| π Image Nobelprys vir Chemie
| ||
| π Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het. | ||
| Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het. | ||
| Toegekenvir | Uitstaande bydraes vir die mensdom in chemie | |
| Borg | Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe | |
| Land | π Vlag van Swede Swede | |
| Datum | 10 Desember | |
| Eerste toekenning | 10 Desember 1901 (1901-12-10) (124jaaroud) | |
| Webtuiste | nobelprize.org | |
Die Nobelprys vir Chemie (Sweeds: Nobelpriset i kemi) is βn jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wΓͺreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van chemie gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir fisika, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Chemie tradisioneel derde en op 'n Woensdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2025 is die prys aan altesaam 198 individue toegeken.[2] Nog net agt vroue het dit gekry: Marie Curie en Irène Joliot-Curie in 1935, Dorothy Crowfoot Hodgkin in 1964, Ada Yonath in 2009, Frances Arnold in 2018, Emmanuelle Charpentier en Jennifer Doudna in 2020, asook Carolyn R. Bertozzi in 2022.[3]
Twee Nobelprys vir Chemie-wenners, naamlik die Duitsers Richard Kuhn (1938) en Adolf Butenandt (1939), was deur hul regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hulle sou later, nΓ‘ die afloop van die Tweede WΓͺreldoorlog, 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie. Frederick Sanger is een van drie bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1958 en in 1980. Karl Barry Sharpless is ook twee keer met die Nobelprys vir Chemie bekroon, in 2001 en 2022. John Bardeen is twee keer met die Nobelprys vir fisika bekroon, in 1956 en in 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria SkΕodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).[4]
Die 2025-Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Susumu Kitagawa, Richard Robson en Omar M. Yaghi "vir die ontwikkeling van 'n metaal-organiese raamwerk".[5]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9miljoen, omtrent VSA$1miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Chemie vanaf 1901 tot op hede. In 1916β1917, 1919, 1924, 1933 en 1940β1942 is die prys nie toegeken nie.
1900's β 1910's β 1920's β 1930's β 1940's β 1950's β 1960's β 1970's β 1980's β 1990's β 2000's β 2010's β 2020's
1900's
[wysig | wysig bron]| Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
|---|---|---|---|---|
| 1901[7] | π Image |
Jacobus Henricus van 't Hoff | π Vlag van Nederland Nederland |
"uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur die ontdekking van die wette van chemiese dinamika en die osmotiese druk in oplossings" |
| 1902[8] | π Image |
Hermann Emil Fischer | π Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk |
"uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur sy werk ten opsigte van suiker- en puriensintese" |
| 1903[9] | π Image |
Svante Arrhenius | π Vlag van Swede Swede |
"uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het ten opsigte van die bevordering van chemie deur sy elektrolitiese teorie van dissosiasie" |
| 1904[10] | π Image |
William Ramsay | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"uit erkenning vir sy dienste deur die ontdekking van die onreaktiewe gasvormige elemente in lug en sy bepaling van hul posisie in die Periodieke Stelsel" |
| 1905[11] | π Image |
Adolf von Baeyer | π Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk |
"uit erkenning vir sy dienste ter bevordering van organiese chemie en die chemiese nywerheid deur sy werk ten opsigte van organiese kleurstowwe en hidro-aromatiese verbindings" |
| 1906[12] | π Image |
Henri Moissan | π Vlag van Frankryk Frankryk |
"uit erkenning vir die reuse-dienste deur hom gelewer in sy navorsing en vir die isolering van die element fluoor, asook vir die ingebruikname in diens van die wetenskap van die elektriese oond wat na hom genoem is" |
| 1907[13] | π Image |
Eduard Buchner | π Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk |
"vir sy biochemiese navorsing en sy ontdekking van selvrye fermentasie" |
| 1908[14] | π Image |
Ernest Rutherford | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk π Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland |
"vir sy ondersoeke na die disintegrasie van die elemente en die chemie van radioaktiewe stowwe" |
| 1909[15] | π Image |
Wilhelm Ostwald | π Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk |
"uit erkenning vir sy werk ten opsigte van katalise en vir sy ondersoeke na die fundamentele beginsels wat chemiese ekwilibria en reaksietempo beheer" |
1910's
[wysig | wysig bron]"
| Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
|---|---|---|---|---|
| 1910[16] | π Image | Otto Wallach | π Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk | "uit erkenning vir sy dienste aan organiese chemie en die chemiese nywerheid deur sy pionierswerk op die gebied van alisikliese verbinding" |
| 1911[17] | π Image | Marie Curie | π Vlag van Pole Pole π Vlag van Frankryk Frankryk | "uit erkenning vir haar dienste ten opsigte van die bevordering van chemie deur die ontdekking van die elemente radium en polonium deur die isolering van radium en die bestudering van die aard en die verbindings van hierdie merkwaardige element" |
| 1912[18] | π Image | Victor Grignard | π Vlag van Frankryk Frankryk | "vir die ontdekking van die sogenaamde Grignard-reagens wat die vordering van organiese chemie grootliks bevorder het" |
| π Image | Paul Sabatier | "vir sy metode om organiese verbindings in die teenwoordigheid van fyn gedisintegreerde metale te hidrogeniseer, waardeur die vooruitgang van organiese chemie grootliks bevorder is" | ||
| 1913[19] | π Image | Alfred Werner | π Vlag van Switserland Switserland | "uit erkenning vir sy werk ten opsigte van die binding van atome in molekule, waardeur hy nuwe lig op vroeΓ«re navorsing gewerp en nuwe navorsingsvelde in veral anorganiese chemie toeganklik gemaak het" |
| 1914[20] | π Image | Theodore William Richards | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State | "uit erkenning vir sy akkurate vasstelling van die atoomgewig van 'n groot aantal chemiese elemente" |
| 1915[21] | π Image | Richard WillstΓ€tter | π Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk | "vir sy navorsing ten opsigte van plantpigmente, en in die besonder chlorofil" |
| 1918[22] | π Image | Fritz Haber | "vir die sintese van ammoniak en die elemente daarvan" | |
1920's
[wysig | wysig bron]| Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
|---|---|---|---|---|
| 1920[23] | π Image |
Walther Nernst | π Vlag van Republiek van Weimar Republiek van Weimar |
"uit erkenning vir sy werk in termochemie" |
| 1921[24] | π Image |
Frederick Soddy | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir sy bydrae tot ons kennis van die chemie van radioaktiewe stowwe en sy navorsing ten opsigte van die oorsprong en aard van isotope" |
| 1922[25] | π Image |
Francis William Aston | "vir sy ontdekking β deur middel van sy massaspektograaf β van isotope in 'n groot aantal nieradioaktiewe elemente, en vir sy formulering van die heelgetalreΓ«l" | |
| 1923[26] | π Image |
Fritz Pregl | π Vlag van Oostenryk Oostenryk π Vlag van Joego-SlawiΓ« Joego-SlawiΓ« |
"vir die uitvind van die metode van mikroanalise van organiese stowwe" |
| 1925[27] | π Image |
Richard Adolf Zsigmondy | π Vlag van Republiek van Weimar Republiek van Weimar π Vlag van Hongarye Hongarye |
"vir sy demonstrasie van die heterogene aard van kolloΓ―edoplossings en vir die metodes wat hy gebruik het en wat sedertdien fundamenteel in moderne kolloΓ―edchemie geword het" |
| 1926[28] | π Image |
Theodor Svedberg | π Vlag van Swede Swede |
"vir sy werk ten opsigte van dispersiestelsels" |
| 1927[29] | π Image |
Heinrich Otto Wieland | π Vlag van Republiek van Weimar Republiek van Weimar |
"vir sy navorsing ten opsigte van die samestelling van die galsure en verwante stowwe" |
| 1928[30] | π Image |
Adolf Windaus | "vir die dienste gelewer deur sy navorsing ten opsigte van sterole en hul verwantskap met vitamiene" | |
| 1929[31] | π Image |
Arthur Harden | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir hul navorsing ten opsigte van die fermentasie van suiker en fermentatiewe ensieme" |
| π Image |
Hans von Euler-Chelpin | π Vlag van Swede Swede | ||
1930's
[wysig | wysig bron]| Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
|---|---|---|---|---|
| 1930[32] | π Image |
Hans Fischer | π Vlag van Republiek van Weimar Republiek van Weimar |
"vir sy navorsing ten opsigte van die samestelling van hemien en chlorofil, en veral sy sintese van hemien" |
| 1931[33] | π Image |
Carl Bosch | "uit erkenning vir hul bydraes tot die uitvinding en ontwikkeling van chemiese hoΓ«drukmetodes" | |
| π Image |
Friedrich Bergius | |||
| 1932[34] | π Image |
Irving Langmuir | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir sy ontdekkings en navorsing ten opsigte van oppervlakchemie" |
| 1934[35] | π Image |
Harold Urey | "vir sy ontdekking van swaar waterstof" | |
| 1935[36] | π Image |
FrΓ©dΓ©ric Joliot-Curie | π Vlag van Frankryk Frankryk |
"uit erkenning vir hul sintese van nuwe radioaktiewe elemente" |
| π Image |
Irène Joliot-Curie | |||
| 1936[37] | π Image |
Peter Debye | π Vlag van Nederland Nederland |
"vir sy bydraes tot ons kennis van die molekulΓͺre struktuur deur sy navorsing ten opsigte van dipoolmomente en die diffraksie van X-strale en elektrone in gasse" |
| 1937[38] | π Image |
Norman Haworth | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir sy navorsing ten opsigte van koolhidrate en vitamien C" |
| π Image |
Paul Karrer | π Vlag van Switserland Switserland |
"vir sy navorsing ten opsigte van karotenoΓ―ede, flavien en vitamiene A en B2" | |
| 1938[39] | π Image |
Richard Kuhn | π Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland |
"vir sy werk ten opsigte van karotenoΓ―ede en vitamiene." Die owerheid van sy land het hom die prys van die hand laat wys, maar hy het later wel die diploma en die medalje ontvang |
| 1939[40] | π Image |
Adolf Butenandt | "vir sy werk ten opsigte van geslagshormone." Die owerheid van sy land het hom die prys van die hand laat wys, maar hy het wel later die diploma en die medalje ontvang. | |
| π Image |
Leopold RuΕΎiΔka | π Vlag van Joego-SlawiΓ« Joego-SlawiΓ« π Vlag van Switserland Switserland |
"vir sy werk ten opsigte van polimetilene en hoΓ«re terpene" | |
1940's
[wysig | wysig bron]| Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
|---|---|---|---|---|
| 1943[41] | π Image |
George de Hevesy | π Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland |
"vir sy werk ten opsigte van die gebruik van isotope as spoorders in die bestudering van chemiese prosesse" |
| 1944[42] | π Image |
Otto Hahn | "vir sy ontdekking van die splyting van swaar kerne" | |
| 1945[43] | π Image |
Artturi Ilmari Virtanen | π Vlag van Finland Finland |
"vir sy navorsing en uitvindings op die gebied van landbou- en voedingschemie, en veral vir sy metode om voer te preserveer" |
| 1946[44] | π Image |
James B. Sumner | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir sy ontdekking dat ensieme gekristalliseer kan word" |
| π Image |
John Howard Northrop | "vir hul bereiding van ensieme en virusproteΓ―ene in 'n suiwer vorm" | ||
| π Image |
Wendell Meredith Stanley | |||
| 1947[45] | π Image |
Robert Robinson | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir sy ondersoeke ten opsigte van plantprodukte van biologiese belang β veral die alkaloΓ―ede" |
| 1948[46] | π Image |
Arne Tiselius | π Vlag van Swede Swede |
"vir sy navorsing ten opsigte van elektroforese en adsorpsieanalise, en veral vir sy ontdekkings aangaande die komplekse aard van die serumproteΓ―ene" |
| 1949[47] | William Giauque | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir sy bydrae op die gebied van chemiese termodinamika, veral wat die gedrag van stowwe teen uiters lae temperature betref" | |
1950's
[wysig | wysig bron]1960's
[wysig | wysig bron]| Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
|---|---|---|---|---|
| 1960[58] | π Image |
Willard Libby | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir sy metode van die gebruik van koolstof-14 vir die vasstelling van ouderdom in argeologie, geofisika en ander vertakkinge van die wetenskap" |
| 1961[59] | π Image |
Melvin Calvin | "vir sy navorsing oor die assimilasie van koolstofdioksied in plante" | |
| 1962[60] | π Image |
Max Perutz | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir hul ondersoeke na die strukture van globulΓͺre proteΓ―ene" |
| π Image |
John Kendrew | |||
| 1963[61] | π Image |
Karl Ziegler | π Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland |
"vir hul ontdekkings op die gebied van die chemie en tegnologie van lang polimere" |
| π Image |
Giulio Natta | π Vlag van ItaliΓ« ItaliΓ« | ||
| 1964[62] | π Image |
Dorothy Crowfoot Hodgkin | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir haar bepaling van die strukture van belangrike biochemiese stowwe deur middel van X-straaltegnieke" |
| 1965[63] | π Image |
Robert Burns Woodward | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir sy hoogstaande prestasies op die gebied van organiese sintese" |
| 1966[64] | π Image |
Robert S. Mulliken | "vir sy fundamentele werk oor chemiese bindinge en die elektroniese strukture van molekule deur middel van die molekuul-orbitaalmetode" | |
| 1967[65] | π Image |
Manfred Eigen | π Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland |
"vir hul ondersoeke na uiters vinnige chemiese reaksies wat ontstaan deur die versteuring van die ewewig deur middel van baie kort energiepulse" |
| π Image |
Ronald George Wreyford Norrish | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk | ||
| π Image |
George Porter | |||
| 1968[66] | π Image |
Lars Onsager | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir die ontdekking van die wederkerige verhoudings wat na hom genoem is en wat fundamenteel vir die termodinamika van onomkeerbare prosesse is" |
| 1969[67] | π Image |
Derek Barton | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir hul bydraes tot die ontwikkeling van die konsep konformasie en die toepassing daarvan in chemie" |
| π Image |
Odd Hassel | π Vlag van NoorweΓ« NoorweΓ« | ||
1970's
[wysig | wysig bron]| Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
|---|---|---|---|---|
| 1970[68] | π Image |
Luis Federico Leloir | π Vlag van ArgentiniΓ« ArgentiniΓ« |
"vir sy ontdekking van suikernukleotiede en hul rol in die biosintese van koolhidrate" |
| 1971[69] | π Image |
Gerhard Herzberg | π Vlag van Kanada Kanada π Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland |
"vir sy bydraes tot die kennis van die elektroniese strukture en geometrie van molekule, in die besonder vrye radikale" |
| 1972[70] | π Image |
Christian B. Anfinsen | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir sy werk aan ribonuklease, veral wat die verband tussen die aminosuurvolgorde en sy biologies-aktiewe bevestiging betref" |
| Stanford Moore | "vir hul bydrae tot die begrip van die verband tussen die chemiese strukture en katalitiese aktiwiteit van die aktiewe sentrum van die ribonuklease-molekuul" | |||
| William Howard Stein | ||||
| 1973[71] | π Image |
Ernst Otto Fischer | π Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland |
"vir hul baanbrekerswerk wat onafhanklik van mekaar uitgevoer is ten opsigte van die chemie van die organometaalverbindings β die sogenaamde toebroodjieverbindings" |
| π Image |
Geoffrey Wilkinson | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk | ||
| 1974[72] | π Image |
Paul Flory | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir sy fundamentele prestasies, beide teoreties en eksperimenteel, in die fisiese chemie van makromolekule" |
| 1975[73] | π Image |
John Cornforth | π Vlag van AustraliΓ« AustraliΓ« π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir sy werk oor die stereochemie van ensiemgekataliseerde reaksies" |
| π Image |
Vladimir Prelog | π Vlag van Joego-SlawiΓ« Joego-SlawiΓ« π Vlag van Switserland Switserland |
"vir sy navorsing oor die stereochemie van organiese molekule en reaksies" | |
| 1976[74] | π Image |
William Lipscomb | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir sy ondersoeke na die struktuur van borane wat die probleme van chemiese binding toelig" |
| 1977[75] | π Image |
Ilya Prigogine | π Vlag van BelgiΓ« BelgiΓ« |
"vir sy bydraes tot nieewewigstermodinamika en in die besonder die teorie van dissiperende strukture" |
| 1978[76] | π Image |
Peter D. Mitchell | π Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk |
"vir sy bydrae tot die insig in biologiese energie-oordrag deur die formulering van die chemiosmotiese teorie" |
| 1979[77] | π Image |
Herbert C. Brown | π Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State |
"vir hul ontwikkeling van die gebruik van verbindings wat boron en fosfor bevat in belangrike reagense in organiese sintese" |
| Georg Wittig | π Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland | |||
1980's
[wysig | wysig bron]1990's
[wysig | wysig bron]2000's
[wysig | wysig bron]2010's
[wysig | wysig bron]2020's
[wysig | wysig bron]Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- β (en) "Nomination and selection of Chemistry Laureates". Nobelprize.org. Nobel Media 2025. 8 Oktober 2025. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "All Nobel Laureates in Chemistry". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2025. 8 Oktober 2025. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "Nobel Laureates Facts". Nobelprize.org. 8 Oktober 2025. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- 1 2 (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2025". Nobelprize.org. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1901". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1902". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1903". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1904". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1905". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1906". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1907". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1908". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1909". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1910". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1911". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1912". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1913". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1914". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1915". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1918". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1920". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1921". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1922". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1923". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1925". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1926". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1927". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1928". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1929". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1930". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1931". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1932". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1934". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1935". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1936". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1937". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1938". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1939". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1943". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1944". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1945". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1946". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1947". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1948". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1949". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1950". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1951". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1952". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1953". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1954". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1955". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1956". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1957". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1958". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1959". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1960". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1961". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1962". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1963". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1964". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1965". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1966". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1967". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1968". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1969". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1970". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1971". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1972". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1973". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1974". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1975". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1976". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1977". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1978". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1979". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1980". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1981". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1982". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1983". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1984". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1985". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1986". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1987". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1988". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1989". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1990". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1991". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1992". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1993". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1994". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1995". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1996". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 April 2019. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1997". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1998". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1999". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2000". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2001". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2002". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2003". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2004". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2005". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2006". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2007". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2008". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2009". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2010". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2011". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2012". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2013". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2014". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2015". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2016". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2017". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2018". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2019". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2020". Nobelprize.org. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2021". Nobelprize.org. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2022". Nobelprize.org. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2023". Nobelprize.org. Besoek op 8 Oktober 2025.
- β (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2024". Nobelprize.org. Besoek op 8 Oktober 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| π Image |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Nobelprys vir Chemie. |
- (en) "All Nobel Laureates in Chemistry". Nobelprize.org. Nobel Media AB. Besoek op 8 Oktober 2025.
- (en) "Winners of the Nobel Prize for Chemistry". Encyclopædia Britannica. Besoek op 8 Oktober 2025.
- π Image
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
