VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Nobelprys_vir_Vrede

⇱ Nobelprys vir Vrede - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
👁 Image
Nobelprys vir Vrede

👁 Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
ToegekenvirUitstaande bydraes vir die mensdom in vrede
BorgNoorweegse Nobelkomitee namens die boedel van Alfred Nobel
Land👁 Vlag van Noorweë
Noorweë
Datum10 Desember
Eerste toekenning10 Desember 1901 (1901-12-10) (124jaaroud)
Webtuistenobelprize.org

Die Nobelprys vir Vrede (Noors en Sweeds: Nobels fredspris) is een van vyf Nobelpryse wat nagelaat is deur die Sweedse nyweraar en uitvinder Alfred Nobel. Die pryse vir chemie, fisika, geneeskunde en letterkunde word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken, terwyl die Nobelprys vir Vrede in die Noorse hoofstad Oslo oorhandig word. Die Noorse Nobelkomitee word deur die Noorse parlement gekies, wat weer die pryswenner(s) kies.

👁 Image
Die Noorweegse Nobelkomitee in Oslo
👁 Image
Die Wenners van die Nobelprys vir Vrede in 1994 in Oslo (van links na regs): PLO-voorsitter Jasser Arafat, Israel se minister van buitelandse sake Shimon Peres en Israel se eerste minister Yitzhak Rabin

Ten tye van Nobel se dood was Swede en Noorweë in 'n posisie onderling waar die Sweedse parlement slegs verantwoordelik was vir buitelandse sake en Sweedse binnelandse sake, en die Noorse parlement slegs vir Noorse binnelandse sake. Nobel het dus stipuleer dat die Vredesprys deur Noorweë toegeken moes word, aangesien hy gevrees het dat die verkiesingsproses negatief beïnvloed sou kon word deur 'n buitelandse moondheid. Volgens sy testament behoort die prys toegeken te word aan diegene "wat die beste of die meeste werk gedoen het vir die bevordering van broederskap tussen nasies én vir die totnietmaking of vermindering van weermagte én vir die ophou en bevordering van vredeskongresse".[1]

Anders as met die ander Nobelpryse kan die Vredesprys toegeken word aan 'n persoon of instansie wat te midde van die oplos van 'n konflik is en is dit nie nodig dat die konflik reeds opgelos moet wees nie. As gevolg daarvan lyk sommige van die toekennings vandag ietwat verdag, omdat die pogings nie blywende vrugte afgewerp het nie. Voorbeelde hiervan is die toekennings gegee aan Theodore Roosevelt, Lê Đức Thọ en Henry Kissinger; Lê Đức Thọ het die Nobelprys vir Vrede geweier omdat daar nie vrede in Viëtnam was nie. Hy is die enigste persoon ooit wat die Nobelprys vir Vrede verwerp het.[2] Voorts word die komitee ook voortdurend deur regse groepe gekritiseer omdat dit skyn dat hulle bevooroordeeld is ten gunste van pro-linkse bewegings. Die prys wat toegeken is aan Jasser Arafat dien as brandstof vir hul argument, aangesien hulle hom beskou het as 'n ondersteuner van terrorisme. Aung San Suu Kyi, wenner van die Nobelprys vir Vrede in 1991, is later vir haar stilte wyd gekritiseer toe honderdduisende inheemse Islamitiese Rohingia in 2017 deur die Mianmarese owerhede en weermag uit hul gebiede verdryf is en na Bangladesj moes vlug.[3] Abiy Ahmed, wat die Nobelprys vir Vrede in 2019 ontvang het, is hewig vir die oorlogvoering in die Noord-Ethiopiese Tigray-streek gekritiseer en van etniese suiwering beskuldig.[4]

Die Noorweegse Nobelkomitee namens die boedel van Alfred Nobel kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[5] met die Nobelprys vir Vrede tradisioneel vyfde en op 'n Vrydag. Die prys word sedert 1990 jaarliks in Oslo, Noorweë, se stadsaal toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2025 is die prys aan altesaam 112 individue en 31 organisasies toegeken.[6] Nog 19 vroue het dit gekry, meer as enige ander Nobelprys.[7]

Die 2025-Nobelprys vir Vrede is toegeken aan die Venezolaanse menseregteaktivis María Corina Machado "vir haar onvermoeide werk ter bevordering van demokratiese regte vir die mense van Venezuela en vir haar stryd om 'n regverdige en vreedsame oorgang van diktatorskap na demokrasie te bewerkstellig".[8]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9miljoen, omtrent VSA$1miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[9] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Noorse koning, tans Harald V van Noorweë, in die Oslose stadsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Vrede vanaf 1901 tot op hede.

1900's1910's1920's1930's1940's1950's1960's1970's1980's1990's2000's2010's2020's

1900's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1900's
Jaar Naam Land Beweegrede
1901[10] 👁 Image
Henry Dunant 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"vir sy rol in die stigting van die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis"[11]
👁 Image
Frédéric Passy 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
"[vir] een van die hoofstigterslede van die Interparlementêre Unie en ook die hooforganiseerder van die eerste Universele Vredeskongres te wees"[11]
1902[12] 👁 Image
Élie Ducommun 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"[vir sy rol as] die eerste ere-sekretaris van die Internasionale Vredeskantoor"[11]
👁 Image
Charles Albert Gobat "[vir sy rol as die] eerste sekretaris-generaal van die Interparlementêre Unie"[11]
1903[13] 👁 Image
Randal Cremer 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"[vir sy rol as] die 'eerste vader' van die Interparlementêre Unie"[11]
1904[14] 👁 Image
Institut de Droit International 👁 Vlag van België
België
"vir sy pogings as 'n nieamptelike liggaam om die algemene beginsels van die wetenskap van die internasionale reg te formuleer"[11]
1905[15] 👁 Image
Bertha von Suttner 👁 Vlag van Oostenryk-Hongarye
Oostenryk-Hongarye
"vir die skryf van Lay Down Your Arms en by te dra tot die skepping van die prys"[11]
1906[16] 👁 Image
Theodore Roosevelt 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"[vir] sy suksesvolle bemiddeling om die Russies-Japannese oorlog te beëindig en vir sy belangstelling in arbitrasie, nadat hy die Haagse arbitrasiehof voorsien het met sy heel eerste geval"[11]
1907[17] 👁 Image
Ernesto Teodoro Moneta 👁 Vlag van Italië
Italië
"[vir sy werk as 'n] sleutelleier van die Italiaanse vredesbeweging"[11]
👁 Image
Louis Renault 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
"[vir sy werk as 'n] voorste Franse internasionale juris en 'n lid van die permanente hof van arbitrasie in Den Haag"[11]
1908[18] 👁 Image
Klas Pontus Arnoldson 👁 Vlag van Swede
Swede
"[vir sy werk as] stigter van die Sweedse Vredes- en Arbitrasieliga"[11]
👁 Image
Fredrik Bajer 👁 Vlag van Denemarke
Denemarke
"[vir synde] die voorste vredesvoorsitter in Skandinawië, wat werk in die Interparlementêre Unie kombineer het met die eerste president van die Internasionale Vredeskantoor"[11]
1909[19] 👁 Image
Auguste Beernaert 👁 Vlag van België
België
"[om 'n] verteenwoordiger te wees vir die twee Haagse konferensies en 'n leidende figuur in die Interparlementêre Unie"[11]
👁 Image
Paul-Henri-Benjamin d'Estournelles de Constant 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
"[vir] gekombineerde diplomatieke werk ten doeleinde vir 'n Frans-Duitse en 'n Frans-Britse begrip met 'n vooraanstaande loopbaan in internasionale arbitrasie"[11]

1910's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1910's
Jaar Naam Land Beweegrede
1910[20] 👁 Image
International Peace Bureau 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"[om te handel] as 'n skakel tussen die vredesgemeenskappe van die verskillende lande"[11]
1911[21] 👁 Image
Tobias Asser 👁 Vlag van Nederland
Nederland
"[om 'n lid] te wees van die Hof van Arbitrasie sowel as die inisieerder van die Konferensies oor Internasionale Privaatreg"[11]
👁 Image
Alfred Hermann Fried 👁 Vlag van Oostenryk-Hongarye
Oostenryk-Hongarye
"[vir sy werk as] stigter van die Duitse Vredesvereniging"[11]
1912[22] 👁 Image
Elihu Root 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir sy sterk belangstelling in internasionale arbitrasie en vir sy plan vir 'n wêreldhof"[11]
1913[23] 👁 Image
Henri La Fontaine 👁 Vlag van België
België
"[vir sy werk as] hoof van die Internasionale Vredeskantoor"[11]
1917[24] 👁 Image
Internasionale Komitee van die Rooi Kruis 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"vir die uitvoering van die geweldige taak om die regte van die vele krygsgevangenes aan alle kante van die Eerste Wêreldoorlog te beskerm, insluitend hul reg om kontak met hul gesinne te vestig"[11]
1919[25] 👁 Image
Woodrow Wilson 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir sy belangrike rol in die stigting van die Volkebond"[11]

1920's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1920's
Jaar Naam Land Beweegrede
1920[26] 👁 Image
Léon Bourgeois 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
"[vir sy deelname] aan beide die Haagse konferensies van 1899 en 1907 "en vir sy werk na" wat die bond tot so 'n mate geword het dat hy dikwels sy "geestelike vader" genoem word"[11]
1921[27] 👁 Image
Hjalmar Branting 👁 Vlag van Swede
Swede
"vir sy werk in die Volkebond"[11]
👁 Image
Christian Lange 👁 Vlag van Noorweë
Noorweë
"[vir sy werk as] die eerste sekretaris van die Noorse Nobelkomitee" en "die sekretaris-generaal van die Interparlementêre Unie"[11]
1922[28] 👁 Image
Fridtjof Nansen "[vir] sy werk in die ondersteuning van die miljoene in Rusland wat sukkel teen hongersnood" en "sy werk vir die vlugtelinge van Klein-Asië en Thrakië"[11]
1925[29] 👁 Image
Austen Chamberlain 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"vir sy werk aan die Locarno-verdrae"[11]
👁 Image
Charles G. Dawes 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"[vir sy werk] aan die Dawes-plan vir Duitse herstelwerk wat gesien is as die ekonomiese grondslag van die Locarno-verdrag van 1925"[11]
1926[30] 👁 Image
Aristide Briand 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
"vir hul werk aan die Locarno-verdrae"[11]
👁 Image
Gustav Stresemann 👁 Vlag van Republiek van Weimar
Republiek van Weimar
1927[31] 👁 Image
Ferdinand Buisson 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
"[vir] bydraes tot die Frans-Duitse bevolkingsversoening"[11]
👁 Image
Ludwig Quidde 👁 Vlag van Republiek van Weimar
Republiek van Weimar
1929[32] 👁 Image
Frank B. Kellogg 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir die Kellogg-Briand-verdrag, wie se ondertekenaars ingestem het om alle konflikte met vreedsame middele te vestig en die oorlog as 'n instrument van nasionale beleid te verwerp"[11]

1930's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1930's
Jaar Naam Land Beweegrede
1930[33] 👁 Image
Nathan Söderblom 👁 Vlag van Swede
Swede
"vir sy pogings om die kerke nie net in die werk van ekumeniese eenheid te betrek nie, maar ook vir wêreldvrede"[11]
1931[34] 👁 Image
Jane Addams 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir haar maatskaplike hervormingswerk" en "leiding van die Vroue se Internasionale Liga vir Vrede en Vryheid"[11]
👁 Image
Nicholas Murray Butler "vir sy bevordering van die Briand-Kellogg-verdrag" en vir sy werk as die "leier van die meer vestigingsgerigte deel van die Amerikaanse vredesbeweging"[11]
1933[35] 👁 Image
Norman Angell 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"vir die skryfwerk aan The Great Illusion en vir 'n "ondersteuner van die Volkebond, sowel as 'n invloedryke publisiteit [en] opvoeder vir vrede in die algemeen te wees"[11]
1934[36] 👁 Image
Arthur Henderson "vir sy werk by die bond, veral sy pogings van ontwapening"[11]
1935[37] 👁 Image
Carl von Ossietzky 👁 Vlag van Nazi-Duitsland
Nazi-Duitsland
"[vir sy] stryd teen Duitsland se herwapening"[11]
1936[38] 👁 Image
Carlos Saavedra Lamas 👁 Vlag van Argentinië
Argentinië
"vir sy bemiddeling van 'n einde aan die Chaco-oorlog tussen Paraguay en Bolivië"[11]
1937[39] 👁 Image
Robert Cecil 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"vir sy werk by die Volkebond"[11]
1938[40] 👁 Image
Nansen se Internasionale Kantoor vir Vlugtelinge 👁 Image
Volkebond
"vir sy werk om vlugtelinge te help"[11]

1940's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1940's
Jaar Naam Land Beweegrede
1944[41] 👁 Image
Internasionale Komitee van die Rooi Kruis 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"vir die groot werk wat dit tydens die Tweede Wêreldoorlog vir die mensdom gedoen het"[11]
1945[42] 👁 Image
Cordell Hull 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir sy stryd teen isolasie in die huis, sy pogings om 'n vredesblok van state op die Amerikaanse vasteland te skep en sy werk vir die Verenigde Nasies"[11]
1946[43] 👁 Image
Emily Greene Balch "voorheen professor in geskiedenis en sosiologie; internasionale erepresident, Vroue se Internasionale Liga vir Vrede en Vryheid"[11]
👁 Image
John Mott "voorsitter, Internasionale Sendingraad; president, World Alliance of Young Men's Christian Associations"[11]
1947[44] 👁 Image
Quaker Peace and Social Witness 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"deernis vir ander en die begeerte om hulle te help"[11]
American Friends Service Committee 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
1949[45] 👁 Image
John Boyd Orr 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"dokter; voedingspolitikus; prominente organiseerder en direkteur, algemene voedsel- en landbou-organisasie; president, Nasionale Vredesraad en Wêreldunie van Vredesorganisasies"[11]

1950's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1950's
Jaar Naam Land Beweegrede
1950[46] 👁 Image
Ralph Bunche 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"professor, Harvard-universiteit Cambridge, MA; direkteur, afdeling van voogdyraad, VN; Waarnemende bemiddelaar in Palestina, 1948"[11]
1951[47] 👁 Image
Léon Jouhaux 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
"voorsitter van die Internasionale Komitee van die Europese Raad, adjunkpresident van die Internasionale Konfederasie van Vrye Vakbonde, adjunkpresident van die Wêreldfederasie van Vakbonde, lid van die IAO-raad, afgevaardigde van die Verenigde Nasies"[11]
1952[48] 👁 Image
Albert Schweitzer "sending chirurg; stigter van Lambarene (Republiek Gaboen)"[11]
1953[49] 👁 Image
George Marshall 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"algemene president van die Amerikaanse Rooi Kruis; voormalige staatsekretaris vir verdediging; afgevaardigde van die Verenigde Nasies; skepper van die Marshall-plan"[11]
1954[50] 👁 Image
Office of the United Nations High Commissioner for Refugees 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
"'n Internasionale hulporganisasie gestig deur die Verenigde Nasies in 1951"[11]
1957[51] 👁 Image
Lester B. Pearson 👁 Vlag van Kanada
Kanada
"voormalige minister van buitelandse sake van Kanada; voormalige president van die sewende sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies"; "vir sy rol om die Suez-konflik te beëindig en die Midde-Oosterse vraag deur die Verenigde Nasies te probeer oplos"[11]
1958[52] 👁 Image
Dominique Pire 👁 Vlag van België
België
"vader in die Dominikaanse Orde; leier van die verligtingsorganisasie vir vlugtelinge L'Europe du Coeur au Service du Monde"[11]
1959[53] 👁 Image
Philip Noel-Baker 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"lid van die parlement; lewenslange vurige werker vir internasionale vrede en samewerking"[11]

1960's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1960's
Jaar Naam Land Beweegrede
1960[54] 👁 Image
Albert Luthuli 👁 Vlag van Suid-Afrika
Suid-Afrika
"President van die African National Congress"; "was in die baie voorpunt van die stryd teen apartheid in Suid-Afrika"[11]
1961[55] 👁 Image
Dag Hammarskjöld 👁 Vlag van Swede
Swede
"sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies"; toegeken "vir die bevordering van die organisasie"[11]
1962[56] 👁 Image
Linus Pauling 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir sy veldtog teen die toetsing van kernwapens"[11]
1963[57] 👁 Image
Internasionale Komitee van die Rooi Kruis 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"vir hul werk in die beskerming van menseregte in die 100 jaar se bestaan van die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis"[11]
👁 Image
Internasionale Federasie van Rooi Kruis en Rooi Halfmaan-genootskappe
1964[58] 👁 Image
Martin Luther King jr. 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
Kampvegter vir burgerregte; eerste persoon in die Westerse wêreld wat ons gewys het dat 'n stryd sonder geweld gevoer kan word"; King het sy tyd spandeer in verskeie gebiede van die burgerregtebeweging; van gelyke opvoeding tot ekonomiese ontkenning van minderhede. King het ook die Mars op Washington georganiseer, waar hy sy beroemde I Have a Dream-toespraak gelewer het.[11]
1965[59] 👁 Image
UNICEF 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
"'n Internasionale hulporganisasie"[11]
1968[60] 👁 Image
René Cassin 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
"Voorsitter van die Europese Hof vir Menseregte"[11]
1969[61] 👁 Image
Internasionale Arbeidsorganisasie 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
[11]

1970's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1970's
Jaar Naam Land Beweegrede
1970[62] 👁 Image
Norman Borlaug 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"Internasionale Mielie- en Koringverbeteringsentrum"; "vir sy bydraes tot die 'groen rewolusie' wat so 'n impak gehad het op voedselproduksie veral in Asië en Latyns-Amerika"[11]
1971[63] 👁 Image
Willy Brandt 👁 Vlag van Wes-Duitsland
Wes-Duitsland
"Kanselier van die Bondsrepubliek Duitsland"; "vir Wes-Duitsland se Ostpolitik"[11]
1973[64] 👁 Image
Henry Kissinger 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir die Parys-ooreenkoms van 1973 ten doeleinde van 'n wapenstilstand in die Viëtnamoorlog en 'n onttrekking van die Amerikaanse Gewapende Magte"[11]
👁 Image
Lê Đức Thọ
(wys die prys van die hand)
👁 Vlag van Noord-Viëtnam
Noord-Viëtnam
1974[65] 👁 Image
Seán MacBride 👁 Flag of Ireland
Ierland
"President van die Internasionale Vredeskantoor; President van die Kommissie van Namibië; vir sy sterk belangstelling in menseregte: Die Europese Konvensie vir Menseregte deur die Raad van Europa, die bevordering van bevindings en die leiding van Amnestie Internasionaal en as sekretaris-generaal van die Internasionale Kommissie van Juriste"[11]
👁 Image
Eisaku Satō 👁 Vlag van Japan
Japan
"Erste minister van Japan"; "vir sy afstanddoening van die kernopsie vir Japan en sy pogings om streeksversoening te bevorder"[11]
1975[66] 👁 Image
Andrei Sacharof 👁 Vlag van Sowjetunie
Sowjetunie
"[vir sy] stryd vir menseregte, ontwapening en samewerking tussen alle nasies"[11]
1976[67] 👁 Image
Betty Williams 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"stigters van die Vredesbeweging in Noord-Ierland (later hernoem tot die Vredesgemeenskap)"[11]
👁 Image
Mairead Corrigan
1977[68] 👁 Image
Amnestie Internasionaal "[vir] die beskerming van die menseregte van gewete gevangenes"[11]
1978[69] 👁 Image
Anwar Sadat 👁 Vlag van Egipte
Egipte
"vir die Camp David-ooreenkoms, wat 'n onderhandelde vrede tussen Egipte en Israel tot stand gebring het"[11]
👁 Image
Menachem Begin 👁 Vlag van Israel
Israel
1979[70] 👁 Image
Moeder Teresa 👁 Vlag van Indië
Indië
"stigter van Sendelinge van Liefdadigheid"[11]

1980's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1980's
Jaar Naam Land Beweegrede
1980[71] 👁 Image
Adolfo Pérez Esquivel 👁 Vlag van Argentinië
Argentinië
"Menseregteleier"; "het niegewelddadige menseregte-organisasies gestig om die militêre junta te beveg wat sy land (Argentinië) regeer het."[11]
1981[72] 👁 Image
Office of the United Nations High Commissioner for Refugees 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
"'n Internasionale hulporganisasie gestig deur die Verenigde Nasies in 1951"[11]
1982[73] 👁 Image
Alva Myrdal 👁 Vlag van Swede
Swede
"[vir] hul pragtige werk in die ontwapeningsonderhandelinge van die Verenigde Nasies, waar hulle albei 'n belangrike rol gespeel en internasionale erkenning gewen het"[11]
👁 Image
Alfonso García Robles 👁 Vlag van Meksiko
Meksiko
1983[74] 👁 Image
Lech Wałęsa 👁 Vlag van Pole
Pole
"stigter van Solidarność; kampvegter vir menseregte"[11]
1984[75] 👁 Image
Desmond Tutu 👁 Vlag van Suid-Afrika
Suid-Afrika
"... as 'n verenigende leiersfiguur in die veldtog om die probleem van apartheid in Suid-Afrika op te los. … Deur die toekenning van vanjaar se Vredesprys wil die Komitee aandag gee aan die niegewelddadige bevrydingstryd waartoe Desmond Tutu behoort, 'n stryd waarin swart en wit Suid-Afrikaners verenig is om hul land uit konflik en krisis te bring"[11]
1985[76] 👁 Image
International Physicians for the Prevention of Nuclear War 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir gesaghebbende inligting en deur bewustheid te skep van die katastrofiese gevolge van Kernoorlog. Die komitee glo dat dit op sy beurt bydra tot 'n toename in die druk van openbare opposisie teen die verspreiding van kernwapens en die herdefiniëring van prioriteite, met meer aandag wat betaal word aan gesondheid en ander humanitêre sake"[11]
1986[77] 👁 Image
Elie Wiesel "Voorsitter van die President se Kommissie oor die Holocaust"[11]
1987[78] 👁 Image
Óscar Arias 👁 Vlag van Costa Rica
Costa Rica
"vir sy werk vir vrede in Sentraal-Amerika, pogings wat gelei het tot die ooreenkoms wat op 7 Augustus vanjaar in Guatemala onderteken is"[11]
1988[79] 👁 Image
Verenigde Nasies se vredesbewaring 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
"[vir] hul pogings [wat] belangrike bydraes gelewer het tot die verwesenliking van een van die fundamentele beginsels van die Verenigde Nasies"[11]
1989[80] 👁 Image
Tenzin Gyatso, 14de Dalai Lama 👁 Vlag van Indië
Indië
"In sy stryd vir die bevryding van Tibet het hy konsekwent die gebruik van geweld verwerp. Hy het eerder vreedsame oplossings voorgestel wat gebaseer is op verdraagsaamheid en wedersydse respek ten doeleinde om die historiese en kulturele erfenis van sy mense te bewaar"[11]

1990's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 1990's
Jaar Naam Land Beweegrede
1990[81] 👁 Image
Michail Gorbatsjof 👁 Vlag van Sowjetunie
Sowjetunie
"Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie en president van die Sowjetunie"; "vir sy hoofrol in die vredesproses wat vandag belangrike dele van die internasionale gemeenskap kenmerk"[11]
1991[82] 👁 Image
Aung San Suu Kyi 👁 Vlag van Mianmar
Mianmar
"vir haar niegewelddadige stryd vir demokrasie en menseregte"[11]
1992[83] 👁 Image
Rigoberta Menchú 👁 Vlag van Guatemala
Guatemala
"vir haar werk vir sosiale geregtigheid en etno-kulturele versoening gebaseer op respek vir die regte van inheemse volke"[11]
1993[84] 👁 Image
Nelson Mandela 👁 Vlag van Suid-Afrika
Suid-Afrika
"vir hul werk vir die vreedsame beëindiging van die apartheidsregering en vir die grondslag van 'n nuwe demokratiese Suid-Afrika"[11]
👁 Image
Frederik Willem de Klerk
1994[85] 👁 Image
Jasser Arafat 👁 Palestinian flag
Palestynse Owerheid
"om 'n politieke daad te eerbiedig wat aan beide kante groot moed aanroep en wat geleenthede vir 'n nuwe ontwikkeling vir broederskap in die Midde-Ooste oopgemaak het"[11]
👁 Image
Yitzhak Rabin 👁 Vlag van Israel
Israel
👁 Image
Shimon Peres
1995[86] 👁 Image
Joseph Rotblat 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
"vir hul pogings om die deel wat kernwapens in die internasionale politiek speel te verminder en om in die langer termyn sulke wapens uit te skakel"[11]
👁 Image
Pugwash Conferences on Science and World Affairs 👁 Vlag van Kanada
Kanada
1996[87] 👁 Image
Carlos Filipe Ximenes Belo 👁 Vlag van Oos-Timor
Oos-Timor
"vir hul werk na 'n regverdige en vreedsame oplossing vir die konflik in Oos-Timor"[11]
👁 Image
José Ramos-Horta
1997[88] 👁 Image
International Campaign to Ban Landmines 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"vir hul werk vir die verbod en skoonmaak van anti-personeelmyne"[11]
👁 Image
Jody Williams 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
1998[89] 👁 Image
John Hume 👁 Flag of Ireland
Ierland
"vir hul pogings om 'n vreedsame oplossing vir die konflik in Noord-Ierland te vind"[11]
👁 Image
David Trimble 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
1999[90] 👁 Image
Médecins Sans Frontières 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"ter erkenning van die organisasie se baanbrekende humanitêre werk op verskeie vastelande"[11]

2000's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 2000's
Jaar Naam Land Beweegrede
2000[91] 👁 Image
Kim Dae-jung 👁 Vlag van Suid-Korea
Suid-Korea
"vir sy werk vir demokrasie en menseregte in Suid-Korea en in Oos-Asië in die algemeen en vir vrede en versoening met Noord-Korea in die besonder"
2001[92] 👁 Image
Verenigde Nasies 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
"vir hul werk vir 'n beter georganiseerde en meer vreedsame wêreld"
👁 Image
Kofi Annan 👁 Vlag van Ghana
Ghana
2002[93] 👁 Image
Jimmy Carter 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir sy dekades van onvermoeide poging om vreedsame oplossings vir internasionale konflikte te vind, om demokrasie en menseregte asook ekonomiese en sosiale ontwikkeling te bevorder"
2003[94] 👁 Image
Shirin Ebadi 👁 Vlag van Iran
Iran
"vir haar pogings vir demokrasie en menseregte. Sy het veral gefokus op die stryd vir vroue- en kinderregte"
2004[95] 👁 Image
Wangari Maathai 👁 Vlag van Kenia
Kenia
"vir haar bydrae tot volhoubare ontwikkeling, demokrasie en vrede"
2005[96] 👁 Image
Internasionale Atoomenergie-Agentskap 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
"vir hul pogings om te voorkom dat kernenergie vir militêre doeleindes gebruik word en om te verseker dat kernenergie vir vreedsame doeleindes op die veiligste moontlike manier gebruik word"
👁 Image
Mohammed el-Baradei 👁 Vlag van Egipte
Egipte
2006[97] 👁 Image
Muhammad Yunus 👁 Vlag van Bangladesj
Bangladesj
"vir die bevordering van ekonomiese en sosiale geleenthede vir armes, veral vroue, deur hul baanbrekende kredietwerk"
👁 Image
Grameen Bank
2007[98] 👁 Image
Interregeringspaneel oor klimaatverandering 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
"vir hul pogings om meer kennis oor mensgemaakte klimaatverandering op te bou en te versprei en om die grondslag te lê vir die maatreëls wat nodig is om sulke veranderinge teen te werk"
👁 Image
Al Gore 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
2008[99] 👁 Image
Martti Ahtisaari 👁 Vlag van Finland
Finland
"vir sy pogings op verskeie vastelande en meer as drie dekades om internasionale konflikte op te los"
2009[100] 👁 Image
Barack Obama 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
"vir sy buitengewone pogings om internasionale diplomasie en samewerking tussen mense te bevorder"

2010's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 2010's
Jaar Naam Land Beweegrede
2010[101] 👁 Image
Liu Xiaobo 👁 Vlag van die Volksrepubliek China
Volksrepubliek China
"vir sy lang en niegewelddadige stryd vir fundamentele menseregte in China"
2011[102] 👁 Image
Ellen Johnson Sirleaf 👁 Vlag van Liberië
Liberië
"vir hul niegewelddadige stryd vir die veiligheid van vroue en vir vroueregte tot volle deelname in vrede-bouwerk"
👁 Image
Leymah Gbowee
👁 Image
Tawakkol Karman 👁 Vlag van Jemen
Jemen
2012[103] 👁 Image
Europese Unie 👁 Flag of Europe
Europese Unie
"vir meer as ses dekades se bydrae tot die bevordering van vrede en versoening, demokrasie en menseregte in Europa"
2013[104] 👁 Image
Organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens Internasionaal "vir sy uitgebreide pogings om chemiese wapens uit te skakel"
2014[105] 👁 Image
Kailash Satyarthi 👁 Vlag van Indië
Indië
"vir hul stryd teen die onderdrukking van kinders en jongmense en vir die reg van alle kinders tot onderwys"
👁 Image
Malala Yousafzai 👁 Vlag van Pakistan
Pakistan
2015[106] 👁 Image
Tunisiese Nasionale Dialoogkwartet 👁 Vlag van Tunisië
Tunisië
"vir sy beslissende bydrae tot die bou van 'n pluralistiese demokrasie in Tunisië in die nasleep van die Jasmine-rewolusie van 2011"
2016[107] 👁 Image
Juan Manuel Santos 👁 Vlag van Colombia
Colombia
"vir sy vasberade pogings om die land se meer as 50 jaar lange burgeroorlog tot 'n einde te bring, 'n oorlog wat die lewens van minstens 220000 Colombiane geëis en nagenoeg ses miljoen mense verplaas het."
2017[108] 👁 Image
Internasionale veldtog vir die afskaffing van kernwapens 👁 Vlag van Switserland
Switserland
"vir sy werk om die aandag te vestig op die katastrofale humanitêre gevolge van enige gebruik van kernwapens en vir sy baanbrekende pogings om 'n verbod op sodanige wapens op grond van verdrae te bereik"
2018[109] 👁 Image
Denis Mukwege 👁 Flag of the Democratic Republic of the Congo
Demokratiese Republiek die Kongo
"vir hul pogings om die gebruik van seksuele geweld as 'n wapen van oorlog en gewapende konflik te beëindig"
👁 Image
Nadia Murad 👁 Vlag van Irak
Irak
2019[110] 👁 Image
Abiy Ahmed 👁 Vlag van Ethiopië
Ethiopië
"vir sy pogings om vrede en internasionale samewerking te bewerkstellig, en veral vir sy beslissende inisiatief om die grenskonflik met die buurland Eritrea op te los."

2020's

[wysig | wysig bron]
Nobelprys vir Vrede, 2020's
Jaar Naam Land Beweegrede
2020[111] 👁 Image
Wêreldvoedselprogram 👁 Flag of the United Nations
Verenigde Nasies
"vir sy pogings om honger te bekamp, vir sy bydrae tot die verbetering van toestande vir vrede in konflikgeteisterde gebiede en sy optrede as 'n dryfveer in pogings om die gebruik van honger as 'n wapen van oorlog en konflik te voorkom."
2021[112] 👁 Image
Maria Ressa 👁 Vlag van Filippyne
Filippyne
"vir hul pogings om vryheid van uitdrukking te beskerm, wat 'n voorwaarde is vir demokrasie en blywende vrede."
👁 Image
Dmitri Moeratof 👁 Vlag van Rusland
Rusland
2022[113] 👁 Image
Ales Bialiatski 👁 Vlag van Belarus
Belarus
"vir die bevordering van die reg om mag te kritiseer en die fundamentele regte van burgers te beskerm en 'n uitstaande poging aan te wend om oorlogsmisdade, menseregtevergrype en die misbruik van mag te dokumenteer"
👁 Image
Memorial 👁 Vlag van Rusland
Rusland
👁 Image
Sentrum vir Burgerlike Vryhede 👁 Vlag van Oekraïne
Oekraïne
2023[114] 👁 Image
Narges Mohammadi 👁 Vlag van Iran
Iran
"vir haar stryd teen die onderdrukking van vroue in Iran en om menseregte en vryheid vir almal te bevorder"
2024[115] 👁 Image
Nihon Hidankyo 👁 Vlag van Japan
Japan
"vir hul pogings om 'n wêreld vry van kernwapens te bewerkstellig en vir die demonstrasie deur middel getuieverklarings dat kernwapens nooit weer gebruik mag word nie"
2025[8] 👁 Image
María Corina Machado 👁 Vlag van Venezuela
Venezuela
"vir haar onvermoeide werk ter bevordering van demokratiese regte vir die mense van Venezuela en vir haar stryd om 'n regverdige en vreedsame oorgang van diktatorskap na demokrasie te bewerkstellig"

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Nobel Peace Prize", The Oxford Dictionary of Twentieth Century World History
  2. (en) Lily Rothman (9 Oktober 2015). "Why a Nobel Peace Prize Was Once Rejected". Time. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2018. Besoek op 12 Oktober 2018.
  3. (en) Taub, Amanda; Fisher, Max (31 Oktober 2017). "Did the World Get Aung San Suu Kyi Wrong?". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2020. Besoek op 10 Oktober 2025 via NYTimes.com.
  4. (en) Kjetil Tronvoll (7 Junie 2021). "The Nobel committee should resign over the atrocities in Tigray". The Guardian. Besoek op 10 Oktober 2025.
  5. (en) "Nomination and selection of Peace Prize Laureates". Nobelprize.org. Nobel Media 2025. 10 Oktober 2025. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  6. (en) "All Nobel Peace Prizes". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  7. (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2025. 10 Oktober 2025. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 10 Oktober 2025.
  8. 1 2 (en) "The Nobel Peace Prize 2025". Besoek op 10 Oktober 2025.
  9. (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 10 Oktober 2025.
  10. (en) "The Nobel Peace Prize 1901". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  11. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 (en) Lundestad, Geir (15 Maart 2001). "The Nobel Peace Prize, 1901–2000". Nobel Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  12. (en) "The Nobel Peace Prize 1902". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  13. (en) "The Nobel Peace Prize 1903". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  14. (en) "The Nobel Peace Prize 1904". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  15. (en) "The Nobel Peace Prize 1905". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  16. (en) "The Nobel Peace Prize 1906". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  17. (en) "The Nobel Peace Prize 1907". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  18. (en) "The Nobel Peace Prize 1908". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  19. (en) "The Nobel Peace Prize 1909". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  20. (en) "The Nobel Peace Prize 1910". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  21. (en) "The Nobel Peace Prize 1911". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  22. (en) "The Nobel Peace Prize 1912". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  23. (en) "The Nobel Peace Prize 1913". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  24. (en) "The Nobel Peace Prize 1917". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  25. (en) "The Nobel Peace Prize 1919". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  26. (en) "The Nobel Peace Prize 1920". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  27. (en) "The Nobel Peace Prize 1921". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  28. (en) "The Nobel Peace Prize 1922". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  29. (en) "The Nobel Peace Prize 1925". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  30. (en) "The Nobel Peace Prize 1926". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  31. (en) "The Nobel Peace Prize 1927". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  32. (en) "The Nobel Peace Prize 1929". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  33. (en) "The Nobel Peace Prize 1930". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  34. (en) "The Nobel Peace Prize 1931". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  35. (en) "The Nobel Peace Prize 1933". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  36. (en) "The Nobel Peace Prize 1934". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  37. (en) "The Nobel Peace Prize 1935". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  38. (en) "The Nobel Peace Prize 1936". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  39. (en) "The Nobel Peace Prize 1937". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  40. (en) "The Nobel Peace Prize 1938". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2019. Besoek op 10 Oktober 2025.
  41. (en) "The Nobel Peace Prize 1944". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  42. (en) "The Nobel Peace Prize 1945". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 10 Oktober 2025.
  43. (en) "The Nobel Peace Prize 1946". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  44. (en) "The Nobel Peace Prize 1947". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  45. (en) "The Nobel Peace Prize 1949". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  46. (en) "The Nobel Peace Prize 1950". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  47. (en) "The Nobel Peace Prize 1951". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  48. (en) "The Nobel Peace Prize 1952". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  49. (en) "The Nobel Peace Prize 1953". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  50. (en) "The Nobel Peace Prize 1954". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  51. (en) "The Nobel Peace Prize 1957". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  52. (en) "The Nobel Peace Prize 1958". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  53. (en) "The Nobel Peace Prize 1959". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  54. (en) "The Nobel Peace Prize 1960". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  55. (en) "The Nobel Peace Prize 1961". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  56. (en) "The Nobel Peace Prize 1962". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  57. (en) "The Nobel Peace Prize 1963". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  58. (en) "The Nobel Peace Prize 1964". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  59. (en) "The Nobel Peace Prize 1965". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  60. (en) "The Nobel Peace Prize 1968". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  61. (en) "The Nobel Peace Prize 1969". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  62. (en) "The Nobel Peace Prize 1970". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  63. (en) "The Nobel Peace Prize 1971". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  64. (en) "The Nobel Peace Prize 1973". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  65. (en) "The Nobel Peace Prize 1974". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  66. (en) "The Nobel Peace Prize 1975". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  67. (en) "The Nobel Peace Prize 1976". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  68. (en) "The Nobel Peace Prize 1977". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  69. (en) "The Nobel Peace Prize 1978". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  70. (en) "The Nobel Peace Prize 1979". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  71. (en) "The Nobel Peace Prize 1980". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  72. (en) "The Nobel Peace Prize 1981". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  73. (en) "The Nobel Peace Prize 1982". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  74. (en) "The Nobel Peace Prize 1983". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  75. (en) "The Nobel Peace Prize 1984". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  76. (en) "The Nobel Peace Prize 1985". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  77. (en) "The Nobel Peace Prize 1986". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  78. (en) "The Nobel Peace Prize 1987". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  79. (en) "The Nobel Peace Prize 1988". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  80. (en) "The Nobel Peace Prize 1989". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  81. (en) "The Nobel Peace Prize 1990". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  82. (en) "The Nobel Peace Prize 1991". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2019. Besoek op 10 Oktober 2025.
  83. (en) "The Nobel Peace Prize 1992". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  84. (en) "The Nobel Peace Prize 1993". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  85. (en) "The Nobel Peace Prize 1994". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  86. (en) "The Nobel Peace Prize 1995". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  87. (en) "The Nobel Peace Prize 1996". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2019. Besoek op 10 Oktober 2025.
  88. (en) "The Nobel Peace Prize 1997". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  89. (en) "The Nobel Peace Prize 1998". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  90. (en) "The Nobel Peace Prize 1999". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  91. (en) "The Nobel Peace Prize 2000". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  92. (en) "The Nobel Peace Prize 2001". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  93. (en) "The Nobel Peace Prize 2002". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  94. (en) "The Nobel Peace Prize 2003". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  95. (en) "The Nobel Peace Prize 2004". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  96. (en) "The Nobel Peace Prize 2005". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  97. (en) "The Nobel Peace Prize 2006". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  98. (en) "The Nobel Peace Prize 2007". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  99. (en) "The Nobel Peace Prize 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  100. (en) "The Nobel Peace Prize 2009". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  101. (en) "The Nobel Peace Prize 2010". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  102. (en) "The Nobel Peace Prize 2011". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  103. (en) "The Nobel Peace Prize 2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  104. (en) "The Nobel Peace Prize 2013". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2019. Besoek op 10 Oktober 2025.
  105. (en) "The Nobel Peace Prize 2014". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  106. (en) "The Nobel Peace Prize 2015". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  107. (en) "The Nobel Peace Prize 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  108. (en) "The Nobel Peace Prize 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  109. (en) "The Nobel Peace Prize 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  110. (en) "The Nobel Peace Prize 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 10 Oktober 2025.
  111. (en) "The Nobel Peace Prize 2020". Besoek op 10 Oktober 2025.
  112. (en) "The Nobel Peace Prize 2021". Besoek op 10 Oktober 2025.
  113. (en) "The Nobel Peace Prize 2022". Besoek op 10 Oktober 2025.
  114. (en) "The Nobel Peace Prize 2023". Besoek op 10 Oktober 2025.
  115. (en) "The Nobel Peace Prize 2024". Besoek op 10 Oktober 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]