VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Dakar-tydren

⇱ Dakar-tydren - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
👁 Image
Trofee waarom meegeding word
👁 Image
'n Ondersteuningsvoertuig tydens die 2004-Dakar
👁 Image
Spore in die woestyn van Mauritanië
👁 Image
Lande waardeur die tydren al in Afrika plaasgevind het (oranje is daardie state wat slegs in die 1992 tydren na Kaapstad besoek is)
👁 Image
Die skofte van die Lissabon–Dakar 2007
👁 Image
Die skofte van die Mar del Plata–Copiapó–Lima 2012
👁 Image
Lande waardeur die tydren tussen 2009 en 2019 gejaag is, nadat dit verskuif is vanaf die vorige roete Parys-Dakar as gevolg van kommer oor veiligheid. Stede sluit in begin- en eindpunte.
👁 Image
Nissan Navara, Lissabon-Dakar 2006
👁 Image
Russiese KAMAZ – elfmalige wenner van die Dakar
👁 Image
Unimog U400L n.541 op die tweede skof van die Lissabon-Dakar 2006-tydren
👁 Image
Dakar-tydren: Wrak van die DAF FAV3600 95X2 TurboTwin wat op 9 Januarie 1988 verongeluk het in die Ténéré-kuswoestyn in die noorde van Niger, en waarin navigator Kees van Loevezijn gesterf het.

Die Dakar-tydren (voorheen bekend as die Parys-Dakar-tydren) is 'n jaarlikse tydren wat deur die Amaury Sport Organisation georganiseer word. Die tydren is oop vir amateur- en professionele jaers, maar amateurs maak gewoonlik tot 80% van jaers uit.

Die Dakar kan eerder as 'n uithourit beskou word as 'n tradisionele tydren, aangesien die landskap waaroor deelnemers jaag baie veeleisender is, terwyl die voertuie eerder ware veldvoertuie is as gemodifiseerde sedans wat in gewone veldwedrenne gebruik word. Behalwe gewone veldwerk wat die voertuie moet verrig, is bykomstige hindernisse die oorsteek van sandduine, modder, kameelgras, rotse, ensovoorts. Afstande per dag kan ook tot 'n hele paar honderd kilometers wees, wat uiterste uithouvermoë verg.

Geskiedenis en roete

[wysig | wysig bron]

Die tydren het ontstaan in 1978, 'n jaar nadat 'n jaer, Thierry Sabine, in die woestyn verdwaal het, en gedink het dit is die ideale plek vir 'n jaarlikse uithourit. Aanvanklik het die wedren jaarliks in Parys, Frankryk, begin en in Dakar, Senegal, geëindig. As gevolg van politieke en ander faktore het die begin en eindpunt egter later verskil van die oorspronklike. In die Afrika-era was die eindpunt met die uitsondering van vier tydrenne in Dakar, maar Parys was nét die beginpunt tot in 1995. Tussen 2009 en 2019 is die Dakar-tydren in Suid-Amerika aangebied. Sedert 2020 word dit in Saoedi-Arabië gejaag.[1]

Volledige lys van vorige roetes

[wysig | wysig bron]

Die tydren het voorheen (tot 2007) gewoonlik deur Marokko, Wes-Sahara en daarna na die graslande en woestyne in Mauritanië gegaan. Die gedeeltes deur Atar en die sandduine en canyons van Mauritanië se Adrar-streek was beskou as die mees uitdagende van alle veldtydrenne.

In 1992 het Hubert Auriol die Dakar in 'n sedanvoertuig gewen nadat hy voorheen die motorfietsafdeling van die kompetisie twee keer gewen het. Dit het hom die eerste jaer gemaak wat in beide die tweewiel- en vierwielafdelings geseëvier het.

Die 2008 Dakar-tydren is op 4 Januarie 2008 jammerlik gekanselleer, te midde van vrese oor moontlike terrorisaanvalle in die Sahara. Dit het bygedra tot gerugte deur koerante dat dit die einde van die tydren voorspel. Chili en Argentinië het hulle landgebied aangebied om die ren te huisves, asook Tsjeggië.

Tussen 2009 en 2019 is die Dakar-tydren jaarliks in Suid-Amerika gehou. Sedert 2020 word die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië gehou.

Voertuie en klasse

[wysig | wysig bron]

Die drie vernaamste kompetisieklasse in die Dakar-tydren is motorfietse, sedan motorvoertuie (enige iets van strand-knortjorre ("beach buggies") tot vragmotors) en groot vragmotors. Baie voertuigvervaardigers gebruik die uiterste omstandighede van die tydren om voertuie te toets en die uithouvermoë van hul voertuie ten toon te stel.

Oorspronklik het Europese veeldoeligheidsvoertuie soos die Land Rover, die Range Rover, die Mercedes-Benz G, en die Pinzgauer, sowel as die Japannese Toyota Land Cruiser, die tydren oorheers. Ander vervaardigers het gemodifiseerde stadsvoertuie soos die Rolls-Royce, Citroën, Peugeot (405 T16 en 205 T16) en selfs Porsche ingeskryf.

In 2002 was voorbeelde van die sedan-motorvoertuigklas die Mitsubishi Pajero/Montero, die Volkswagen Touareg, en die Nissan Navara. Mercedes-Benz M-klas, BMW X5 en BMW X3, Hummer H1 en Hummer H3 sportveeldoeligheidsvoertuie was ook teenwoordig, maar het nie in die wennersposisies gespog nie. Jean-Louis Schlesser het 'n reeks strandknortjorre gebou vir die tydren wat heelwat wenners opgelewer het. Amerikaanse "Baja" styl vragmotors het ook hul verskyning gemaak, maar selde gewen.

Vragmotors (T4 "Camions" of "Lorries") sluit in Tatra, LIAZ, Kamaz, Hino, MAN, DAF, PERLINI, Mercedes-Benz Unimog, Renault Kerax, SCANIA, IVECO en GINAF. In die 1980's was daar sterk kompetisie tussen DAF en Mercedes-Benz, wat gelei het tot voertuie met twee enjins wat meer as 1000 perdekrag (hp) (750 kW) uitgestoot het. Later het Tatra, Perlini en Kamaz tot die tydren toegetree.

KTM is die mees populêre en meestal die wenmotorfiets. Die grootste mededingers in die motorvoertuigklas is MINI, Volkswagen, Mitsubishi en Nissan, en in die motorfietsklas Yamaha en KTM. Na 2000 het hernude kompetisie begin in die vragmotorklas tussen DAF, Tatra, Mercedes-Benz en Kamaz.

Insidente

[wysig | wysig bron]

In 1982 het Mark Thatcher, seun van die destydse Britse eerste minister Margaret Thatcher, en sy Franse medebestuurder, Charlotte Verney en 'n meganikus, vir ses dae verdwyn. Die drietal het op 9 Januarie herstelwerk aangebring en toe die verkeerde pad verder gevolg. 'n Algeriese militêre vliegtuig het hulle wit Peugeot 504 50km van koers af gevind.

In 1986 het die organiseerder van die tydren, Thierry Sabine, dood verongeluk in 'n helikopterongeluk.

Ses mense, drie deelnemers en drie plaaslike inwoners, is dood tydens die 1988-wedren. Dit sluit in 'n 10-jarige kind van Mali wat die pad oorgesteek het, en 'n kameraspan wat 'n ma-en-dogter in Mauritanië doodgery het.

In 2005 is vyf mense, insluitende twee renjaers dood in die tydren, terwyl 'n Suid-Afrikaner, Elmar Symons, 'n motorfietsjaer in die 2007-tydren, oorlede is.

Kritiek

[wysig | wysig bron]

Die tydren het reeds kritiek uit verskeie oorde ontvang, meestal as gevolg van die impak van die tydren op die plaaslike bevolkings waardeur gejaag word. Die feit dat Wes-Sahara 'n deurgangspunt is sonder dat die Polisario Front (die aanvaarde verteenwoordiger van die Sahrawis-inwoners in Wes-Sahara wat deur Marokko beset word) se mening ingewin is, was nog 'n punt van kritiek. Na hierdie kritiek het die organiseerders van die ren sedert 2000 die Polisario Front se toestemming verkry.

Die Vatikaan, Afrika-menseregtegroepe en die Groen Party in Frankryk het ook al beswaar aangeteken teen die tydren weens verskeie redes. Plaaslike gemeenskappe kla dat hulle min voordeel uit die tydren trek, aangesien die deelnemers min geld op plaaslike goedere spandeer, maar mense en diere baie keer sterf in die jaers se pad.

Lys van wenners

[wysig | wysig bron]
Jaar Roete Motors Motorfietse Vragmotors Vierwielmotorfietse UTV's
Bestuurder
Medebestuurder
Vervaardiger Bestuurder Vervaardiger Bestuurder
Medebestuurder
Vervaardiger Bestuurder Vervaardiger Bestuurder
Medebestuurder
Vervaardiger
2026 Yanbu
Yanbu
👁 Vlag van Katar
Nasser Al-Attiyah
👁 Vlag van België
Fabian Lurquin
Dacia Sandrider 👁 Vlag van Argentinië
Luciano Benavides
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Litaue
Vaidotas Žala
👁 Vlag van Portugal
Paulo Fiuza
👁 Vlag van Nederland
Max Van Grol
Iveco PowerStar nie gehou nie 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Brock Heger
👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Max Eddy
Polaris RZR Pro R Sport
2025 Bisha
Shubaytah
👁 Vlag van Saoedi-Arabië
Yazeed Al-Rajhi
👁 Vlag van Duitsland
Timo Gottschalk
Toyota Hilux Dakar 👁 Vlag van Australië
Daniel Sanders
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Tsjeggië
Martin Macík
👁 Vlag van Tsjeggië
František Tomášek
👁 Vlag van Tsjeggië
David Švanda
Iveco PowerStar nie gehou nie 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Brock Heger
👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Max Eddy
Polaris RZR Pro R Sport
2024 Al-'Ula
Yanbu
👁 Vlag van Spanje
Carlos Sainz
👁 Vlag van Spanje
Lucas Cruz
Audi RS Q e-tron 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Ricky Brabec
Honda CRF 450 Rally 👁 Vlag van Tsjeggië
Martin Macík
👁 Vlag van Tsjeggië
František Tomášek
👁 Vlag van Tsjeggië
David Švanda
Iveco PowerStar 👁 Vlag van Argentinië
Manuel Andújar
Yamaha Raptor 700R 👁 Vlag van Frankryk
Xavier de Soultrait
👁 Vlag van Frankryk
Martin Bonnet
Polaris RZR Pro R
2023 Yanbu–
Dammam
👁 Vlag van Katar
Nasser Al-Attiyah
👁 Vlag van Frankryk
Mathieu Baumel
Toyota GR DKR Hilux 👁 Vlag van Argentinië
Kevin Benavides
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Nederland
Janus van Kasteren
👁 Vlag van Pole
Darek Rodewald
👁 Vlag van Nederland
Marcel Snijders
Iveco PowerStar 👁 Vlag van Frankryk
Alexandre Giroud
Yamaha Raptor 700R 👁 Vlag van Pole
Eryk Goczał
👁 Vlag van Spanje
Oriol Mena
Can-Am XRS
2022 Ḥail–
Djedda
👁 Vlag van Katar
Nasser Al-Attiyah
👁 Vlag van Frankryk
Mathieu Baumel
Toyota GR DKR Hilux 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Sam Sunderland
Gas Gas 450 Rally 👁 Image
Dmitri Sotnikof
👁 Image
Ruslan Amchmadeef
👁 Image
Ilgiz Achmetzianof
Kamaz 435091 👁 Vlag van Frankryk
Alexandre Giroud
Yamaha Raptor 700R 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Austin Jones
👁 Vlag van Brasilië
Gustavo Gugelmin
Can-Am XRS
2021 Djedda
Ḥail
👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
👁 Vlag van Frankryk
Édouard Boulanger
Mini John Cooper Works Buggy 👁 Vlag van Argentinië
Kevin Benavides
Honda CRF 450 Rally 👁 Vlag van Rusland
Dmitri Sotnikof
👁 Vlag van Rusland
Ruslan Amchmadeef
👁 Vlag van Rusland
Ilgiz Achmetzianof
Kamaz 43509 👁 Vlag van Argentinië
Manuel Andújar
Yamaha Raptor 700R 👁 Vlag van Chili
Francisco López Contardo
👁 Vlag van Chili
Juan Pablo Latrach Vinagre
Can-Am
2020 Djedda
Riaad
Al-Qiddiya
👁 Vlag van Spanje
Carlos Sainz
👁 Vlag van Spanje
Lucas Cruz
Mini John Cooper Works Buggy 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Ricky Brabec
Honda CRF 450 Rally 👁 Vlag van Rusland
Andrej Karginof
👁 Vlag van Rusland
Andrej Mokeef
👁 Vlag van Rusland
Igor Leonof
Kamaz 43509 👁 Vlag van Chili
Ignacio Casale
Yamaha Raptor 700R 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Casey Currie
👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Sean Berriman
Can-Am Maverick
2019 Lima
Lima
👁 Vlag van Katar
Nasser Al-Attiyah
👁 Vlag van Frankryk
Matthieu Baumel
Toyota Hilux Dakar 👁 Vlag van Australië
Toby Price
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Rusland
Eduard Nikolaef
👁 Vlag van Rusland
Jefgeni Jakowlef
👁 Vlag van Rusland
Wladimir Rybakof
Kamaz 43509 👁 Vlag van Argentinië
Nicolas Cavigliasso
Yamaha Raptor 700R 👁 Vlag van Chili
Francisco López Contardo
👁 Vlag van Chili
Alvaro Quintanilla
Can-Am
2018 Lima
La Paz
Córdoba
👁 Vlag van Spanje
Carlos Sainz
👁 Vlag van Spanje
Lucas Cruz
Peugeot 3008 DKR Maxi 👁 Vlag van Oostenryk
Matthias Walkner
KTM 450 Rally Replica 👁 Vlag van Rusland
Eduard Nikolaef
👁 Vlag van Rusland
Jefgeni Jakowlef
👁 Vlag van Rusland
Wladimir Rybakof
Kamaz 4326 👁 Vlag van Chili
Ignacio Casale
Yamaha Raptor 700 👁 Vlag van Brasilië
Reinaldo Varela
👁 Vlag van Brasilië
Gustavo Gugelmin
Can-Am
2017 Asunción
La Paz
Buenos Aires
👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Paul Cottret
Peugeot 3008 DKR 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Sam Sunderland
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Rusland
Eduard Nikolaef
👁 Vlag van Rusland
Jefgeni Jakowlef
👁 Vlag van Rusland
Wladimir Rybakof
Kamaz 4326 👁 Vlag van Rusland
Sergej Karyakin
Yamaha Raptor 700 👁 Vlag van Brasilië
Leandro Torres
👁 Vlag van Brasilië
Lourival Roldan
Polaris RZR 1000 XP
2016 Buenos Aires
Salta-
Rosario
👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Paul Cottret
Peugeot 2008 DKR 👁 Vlag van Australië
Toby Price
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Nederland
Gerard de Rooy
👁 Vlag van Spanje
Moises Torrallardona
👁 Vlag van Pole
Darek Rodewald
Iveco PowerStar 👁 Vlag van Argentinië
Marcos Patronelli
Yamaha nie gehou nie
2015 Buenos Aires
Iquique-
Buenos Aires
👁 Vlag van Katar
Nasser Al-Attiyah
👁 Vlag van Frankryk
Matthieu Baumel
Mini All 4 Racing 👁 Vlag van Spanje
Marc Coma
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Rusland
Ayrat Mardeef
👁 Vlag van Rusland
Aydar Belyaef
👁 Vlag van Rusland
Dmitriy Swistunof
Kamaz 👁 Vlag van Pole
Rafał Sonik
Yamaha
2014 Rosario-
Salta
Valparaíso
👁 Vlag van Spanje
Nani Roma
👁 Vlag van Frankryk
Michel Périn
Mini All 4 Racing 👁 Vlag van Spanje
Marc Coma
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Rusland
Andrey Karginof
👁 Vlag van Rusland
Andrey Mokeef
👁 Vlag van Rusland
Igor Devyatkin
Kamaz 👁 Vlag van Chili
Ignacio Casale
Yamaha
2013 Lima
Tucumán
Santiago de Chile
👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Paul Cottret
Mini All 4 Racing 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Despres
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Rusland
Eduard Nikolaef
👁 Vlag van Rusland
Sergey Sawostin
👁 Vlag van Rusland
Wladimir Rybakof
Kamaz 👁 Vlag van Argentinië
Marcos Patronelli
Yamaha
2012 Mar del Plata
Arica
Lima
👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Paul Cottret
Mini All 4 Racing 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Despres
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Nederland
Gérard de Rooy
👁 Vlag van België
Tom Colsoul
👁 Vlag van Pole
Darek Rodewald
Iveco PowerStar 👁 Vlag van Argentinië
Alejandro Patronelli
Yamaha Raptor 700
2011 Buenos Aires–
Arica–
Buenos Aires
👁 Vlag van Katar
Nasser Al-Attiyah
👁 Vlag van Duitsland
Timo Gottschalk
Volkswagen Touareg 3 👁 Vlag van Spanje
Marc Coma
KTM 450 Rally 👁 Vlag van Rusland
Wladimir Chagin
👁 Vlag van Rusland
Sergey Sawostin
👁 Vlag van Rusland
Ildar Sjaysultanof
Kamaz 👁 Vlag van Argentinië
Alejandro Patronelli
Yamaha
2010 Buenos Aires–
Antofagasta
Buenos Aires
👁 Vlag van Spanje
Carlos Sainz
👁 Vlag van Spanje
Lucas Cruz
Volkswagen Touareg 2 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Despres
KTM 690 Rally 👁 Vlag van Rusland
Wladimir Chagin
👁 Vlag van Rusland
Sergej Sawostin
👁 Vlag van Rusland
Eduard Nikolaef
Kamaz 👁 Vlag van Argentinië
Marcos Patronelli
Yamaha
2009 Buenos Aires–
Valparaiso–
Buenos Aires
👁 Vlag van Suid-Afrika
Giniel de Villiers
👁 Vlag van Duitsland
Dirk von Zitzewitz
Volkswagen Touareg 2 👁 Vlag van Spanje
Marc Coma
KTM 690 Rally 👁 Vlag van Rusland
Firdaus Kabirof
👁 Vlag van Rusland
Aydar Belyaef
👁 Vlag van Rusland
Andrey Mokeef
Kamaz 👁 Vlag van Tsjeggië
Josef Macháček
Yamaha
2008 gekanselleer
2007 LissabonDakar 👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Paul Cottret
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Despres
KTM 690 Rally 👁 Vlag van Nederland
Hans Stacey
👁 Vlag van België
Charly Gotlib
👁 Vlag van Nederland
Bernard der Kinderen
MAN TGA nie gehou nie nie gehou nie
2006 Lissabon–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Luc Alphand
👁 Vlag van Frankryk
Gilles Picard
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Spanje
Marc Coma
KTM LC4 660R 👁 Vlag van Rusland
Wladimir Chagin
👁 Vlag van Rusland
Semen Jakubof
👁 Vlag van Rusland
Sergej Sawostin
Kamaz
2005 Barcelona–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Paul Cottret
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Despres
KTM LC4 660R 👁 Vlag van Rusland
Firdaus Kabirof
👁 Vlag van Rusland
Aydar Beljaef
👁 Vlag van Rusland
Andrey Mokeef
Kamaz
2004 Clermont-Ferrand
Dakar
👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Paul Cottret
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Spanje
Nani Roma
KTM LC4 660R 👁 Vlag van Rusland
Wladimir Chagin
👁 Vlag van Rusland
Semen Jakubof
👁 Vlag van Rusland
Sergej Sawostin
Kamaz
2003 Marseille
Sharm el Sheikh
👁 Vlag van Japan
Hiroshi Masuoka
👁 Vlag van Duitsland
Andreas Schulz
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Frankryk
Richard Sainct
KTM LC4 660R 👁 Vlag van Rusland
Wladimir Chagin
👁 Vlag van Rusland
Semen Jakubof
👁 Vlag van Rusland
Sergej Sawostin
Kamaz
2002 ArrasMadrid
Dakar
👁 Vlag van Japan
Hiroshi Masuoka
👁 Vlag van Frankryk
Pascal Maimon
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Italië
Fabrizio Meoni
KTM LC8 950R 👁 Vlag van Rusland
Wladimir Chagin
👁 Vlag van Rusland
Semen Jakubof
👁 Vlag van Rusland
Sergej Sawostin
Kamaz
2001 Parys–Dakar 👁 Vlag van Duitsland
Jutta Kleinschmidt
👁 Vlag van Duitsland
Andreas Schulz
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Italië
Fabrizio Meoni
KTM LC4 660R 👁 Vlag van Tsjeggië
Karel Loprais
👁 Vlag van Tsjeggië
Josef Kalina
👁 Vlag van Tsjeggië
Petr Hamerla
Tatra 815
2000 Parys–Dakar–Kaïro 👁 Vlag van Frankryk
Jean-Louis Schlesser
👁 Vlag van Andorra
Henri Magne
Schlesser-Renault Buggy 👁 Vlag van Frankryk
Richard Sainct
BMW F650RR 👁 Vlag van Rusland
Wladimir Chagin
👁 Vlag van Rusland
Semen Jakubof
👁 Vlag van Rusland
Sergej Sawostin
Kamaz
1999 Granada–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Jean-Louis Schlesser
👁 Vlag van Frankryk
Philippe Monnet
Schlesser-Renault Buggy 👁 Vlag van Frankryk
Richard Sainct
BMW F650RR 👁 Vlag van Tsjeggië
Karel Loprais
👁 Vlag van Tsjeggië
Radomir Stachura
👁 Vlag van Tsjeggië
Josef Kalina
Tatra 815
1998 Parys–Granada–
Dakar
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Pierre Fontenay
👁 Vlag van Frankryk
Gilles Picard
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
Yamaha YZE850T 👁 Vlag van Tsjeggië
Karel Loprais
👁 Vlag van Tsjeggië
Radomir Stachura
👁 Vlag van Tsjeggië
Jan Cermak
Tatra 815
1997 Dakar–Agades
Dakar
👁 Vlag van Japan
Kenjiro Shinozuka
👁 Vlag van Andorra
Henri Magne
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
Yamaha YZE850T 👁 Vlag van Oostenryk
Peter Reif
👁 Vlag van Oostenryk
Johann Deinhofer
Hino
1996 Granada–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Pierre Lartigue
👁 Vlag van Frankryk
Michel Périn
Citroën ZX 👁 Vlag van Italië
Edi Orioli
Yamaha YZE850T 👁 Vlag van Rusland
Wiktor Moskowskikh
👁 Vlag van Rusland
Anatoli Kouzmine
👁 Vlag van Rusland
Nail Bagawetdinof
Kamaz
1995 Granada–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Pierre Lartigue
👁 Vlag van Frankryk
Michel Périn
Citroën ZX 👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
Yamaha YZE850T 👁 Vlag van Tsjeggië
Karel Loprais
👁 Vlag van Tsjeggië
Radomir Stachura
👁 Vlag van Tsjeggië
Tomas Tomecek
Tatra 815
1994 Parys–Dakar–Parys 👁 Vlag van Frankryk
Pierre Lartigue
👁 Vlag van Frankryk
Michel Périn
Citroën ZX 👁 Vlag van Italië
Edi Orioli
Cagiva Elefant 900 👁 Vlag van Tsjeggië
Karel Loprais
👁 Vlag van Tsjeggië
Radomir Stachura
👁 Vlag van Tsjeggië
Josef Kalina
Tatra 815
1993 Parys–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Bruno Saby
👁 Vlag van Frankryk
Dominique Serieys
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
Yamaha YZE850T 👁 Vlag van Italië
Francesco Perlini
👁 Vlag van Italië
Giorgio Albiero
👁 Vlag van Italië
Claudio Vinante
Perlini
1992 Parys–Sirte
Kaapstad
👁 Vlag van Frankryk
Hubert Auriol
👁 Vlag van Frankryk
Philippe Monnet
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
Yamaha YZE850T 👁 Vlag van Italië
Francesco Perlini
👁 Vlag van Italië
Giorgio Albiero
👁 Vlag van Italië
Claudio Vinante
Perlini
1991 Parys–Tripoli
Dakar
👁 Vlag van Finland
Ari Vatanen
👁 Vlag van Swede
Bruno Berglund
Citroën ZX 👁 Vlag van Frankryk
Stéphane Peterhansel
Yamaha YZE750T 👁 Vlag van Frankryk
Jacques Houssat
👁 Vlag van Frankryk
Thierry de Saulieu
👁 Vlag van Italië
Danilo Bottaro
Perlini
1990 Parys–Tripoli–
Dakar
👁 Vlag van Finland
Ari Vatanen
👁 Vlag van Swede
Bruno Berglund
Peugeot 405 T16 👁 Vlag van Italië
Edi Orioli
Cagiva Elefant 900 👁 Vlag van Italië
Giorgio Villa
👁 Vlag van Italië
Giorgio Delfino
👁 Vlag van Italië
Claudio Vinante
Perlini
1989 Parys–Tunis–Dakar 👁 Vlag van Finland
Ari Vatanen
👁 Vlag van Swede
Bruno Berglund
Peugeot 405 T16 👁 Vlag van Frankryk
Gilles Lalay
Honda NXR800V nie gehou nie
1988 Parys–Algiers–Dakar 👁 Vlag van Finland
Juha Kankkunen
👁 Vlag van Finland
Juha Piironen
Peugeot 205 T16 👁 Vlag van Italië
Edi Orioli
Honda NXR800V 👁 Vlag van Tsjeggo-Slowakye
Karel Loprais
👁 Vlag van Tsjeggo-Slowakye
Radomir Stachura
👁 Vlag van Tsjeggo-Slowakye
Tomas Muck
Tatra 815
1987 Parys–Algiers–Dakar 👁 Vlag van Finland
Ari Vatanen
👁 Vlag van Frankryk
Bernard Giroux
Peugeot 205 T16 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Neveu
Honda NXR750V 👁 Vlag van Nederland
Jan de Rooy
👁 Vlag van België
Yvo Geusens
👁 Vlag van Nederland
Theo van de Rijt
DAF
1986 Parys–Algiers–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
René Metge
👁 Vlag van Frankryk
Dominique Lemoyne
Porsche 959 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Neveu
Honda NXR750V 👁 Vlag van Italië
Giacomo Vismara
👁 Vlag van Italië
Giulio Minelli
Mercedes-Benz
1985 Parys–Algiers–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Patrick Zaniroli
👁 Vlag van Frankryk
Jean Da Silva
Mitsubishi Pajero 👁 Vlag van België
Gaston Rahier
BMW R100GS 👁 Vlag van Wes-Duitsland
Karl-Friedrich Capito
👁 Vlag van Wes-Duitsland
Jost Capito
👁 Vlag van Wes-Duitsland
Klaus Schweikarl
Mercedes-Benz 1936 AK
1984 Parys–Algiers–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
René Metge
👁 Vlag van Frankryk
Dominique Lemoyne
Porsche 911 (953) 👁 Vlag van België
Gaston Rahier
BMW R100GS 👁 Vlag van Frankryk
Pierre Laleu
👁 Vlag van Frankryk
Daniel Durce
👁 Vlag van Frankryk
Patrick Venturini
Mercedes-Benz 1936 AK
1983 Parys–Algiers–Dakar 👁 Vlag van België
Jacky Ickx
👁 Vlag van Frankryk
Claude Brasseur
Mercedes 280 G 👁 Vlag van Frankryk
Hubert Auriol
BMW R100GS 👁 Vlag van Frankryk
Georges Groine
👁 Vlag van Frankryk
Thierry de Saulieu
👁 Vlag van Frankryk
Bernard Malferiol
Mercedes-Benz 1936 AK
1982 Parys–Algiers–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Claude Marreau
👁 Vlag van Frankryk
Bernard Marreau
Renault 20 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Neveu
Honda XR550 👁 Vlag van Frankryk
Georges Groine
👁 Vlag van Frankryk
Thierry de Saulieu
👁 Vlag van Frankryk
Bernard Malferiol
Mercedes-Benz U 1700L
1981 Parys–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
René Metge
👁 Vlag van Frankryk
Bernard Giroux
Range Rover 👁 Vlag van Frankryk
Hubert Auriol
BMW R80G/S 👁 Vlag van Frankryk
Adrien Villette
👁 Vlag van Frankryk
Henri Gabrelle
👁 Vlag van Frankryk
Alain Voillereau
ALM/ACMAT
1980 Parys–Dakar 👁 Vlag van Swede
Freddy Kottulinsky
👁 Vlag van Wes-Duitsland
Gerd Löffelmann
Volkswagen Iltis 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Neveu
Yamaha XT500 👁 Vlag van Algerië
Zohra Ataouat
👁 Vlag van Algerië
Hadj Daou Boukrif
👁 Vlag van Algerië
Mahiedine Kaloua
Sonacome
1979 Parys–Dakar 👁 Vlag van Frankryk
Alain Génestier
👁 Vlag van Frankryk
Joseph Terbiaut
👁 Vlag van Frankryk
Jean Lemordant
Range Rover 👁 Vlag van Frankryk
Cyril Neveu
Yamaha XT500 👁 Vlag van Frankryk
Jean-François Dunac
👁 Vlag van Frankryk
Jean-Pierre Chapel
👁 Vlag van Frankryk
François Beau
Pinzgauer

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Dakar Rally moves to Saudi Arabia for 2020 race". Deutsche Welle. 15 April 2019. Besoek op 18 Januarie 2026.
  2. (en) "2009 Uitgawe > Die Roete". Dakar-tydren. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2016. Besoek op 29 Januarie 2016.
  3. (en) "Die Roete". 2010 Dakar Argentina-Chile. Dakar-tydren. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2015. Besoek op 13 Oktober 2015.
  4. (en) "Roete". Dakar-tydren. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2010. Besoek op 22 Desember 2010.
  5. (en) "Dakar Retrospective 1979–2009" (PDF). Official website of the Dakar rally raid. Amaury Sport Organisation. Besoek op 19 Julie 2013.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.