| Konkani कोंकणी Kōṅkaṇī | ||
|---|---|---|
| Uitspraak: | [kõkɳi] | |
| Gepraatin: | 👁 Vlag van Indië Indië | |
| Gebied: | Suid-Asië | |
| Totalesprekers: | 6 miljoen[1] | |
| Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Suid-Indo-Aries Marathi-Konkani Konkani | |
| Skrifstelsel: | Devanagari | |
| Amptelike status | ||
| Amptelike taal in: | 👁 Vlag van Indië Indië[2] | |
| Gereguleer deur: | geen | |
| Taalkodes | ||
| ISO 639-1: | geen | |
| ISO 639-2: | kok | |
| ISO 639-3: | kok | |
| 👁 Verspreiding van Konkani | ||
| Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | ||
Konkani (कोंकणी, Kōṅkaṇī, [kõkɳi]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 6 miljoen mense in Suidwes-Indië gepraat word, veral in die deelstaat Goa asook die aangrensende deelstate Karnataka en Maharashtra. Konkani is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Konkani word in Devanagari geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Dit is nou verwant aan Marathi en word soms as 'n dialek van dié taal beskou. Ander verwante tale sluit in Dhivehi op die Maledive en Singalees op Sri Lanka.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Konkani" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 25 Augustus 2018.
- ↑ (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 👁 Wikimedia Commons logo
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Konkani. - (en) "Konkani language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Augustus 2018.
| 👁 Image | Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei. |
