| 👁 Image | |
| 'n Gewone bruin ui | |
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Koninkryk: | |
| Divisie: | |
| Klas: | |
| Orde: | |
| Familie: | |
| Genus: | |
| Spesie: | A.cepa |
| Binomiale naam | |
| Allium cepa | |
Voedingswaarde per 100g | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Energie 40 kcal 170 kJ | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die ui (Allium cepa), ook bekend as die bolui of gewone ui, word as groente gebruik en is die mees verboude spesie van die genus Allium. Hierdie genus bevat ook verskeie ander spesies wat as uie bekend staan en verbou word as voedsel, soos die Japannese tros-ui (A. fistulosum), Egiptiese ui (A. ×proliferum), en die Kanadese ui (A. canadense). Die benaming "wilde ui" word toegeken aan 'n aantal Allium spesies maar. A. cepa is uitsluitlik bekend vanaf menslike verbouing en sy oorspronklike wilde vorm is nie tans bekend nie.
Beskrywing van plant
[wysig | wysig bron]Moderne variëteite groei tot 'n hoogte van 45cm. Die uiplant bestaan uit 'n waaier van hol, blougroen blare. Die blare is vleesagtig, hol en silindries gevorm, met 'n afgeplatte kant. Hulle is op hul wydste omtrent kwartpad boontoe, en vernou tot 'n stomp eindpunt. Die basis van elke blaar is afgeplat en 'n bondel fyn worteltjies verleng vir 'n kort entjie in die grond in. Wanneer die ui ryp word, versamel voedingreserwes in die blaarbasisse en die bol swel uit.
As die bol deur die winter in die grond gelaat word, ontwikkel 'n nuwe groeipunt uit die middel van die bol in die lente. Nuwe blare verskyn en 'n lang, hol stammetjie skiet boontoe om die wit blomhofies wat vorm, te dra. Die sade is 'n blink swart kleur en driehoekig in dwarssnit.
Verbouing
[wysig | wysig bron]Die uiplant is eintlik 'n twee- of meerjarige plant, maar word algemeen na die eerste jaar van verbouing geoes.
Die uiplant se bol aan die basis van die plant begin te swel wanneer 'n sekere daglengte bereik word. In die herfs sterf die blaardele af en die buitenste lae van die bol word droog en bros. Die oes word gepluk en gedroog, waarna die uie gereed is vir gebruik of om te stoor.
Die oes is vatbaar vir aanvalle deur peste en siektes, veral die uievlieg en die uiewurm, en verskeie swamme wat verrotting veroorsaak. Sommige soorte van A. cepa soos sjalotte en sg. aartappeluie produseer veelvoudige bolle.
Gebruike
[wysig | wysig bron]Uie word wêreldwyd gekweek, verbou en verbruik. Gewoonlik word uie gekook as kos, as 'n groentesoort, of as bestanddeel van 'n voorbereide dis of southappie, maar kan ook rou geëet word. Daarbenewens kan dit ook ingelê word in bottels of as blatjang. Uie het 'n skerp reuk wanneer dit gekap of gerasper word en bevat sekere chemikalië wat die oë erg irriteer.
Daar word geglo dat die verbruik van uie sekere gesondheidsvoordele inhou, bv. anti-inflammatoriese, anticholesterol-, kankerbestrydende en antioksidant-eienskappe.
Ekonomies
[wysig | wysig bron]| Top Tien Droë Uiprodusente — 2012 (metrieke ton) | |
|---|---|
| Wêreldwyd | 74 250 809 |
| 👁 Vlag van Volksrepubliek China China | 20 507 759 |
| 👁 Vlag van Indië Indië | 13 372 100 |
| 👁 Vlag van Verenigde State van Amerika VSA | 3 320 870 |
| 👁 Vlag van Egipte Egipte | 2 208 080 |
| 👁 Vlag van Iran Iran | 1 922 970 |
| 👁 Vlag van Turkye Turkye | 1 900 000 |
| 👁 Vlag van Pakistan Pakistan | 1 701 100 |
| 👁 Vlag van Brasilië Brasilië | 1 556 000 |
| 👁 Vlag van Rusland Rusland | 1 536 300 |
| 👁 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea | 1 411 650 |
Galery
[wysig | wysig bron]- 'n Bolui wat uitgeloop het
- Blare, worteltjies en ontwikkelende bol
- Wit blomhofies
- 'n Rooi ui
- Gekerfde rooi uie
- Ingelegde uie
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 👁 Image
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir ui.
| Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
