VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/NAVO

⇱ NAVO - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
👁 Image
Vlag van die NAVO[1]
👁 Image
Kenteken van die NAVO
👁 Image
Ligging van die NAVO
👁 Image
Die toetreding van die Bondsrepubliek Duitsland in 1955
👁 Image
Die NAVO en die Warskouverdragslande tydens die Koue Oorlog
👁 Image
Lidlande volgens jare
👁 Image
Kandidaatlande van die NAVO in Europa:

Lidlande

Kandidaatlande (MAP)

Belowe uitnodiging

Geen lidmaatskap beplan

Houding oor toetreding onbekend

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO; Engels: North Atlantic Treaty Organization, NATO; Frans: Organisation du traité de l'Atlantique nord, OTAN) is 'n militêre bondgenootskap wat tot stand gekom het met die ondertekening van die Noord-Atlantiese Verdrag op 4 April 1949. Die organisasie se hoofkantoor is in Brussel in België geleë. Die organisasie het 'n stelsel van gemeenskaplike verdediging daargestel waar die lidlande instem om mekaar te verdediging in geval van 'n aanval deur 'n eksterne party. Hierdie verdrag het 'n militêre bondgenootskap gesluit wat later die Westerse Europese Unie sou word. Die NAVO het tans 32 lidlande en die amptelike tale is Engels en Frans.[2]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Begin van die organisasie

[wysig | wysig bron]

Die Verdrag van Brussel wat op 17 Maart 1948 tussen België, Nederland, Luxemburg, Frankryk en die Verenigde Koninkryk onderteken is, word allerweë as die voorloper van die NAVO verdrag beskou. Die deelname van die Verenigde State is egter as nodig geag om as teenvoeter te dien vir die militêre mag van die Sowjetunie en daarom is samesprekings feitlik onmiddellik na die ondertekening van bogenoemde verdrag begin. Hierdie samesprekinge het gelei tot die stigting van die Noord-Atlantiese Verdrag wat op 4 April 1949 onderteken is. Dit het die lande van die Brusselse verdrag ingesluit asook die Verenigde State, Kanada, Portugal, Italië, Noorweë, Denemarke en Ysland. Drie jaar later op 18 Februarie 1952 het Griekeland en Turkye ook aangesluit. Die insluiting van Wes-Duitsland op 9 Mei 1955 is as 'n beduidende keerpunt in die geskiedenis van die Europese kontinent beskryf deur die destydse Minister van Buitelandse sake van Noorweë, Halvard Lange. Die stap het inderdaad gelei tot die sluiting van die Warskouverdrag, wat op 14 Mei 1955 deur die Sowjetunie en sy satellietstate onderteken is. Sodoende is die twee kante van die Koue Oorlog afgebaken.

Tydens die Koue Oorlog

[wysig | wysig bron]

NAVO-eenheid is vroeg in sy bestaan bedreig tydens Charles de Gaulle se presidentskap van Frankryk vanaf 1958 en later. De Gaulle het beswaar aangeteken teen die Verenigde State se oorheersende rol in die organisasie en wat hy beskou het as 'n spesiale verhouding tussen die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk. In 'n memorandum wat de Gaulle aan President Dwight D. Eisenhower en Eerste Minister Harold Macmillan gestuur het op 17 September 1958, het hy vertoë gerig vir die skepping van 'n drieledige direktoraat wat Frankryk op 'n gelyke grondslag as die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk sou plaas en ook dat die geografiese gebiede van belang uitgebrei moes word na wêrelddele wat vir Frankryk van belang was, soos onder andere Algerië, waar Frankryk in 'n teeninsurgensieveldtog betrokke was en waarvoor hulle NAVO ondersteuning wou hê.

De Gaulle het die antwoord onbevredigend gevind en begin om 'n onafhanklike verdedigingsmag vir sy land te bou. Op 11 Maart 1959 het Frankryk sy Middellandse vloot vanuit NAVO-bevel onttrek; drie maande later het de Gaulle die plasing van buitelandse kernwapens op Franse grondgebied verban. Dit het daartoe gelei dat die Verenigde State in 1967 tweehonderd militêre vliegtuie onttrek het en die beheer van tien lugmagbasisse, wat hulle sedert 1950 beheer het, weer aan die Franse te oorhandig.

Frankryk het ook intussen begin werk aan 'n onafhanklike kernprogram. Frankryk het hulle eerste kernwapen op 13 Februarie 1960 getoets. Ten spyte van Frankryk se solidariteit met die res van NAVO tydens die Kubaanse missielkrisis in 1962 het de Gaulle voortgegaan met sy strewe na 'n onafhanklike verdedigingsmag en Frankryk se Atlantiese- en Engelse Kanaalvloot vanuit NAVO-bevelstrukture verwyder. In 1966 is alle Franse gewapende magte vanuit NAVO-bevel verwyder en is alle nie-Franse NAVO-troepe gevra om Frankryk te verlaat. Frankryk het egter 'n lid van NAVO gebly en het in 1995 weer by NAVO se Militêre Komitee aangesluit en werksverhoudinge met NAVO se militêre strukture versterk.

Die skepping van NAVO het dit noodsaaklik gemaak dat militêre tegnologie gestandaardiseer moes word en dat daar 'n eenvormige strategie, deur Bevel-, Beheer- en Kommunikasiesentrums ontwikkel moes word. Daar is gevolglik 'n standaardisasie ooreenkoms gesluit. Die 7.62x51 NAVO rondte is toe onder andere in die 1950's as 'n standaard rondte vir gewere van NAVO-lande in gebruik geneem. Fabrique Nationale se FAL het toe die mees gewilde 7.62 NAVO geweer in Europa geword en diens gedoen tot in die vroeë 1980's. Vliegtuie se bevelseine is ook gestandaardiseer sodat NAVO-vliegtuie op enige NAVO-basis sou kon land. Ná die dood van die fascistiese diktator Francisco Franco en die oorgang na 'n grondwetlike monargie in 1975 kon Spanje op 30 Mei 1982 by NAVO aansluit.

Sedert die val van die Ystergordyn

[wysig | wysig bron]

Ná die val van die Ystergordyn en die oorgang na demokrasie kon die Oos-Europese lande, wat voorheen Warskouverdraglande was, nie net by die Europese Unie aansluit nie, maar ook NAVO-lede word. Reeds op 3 Oktober 1990 het met die Duitse hereniging die gebied van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek NAVO-gebied geword. Op 12 Maart 1999 het met Hongarye, Pole en Tsjeggië die eerste Oos-Europese lande NAVO toegetree. Op 29 Maart 2004 het die grootste uitbreiding sedert 1949 gevolg, toe Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië lede van die verdedigingsalliansie geword het. In die jare daarna het 'n aantal Balkanlande gevolg, met Albanië en Kroasië op 1 April 2009, Montenegro op 5 Junie 2017 en Noord-Masedonië op 27 Maart 2020.

Die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 het in beide Swede en Finland tot 'n spoedige herbesinning oor albei lande se tradisionele militêre neutraliteit gelei.[3] Nadat herhaaldelike meningspeilings 'n toename vir 'n NAVO-lidmaatskap getoon het, het op 17 Mei 2022 Finland en Swede 'n gesamentlike aansoek vir lidmaatskap ingedien,[4] wat op 18 Mei by die NAVO-hoofkantoor in Brussel aan die destydse sekretaris-generaal Jens Stoltenberg oorhandig is.[5] Op 4 April 2023 het Finland NAVO toegetree[6] en op 7 Maart 2024 het Swede gevolg.[7] Daarmee is al die Skandinawiese lande vir die eerste keer sedert die ontbinding van die Kalmarunie in 1523 weer lede van een (en dieselfde) militêre alliansie.[8][9]

Lidlande

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Europese NAVO-lidlande volgens jaar
Datum Geskiedenis van die lidmaatskap van die NAVO No.
4 April 1949 👁 Vlag van België
België, 👁 Vlag van Denemarke
Denemarke, 👁 Vlag van Frankryk
Frankryk, 👁 Vlag van Italië
Italië, 👁 Vlag van Kanada
Kanada, 👁 Vlag van Luxemburg
Luxemburg, 👁 Vlag van Nederland
Nederland, 👁 Vlag van Noorweë
Noorweë, 👁 Vlag van Portugal
Portugal, 👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk, 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State, 👁 Vlag van Ysland
Ysland
12
18 Februarie 1952 👁 Vlag van Griekeland
Griekeland en 👁 Vlag van Turkye
Turkye
14
6 Mei 1955 👁 Vlag van Wes-Duitsland
Wes-Duitslanda
15
30 Mei 1982 👁 Vlag van Spanje
Spanje
16
12 Maart 1999 👁 Vlag van Hongarye
Hongarye, 👁 Vlag van Pole
Pole en 👁 Flag of the Czech Republic
Tsjeggië
19
29 Maart 2004 👁 Vlag van Bulgarye
Bulgarye, 👁 Vlag van Estland
Estland, 👁 Vlag van Letland
Letland, 👁 Vlag van Litaue
Litaue, 👁 Vlag van Roemenië
Roemenië, 👁 Vlag van Slowakye
Slowakye en 👁 Vlag van Slowenië
Slowenië
26
1 April 2009 👁 Vlag van Albanië
Albanië en 👁 Vlag van Kroasië
Kroasië
28
5 Junie 2017 👁 Vlag van Montenegro
Montenegro
29
27 Maart 2020 👁 Flag of the Republic of Macedonia
Noord-Masedonië
30
4 April 2023 👁 Vlag van Finland
Finland
31
7 Maart 2024 👁 Vlag van Swede
Swede
32

a Op 3 Oktober 1990 het die deelstate of Länder van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die NAVO geword.

Kandidaatlande

[wysig | wysig bron]

'n Huidige kandidaatland is Bosnië en Herzegowina, moontlike kandidaatlande is Georgië en Oekraïne.

Sekretaris-generaals

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Mark Rutte, die NAVO se sekretaris-generaal sedert 1 Oktober 2024[10]

Spitsberade

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Die NAVO se Spitsberaad van 1999 in Washington, D.C. – 50 jaar NAVO
👁 Image
Die NAVO se Spitsberaad van 2002 in Praag
👁 Image
NAVO-vennootskappe wêreldwyd:

NAVO-lidlande

Kandidaatlande

Individuele vennootskapsaksieplan

Vennootskap vir Vrede

Mediterrane dialoog

Istanboelse samewerkingsinisiatief

Wêreldwye vennote

👁 Image
Europese lande volgens lidmaatskap:

Lidland van slegs die Europese Unie

Lidland van slegs die NAVO

Lidland van albei organisasies

NAVO-spitsberade[11]
JaarDatumLandStadGasheerleier
1957 16–19 Desember👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
ParysPresident René Coty
1974 26 Junie👁 Vlag van België
België
BrusselEerste Minister Leo Tindemans
1975 29–30 Mei👁 Vlag van België
België
BrusselEerste Minister Leo Tindemans
1977 10–11 Mei👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
LondenEerste minister James Callaghan
1978 30–31 Mei👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
Washington, D.C.President Jimmy Carter
1982 10 Junie👁 Vlag van Wes-Duitsland
Wes-Duitsland
BonnKanselier Helmut Schmidt
1985 21 November👁 Vlag van België
België
BrusselEerste minister Wilfried Martens
1988 2–3 Maart👁 Vlag van België
België
BrusselEerste minister Wilfried Martens
1989 29–30 Mei👁 Vlag van België
België
BrusselEerste minister Wilfried Martens
1989 4 Desember👁 Vlag van België
België
BrusselEerste minister Wilfried Martens
1990 5–6 Julie👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
LondenEerste minister Margaret Thatcher
1991 7–8 November👁 Vlag van Italië
Italië
RomeEerste Minister Giulio Andreotti
1994 10–11 Januarie👁 Vlag van België
België
BrusselEerste minister Jean-Luc Dehaene
1997 27 Mei👁 Vlag van Frankryk
Frankryk
ParysPresident Jacques Chirac
1997 8–9 Julie👁 Vlag van Spanje
Spanje
MadridEerste minister José María Aznar
1999 23–25 April👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
Washington, D.C.President Bill Clinton
2002 21–22 November👁 Flag of the Czech Republic
Tsjeggië
PraagEerste minister Vladimír Špidla
2004 28–29 Junie👁 Vlag van Turkye
Turkye
IstanboelEerste minister Recep Tayyip Erdoğan
2005 22 Februarie👁 Vlag van België
België
BrusselEerste minister Guy Verhofstadt
2006 28–29 November👁 Vlag van Letland
Letland
RigaEerste minister Aigars Kalvītis
2008 2–4 April👁 Vlag van Roemenië
Roemenië
BoekarestPresident Traian Băsescu
2009 3–4 April👁 Vlag van Frankryk
Frankryk Frankryk
👁 Vlag van Duitsland
Duitsland
Straatsburg
Kehl
President Nicolas Sarkozy
Kanselier Angela Merkel
2010 19–20 November👁 Vlag van Portugal
Portugal
LissabonEerste minister José Sócrates
2012 20–21 Mei👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
ChicagoPresident Barack Obama
2014 4–5 September👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Verenigde Koninkryk
Newport en CardiffEerste minister David Cameron
2016 8–9 Julie👁 Vlag van Pole
Pole
WarskouPresident Andrzej Duda
2018 11–12 Julie👁 Vlag van België
België
BrusselSekretaris-generaal Jens Stoltenberg
2021 14 Junie👁 Vlag van België
België
BrusselSekretaris-generaal Jens Stoltenberg
2022 29–30 Junie👁 Vlag van Spanje
Spanje
MadridEerste minister Pedro Sánchez
2023 11–12 Julie👁 Vlag van Litaue
Litaue
VilniusPresident Gitanas Nausėda
2024 9–11 Julie👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Verenigde State
Washington, D.C.President Joe Biden
2025 24–25 Junie👁 Vlag van Nederland
Nederland
Den HaagEerste minister Dick Schoof
2026 7–8 Julie👁 Vlag van Turkye
Turkye
AnkaraPresident Recep Tayyip Erdoğan
2027 MNAW👁 Vlag van Albanië
Albanië
TiranaEerste Minister Edi Rama

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "A Star is Born". NAVO. Besoek op 3 Oktober 2024.
  2. (en) "What is NATO?". NAVO. Besoek op 3 Oktober 2024.
  3. (de) "NATO-Beitritt als Schutzschild in Reichweite". Österreichischer Rundfunk. 9 April 2022. Besoek op 3 Oktober 2024.
  4. (de) "Beitrittserklärung unterzeichnet: Schweden beantragt Aufnahme in NATO". Tagesschau. 17 Mei 2022. Besoek op 3 Oktober 2024.
  5. (de) Helena Gries, Lukas Zigo, Sonja Thomaser, Nadja Austel, Vincent Büssow, Christian Stör (18 Mei 2022). "NATO-Beitritt: Schweden und Finnland bekommen Unterstützung". Frankfurter Rundschau. Besoek op 3 Oktober 2024.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  6. (en) "Finland joins NATO as 31st Ally". NAVO. 4 April 2023. Besoek op 3 Oktober 2024.
  7. (en) "Sweden officially joins NATO". NAVO. 7 Maart 2024. Besoek op 3 Oktober 2024.
  8. (de) Ronald D. Gerste (30 Mei 2023). "Unabhängigkeit von Schweden – Alter Schwede". Die Zeit. Besoek op 3 Oktober 2024.
  9. (de) Linda Koponen (28 Februarie 2024). "Gewinnt die Nato nach Schwedens Beitritt die alleinige Kontrolle über die Ostsee? Es ist kompliziert – eine Analyse in Karten". Neue Zürcher Zeitung. Besoek op 3 Oktober 2024.
  10. (en) "NATO Secretary General". NAVO. Besoek op 3 Oktober 2024.
  11. (en) "NATO Summit Meetings". NAVO. Besoek op 9 September 2025.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]