike-armoede-indeks, fokus op die mate van armoede in 'n land.

2010-verslag

[wysig | wysig bron]
  1. 👁 Vlag van Noorweë
    Noorweë 0.938 (👁 Steady
    )
  2. 👁 Vlag van Australië
    Australië 0.937 (👁 Steady
    )
  3. 👁 Vlag van Nieu-Seeland
    Nieu-Seeland 0.907 (👁 Image
    17)
  4. 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
    Verenigde State 0.902 (👁 Image
    9)
  5. 👁 Vlag van Republiek Ierland
    Ierland 0.895 (👁 Steady
    )
  6. 👁 Vlag van Liechtenstein
    Liechtenstein 0.891 (👁 Image
    13)
  7. 👁 Vlag van Nederland
    Nederland 0.890 (👁 Image
    1)
  8. 👁 Vlag van Kanada
    Kanada 0.888 (👁 Image
    4)
  9. 👁 Vlag van Swede
    Swede 0.885 (👁 Image
    2)
  10. 👁 Vlag van Duitsland
    Duitsland 0.885 (👁 Image
    12)
  11. 👁 Vlag van Japan
    Japan 0.884 (👁 Image
    1)
  12. 👁 Vlag van Suid-Korea
    Suid-Korea 0.877 (👁 Image
    14)
  13. 👁 Vlag van Switserland
    Switserland 0.874 (👁 Image
    4)
  14. 👁 Vlag van Frankryk
    Frankryk 0.872 (👁 Image
    6)
  15. 👁 Vlag van Israel
    Israel 0.872 (👁 Image
    12)
  16. 👁 Vlag van Finland
    Finland 0.871 (👁 Image
    4)
  17. 👁 Vlag van Ysland
    Ysland 0.869 (👁 Image
    14)
  18. 👁 Vlag van België
    België 0.867 (👁 Image
    1)
  19. 👁 Vlag van Denemarke
    Denemarke 0.866 (👁 Image
    3)
  20. 👁 Vlag van Spanje
    Spanje 0.863 (👁 Image
    5)
  21. 👁 Vlag van Hongkong
    Hong Kong 0.862 (👁 Image
    3)
  22. 👁 Vlag van Griekeland
    Griekeland 0.855 (👁 Image
    3)
  23. 👁 Vlag van Italië
    Italië 0.854 (👁 Image
    5)
  24. 👁 Vlag van Luxemburg
    Luxemburg 0.852 (👁 Image
    13)
  25. 👁 Vlag van Oostenryk
    Oostenryk 0.851 (👁 Image
    11)
  26. 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
    Verenigde Koninkryk 0.849 (👁 Image
    5)
  27. 👁 Vlag van Singapoer
    Singapoer 0.846 (👁 Image
    5)
  28. 👁 Vlag van Tsjeggië
    Tsjeggiese Republiek 0.841 (👁 Image
    8)
  29. 👁 Vlag van Slowenië
    Slowenië 0.828 (👁 Steady
    )
  30. 👁 Vlag van Andorra
    Andorra 0.824 (👁 Image
    2)
  31. 👁 Vlag van Slowakye
    Slowakye 0.818 (👁 Image
    11)
  32. 👁 Vlag van Verenigde Arabiese Emirate
    Verenigde Arabiese Emirate 0.815 (👁 Image
    3)
  33. 👁 Vlag van Malta
    Malta 0.815 (👁 Image
    5)
  34. 👁 Vlag van Estland
    Estland 0.812 (👁 Image
    6)
  35. 👁 Vlag van Siprus
    Siprus 0.810 (👁 Image
    3)
  36. 👁 Vlag van Hongarye
    Hongarye 0.805 (👁 Image
    7)
  37. 👁 Vlag van Broenei
    Broenei 0.805 (👁 Image
    7)
  38. 👁 Vlag van Katar
    Katar 0.803 (👁 Image
    5)
  39. 👁 Vlag van Bahrein
    Bahrein 0.801 (👁 Steady
    )
  40. 👁 Vlag van Portugal
    Portugal 0.795 (👁 Image
    6)
  41. 👁 Vlag van Pole
    Pole 0.795 (👁 Steady
    )
  42. 👁 Vlag van Barbados
    Barbados 0.788 (👁 Image
    5)

Metodologie

[wysig | wysig bron]
👁 Image
MOI-neigings tussen 1975 en 2004

OECD

Sentraal- en Oos-Europa, en die CIS

Latyns-Amerika en die Karibiese gebied

Oos-Asië

Arabiese State

Suid-Asië

Afrika suid van die Sahara

In die algemeen om 'n rou-veranderlike, sê maar 👁 {\displaystyle x}
, na 'n eenheidslose indeks om te skakel (wat toelaat dat verskillende indekse by mekaar getel kan word), word die volgende formule gebruik:

waar 👁 {\displaystyle \min \left(x\right)}
en 👁 {\displaystyle \max \left(x\right)}
onderskeidelik die laagste en hoogste waardes is wat die veranderlike 👁 {\displaystyle x}
kan bereik.

Die Menslike-ontwikkelingsindeks verteenwoordig dan die gemiddeld van die volgende drie algemene indekse:[4]

LW: Lewensverwagting teen geboorte
VGI: Volwassegeletterheidsindeks (ouderdomme 15 en ouer)
GBIV: Gekombineerde bruto inskrywingsverhouding vir primêre, sekondêre en tersiêre opvoeding
BBPpc: BBP per capita teen koopkragpariteit in VSD

2006-verslag

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Gekleurde wêreldkaart wat Menslike-ontwikkelingsindekswaardes vir 2004 illustreer

0,950 en hoër

0,900–0,949

0,850–0,899

0,800–0,849

0,750–0,799

0,700–0,749

0,650–0,699

0,600–0,649

0,550–0,599

0,500–0,549

0,450–0,499

0,400–0,449

0,350–0,399

0,300–0,349

onder 0,300

nie beskikbaar nie

(kleurblindheid aanpasbare kaart)

Die verslag vir 2006 is in Kaapstad, Suid-Afrika, op 9 November 2006 bekendgestel. Die fokus van die verslag was op "mag, armoede en die globale waterkrisis." [5] Meeste van die data wat vir die verslag gebruik is, dateer uit 2004 of te vore, wat dus 'n indeks vir 2004 verskaf. Nie alle VN-lidlande kies, of is in staat, om die statistiek wat benodig word, te verskaf nie.

Die verslag rapporteer 'n vertraging in wêreldwye Menslike-ontwikkelingsindeks aangesien die volgehoue verbeterings in ontwikkelde lande geneutraliseer is deur 'n algemene daling in die ontwikkelende lande. Lande in Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië het beduidende dalings in die indeks beleef teenoor die waardes in die vorige verslag. Ander ontwikkelende lande het min of geen vooruitgang getoon nie.

'n Indekswaarde van minder as 0,5 word as verteenwoordigend van lae ontwikkeling gesien. 29 van die 31 lande in die kategorie is in Afrika, die ander twee in die kategorie is Haïti en Jemen. Die lande in Afrika suid van die Sahara wat die hoogste telling behaal het, Ekwatoriaal-Guinee en Suid-Afrika, het onderskeidelik die 120ste en 121ste plekke behaal met 'n waarde van 0.653).

'n Waarde van 0,8 of meer word as verteenwoordigend van hoë ontwikkelling gesien. Dit sluit in alle ontwikkelde lande soos die in Noord-Amerika, Wes-Europa, Oseanië, en Oos-Asië, asook sommige van die ontwikkelende lande in Oos-Europa, Sentraal- en Suid-Amerika, Suidoos-Asië, die Karibiese gebied, en die olieryke Arabiese Skiereiland.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Human Development Report 2019 – "Human Development Indices and Indicators"" (PDF). HDRO (Human Development Report Office) United Nations Development Programme. pp.22–25. Besoek op 9 Desember 2019.
  2. "Davies, A. and G. Quinlivan (2006), A Panel Data Analysis of the Impact of Trade on Human Development, Journal of Socioeconomics" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 April 2008. Besoek op 14 Julie 2007.
  3. Toespraak deur Jean Chrétien, voormalige Eerste Minister van Kanada[dooie skakel]
  4. Technical note explaining the definition of the HDI Geargiveer 16 Maart 2007 op Wayback Machine, Besoek op 14 Julie 2007
  5. "The 2006 Human Development Report". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2007. Besoek op 14 Julie 2007.