VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Persies

⇱ Persies - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Perse.
Persies
فارسی fārsi
Gepraatin: 👁 Vlag van Iran
Iran
👁 Vlag van Afghanistan
Afghanistan
👁 Vlag van Tadjikistan
Tadjikistan
👁 Vlag van Oesbekistan
Oesbekistan
👁 Vlag van Turkmenistan
Turkmenistan
👁 Vlag van Pakistan
Pakistan
👁 Vlag van Indië
Indië
Gebied: Suid-Asië
Totalesprekers: 57 miljoen[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
Indo-Irannees
Irannees
Persies
Skrifstelsel: Arabiese alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: 👁 Vlag van Iran
Iran as Farsi
👁 Vlag van Afghanistan
Afghanistan as Dari
👁 Vlag van Tadjikistan
Tadjikistan as Tadjiks
Gereguleer deur: Instituut vir Persies
Taalbedreigingstatus
👁 Image
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
Veilig

NENie bedreig nie
Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: fa
ISO 639-2: fas
ISO 639-3: fas
👁 Verspreiding van Persies
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Persies (فارسی fārsi [fɒːɾˈsiː] luister (hulp·inligting)) is 'n plurisentriese taal in Sentraal- en Suidwes-Asië. Dit maak deel uit van die Irannese tak van die Indo-Europese taalfamilie en het die status van 'n amptelike taal in Iran en Afghanistan. Tadjiks, die amptelike taal van Tadjikistan, is vroeër meestal as 'n Persiese dialek beskou; vandag word egter dikwels daarna as 'n afsonderlike taal verwys.

👁 Image
Die woord "fārsi" in Persies-Arabiese skrif
👁 Image
Verspreiding van Irannese tale
👁 Image
Wêreldwye verspreiding van Persies

Lande met Persies as 'n amptelike taal

Persies is 'n tweede taal of nieamptelik

Lande met 'n aansienlike Persiestalige bevolking

👁 Image
Lande met 'n Persiestalige bevolking

Amptelike taal

Meer as 1000000 sprekers

Tussen 500000 en 1000000 sprekers

Tussen 100000 en 500000 sprekers

Tussen 25000 en 100000 sprekers

Minder as 25000 sprekers / geen

Met tussen 60 en 70 miljoen moedertaal- en 'n verdere 50 miljoen tweedetaalsprekers is Persies die belangrikste Indo-Europese taal in Wes- en Sentraal-Asië. Persies word deur sowat 41 miljoen sprekers in Iran, 15 miljoen in Afghanistan en 'n verdere 15 miljoen in Sentraal-Asië (veral in Tadjikistan en Oesbekistan, daarnaas ook op die Indiese subkontinent) as moedertaal gebesig. Groter Persiessprekende gemeenskappe word in Irak en in die Golflande (veral in Bahrein, die Verenigde Arabiese Emirate en Koeweit) aangetref. Daar is kleiner taaleilande in onder meer Georgië, in Azerbeidjan en in die Pamir-bergstreek. 'n Groot aantal Iranse en Afghanse emigrante en vlugtelinge het hulle in Europa en in die Verenigde State gevestig.

In Europese lande word na die taal tradisioneel as "Persies" verwys, 'n term wat van die ou Persiese kernprovinsie Fārs (dikwels ook Pārs) in die suide van Iran afgelei is. In sy eie taalgebied is die taal in die Sassaniedetyd Pārsīk of Pārsīg genoem, maar sedert die Arabies-Islamitiese verowering van Persië word daarna algemeen as Fārsī verwys aangesien die p-klank in Arabies nie bestaan nie en die Oer-Semitiese p-klank in hierdie taal tot f ontwikkel het.

Die Nieu-Persiese skryftaal is daarnaas ook Fārsī-e Darī (فارسی درى) – "taal van die koninklike hof" – genoem. 'n Kort benaming van die taal wat hiervan afgelei is, Darī, is tans in Afghanistan, Pakistan en Indië gebruiklik.

In Iran het die Teheran-dialek gaandeweg tot 'n (gesproke) standaardtaal ontwikkel wat dwarsoor die land gepraat word. Dit verskil nie net van ander Persiese dialekte nie, maar ook van die amptelike Persiese skryftaal.

Nieu-Persies het in die Middeleeue die belangrikste literêre en wetenskapstaal van die oostelike Islamitiese wêreld geword en het sodoende groot invloed op naburige taalgemeenskappe, veral die Turkse tale, uitgeoefen (waaronder Osmaans en Tsjagataïes, Pasjtoe, Brahoei asook Noord-Indiese tale, veral Oerdoe). 'n Noemenswaardige aantal Persiese leenwoorde is deur Europese tale oorgeneem en maak sodoende ook deel uit van die Afrikaanse woordeskat, soos byvoorbeeld basaar, tsjek, karavaan, skaak en paradys.

Die Persiese literatuur word by die bekendstes en invloedrykstes ter wêreld gereken en geniet danksy die werke van digters soos Jalal Uddin Rumi, Omar Chajjam, Hafez, Saadi, Nezami (Nisami) of Ferdowsi, wat ook invloed op Europese digters soos Johann Wolfgang von Goethe uitgeoefen het, wêreldfaam.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Persies