VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Silikaat

⇱ Silikaat - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

NaamSilikaat
👁 Image
👁 Image
Lys van anione

'n Silikaat is in die chemie eintlik 'n sout wat die tetraëdriese komplekse ioon SiO44- bevat ('n ortosilikaat), maar die naam silikaat word gebruik vir die volle klas verbindings wat uit tetraëdriese SiO4-eenhede opgebou is. Die ortosilikaatioon is die suurres van ortokieselsuur H4SiO4, wat 'n baie swak suur met amfotere eienskappe is. Dit word daarom dikwels ook as die basis Si(OH)4 geskryf.

Baie silikate word in die natuur as minerale gevind, maar hulle kan ook chemies in die laboratorium vervaardig word. Die mineralogiese name is nie dieselfde as die chemiese name nie.

Ortosilikate

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Die struktuur van olivien toon die tetraëdriese ione SiO44- as eilande in pienk

'n Voorbeeld van 'n ortosilikaat is sinksilikaat.

In die mineralogie word ortosilikate (die 'regte' silikate) nesosilikate genoem na die Griekse woord nêsos wat eiland beteken.

Voorbeelde van nesosilikate is olivien, sirkoon en granaat.

Sien ook

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie chemie-verwante artikel is 'n saadjie. U kan die Afrikaanse Wikipedia help deur dit uit te brei.
Silikate

Nesosilikaat -- Inosilikaat -- Sorosilikaat -- Siklosilikaat -- Tektosilikaat -- Filosilikaat

👁 Silica