VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Bengaals

⇱ Bengaals - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bengale (volk).
Bengaals, Bengali
বাংলা Bangla
Uitspraak: [ˈbaŋla]
Gepraatin: 👁 Vlag van Bangladesj
Bangladesj
👁 Vlag van Indië
Indië
👁 Vlag van Nepal
Nepal
Gebied: Suid-Asië
Totalesprekers: 190 miljoen (moedertaal)
19 miljoen (tweede taal in Bangladesj)[1]
Rang: 6
Taalfamilie: Indo-Europees
Indo-Irannees
Indo-Aries
Oos-Indo-Aries
Assamees–Bengaals
Bengaals, Bengali
Skrifstelsel: Bengaalse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: 👁 Vlag van Bangladesj
Bangladesj
👁 Vlag van Indië
Indië[2]

👁 Vlag van Sierra Leone
Sierra Leone

Gereguleer deur: 👁 Vlag van Bangladesj
Bangla Academy
👁 Vlag van Indië
Paschimbanga Bangla Akademi
Taalkodes
ISO 639-1: bn
ISO 639-2: ben
ISO 639-3: ben
👁 Verspreiding van Bengaals
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Bengaals of Bengali (বাংলা, Bangla, [ˈbaŋla], luister (hulp·inligting)) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 250 miljoen mense in Bangladesj, Indië en Nepal gepraat word. Bengaals is die amptelike taal van Bangladesj, een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstate Tripura en Wes-Bengale. Bengaals is naas Hindi die tweede belangrikste inheemse taal in Indië en wêreldwyd die sesde belangrikste taal. Bengaals is nou verwant aan Assamees en word in die Bengaalse alfabet geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie.

👁 Image
Die woord "Bangla" in Bengaalse skrif
👁 Image
Bengaalssprekende gebied rondom die wêreld:

Bengaals met moedertaalsprekers beklee uitsluitlike amptelike en nasionale taal status

Bengaals met moedertaalsprekers beklee een van die amptelike tale-status

Groter diaspora van Bengaalssprekers (+100000)

Kleiner diaspora van Bengaalssprekers (+10000)

Ter herdenking van Bangladesj se 5000 soldate binne die vredesmag in Sierra Leone na die burgeroorlog het president Ahmad Tejan Kabbah Bengaals in Desember 2002 tot dié land se tweede amptelike taal naas Engels verklaar.[3][4][3]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Bengali". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
  2. (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
  3. 1 2 (en) "Sierra Leone makes Bengali official language". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2013. Besoek op 29 Desember 2002.
  4. (en) Zahurul Alam (27 Desember 2002). "Bangla Made One of The Official Languages of Sierra Leone".

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Bengaals


👁 Image
Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.