VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Pampoen

⇱ Pampoen - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
👁 Image
Pampoene in 'n tuin
👁 Image
Verskeie groot pampoene
👁 Image
'n Pampoenblom aan 'n stingel
👁 Image
Pampoenpitte (verouder)

Pampoen verwys na sekere kultivars van skorsies, mees algemeen dié van Cucurbita pepo, wat rondom 'n gladde, effens geriffelde, skil het en diep geel tot oranje gekleur is. Die dik dop bevat die sade en pulp. Sommige buitengewoon groot kultivars van skorsies met 'n soortgelyke voorkoms is ook afgelei van Cucurbita maxima. Spesifieke kultivars van die winterskorsies is afgelei van ander spesies, insluitend C. argyrosperma en C. moschata, word ook soms "pampoen" genoem. In Nieu-Seeland en Australië verwys die term "pampoen" in die algemeen na die breër kategorie wat winterskorsies elders genoem word.

Pampoene, soos ander skorsies, is inheems aan Noord-Amerika. Pampoene word wyd gekweek vir kommersiële gebruik. Pampoenpastei is 'n tradisionele deel van dankseggingsetes in die Verenigde State van Amerika. Kommersieel geblikte pampoen puree en pampoen pasteivulsels word gewoonlik gemaak van verskillende soorte van die winterskorsies. Pampoene word dikwels uitgehol as Jack o'lanterns vir versiering rondom Halloween.


Voedingswaarde per 100g
Energie 30 kcal 110 kJ
Koolhidrate 6.5 g
- Suikers 2.76 g
- Dieetvesel 0.5 g
Vette0.1 g
Proteien 1 g
Vitamien A gelyk. 426 μg47%
- β-karoteen 3100 μg29%
Tiamien (Vit. B1) 0.05 mg 4%
Riboflavien (Vit. B2) 0.11 mg 7%
Niasien (Vit. B3) 0.6 mg 4%
Pantoteensuur (B5) 0.298 mg 6%
Vitamien B6 0.061 mg5%
Folate (Vit. B9) 16 μg4%
Vitamien C 9 mg15%
Vitamien E 0.44 mg3%
Vitamien K 1.1 μg1%
Kalsium 21 mg2%
Yster 0.8 mg6%
Magnesium 12 mg3%
Fosfor 44 mg6%
Kalium 340 mg 7%
Natrium 1 mg0%
Sink 0.32 mg3%
Link to USDA Database entry
Persentasies is relatief tot VSA
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.