VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Xenarthra

⇱ Xenarthra - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Xenarthra
Tydperk: 55–0m. jaar gelede
👁 Image
Miervreter
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Superorde:
Xenarthra

Die Xenarthra is een van vier hoofgroepe (superorde's) van vandag se plasentale soogdiere. Saam met die Afrotheria vorm hulle die Atlantogenata.

Die Xenarthra is die kleinste superorde en bevat net twee ordes. Een daarvan het twee onderordes:

  • Cingulata -- die armadillo's
  • Pilosa
    • Vermilingua -- die miervreters
    • Folivora -- die luidiere

Die Xenarthra het lank endemies aan Suid-Amerika gewees, toe dit 'n eilandkontinent gewees het. Ná die vorming van die landengte van Panama het die groep ook na Noord-Amerika uitgebrei en vandag kan steeds armadillo's in die Verenigde State aangetref word.