VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Euro

⇱ Euro - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
RangGeldeenheidSimbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1👁 Vlag van Verenigde State van Amerika
Amerikaanse dollar
USD ($)87,0%
2👁 Vlag van Europa
Euro
EUR (€)33,4%
3👁 Vlag van Japan
Japannese jen
JPY (¥)23,0%
4👁 Vlag van Verenigde Koninkryk
Pond sterling
GBP (£)11,8%
5👁 Vlag van Switserland
Switserse frank
CHF (CHF)8,6%
6👁 Vlag van Kanada
Kanadese dollar
CAD ($)5,2%
7👁 Vlag van Australië
Australiese dollar
AUD ($)4,6%
8👁 Vlag van Meksiko
Meksikaanse peso
MXN ($)2,5%
9👁 Vlag van Volksrepubliek China
Chinese juan
CNY (¥)2,2%
10👁 Vlag van Nieu-Seeland
Nieu-Seelandse dollar
NZD ($)2,0%
11👁 Vlag van Swede
Sweedse kroon
SEK (kr)1,8%
12👁 Vlag van Rusland
Russiese roebel
RUB (₽)1,6%
13👁 Vlag van Hongkong
Hongkong-dollar
HKD ($)1,4%
14👁 Vlag van Noorweë
Noorse kroon
NOK (kr)1,4%
15👁 Vlag van Singapoer
Singapoer-dollar
SGD ($)1,4%
16👁 Vlag van Turkye
Turkse lira
TRY (₺)1,3%
17👁 Vlag van Suid-Korea
Suid-Koreaanse won
KRW (₩)1,2%
18👁 Vlag van Suid-Afrika
Suid-Afrikaanse rand
ZAR (R)1,1%
19👁 Vlag van Brasilië
Brasiliaanse real
BRL ($)1,1%
20👁 Vlag van Indië
Indiese roepee
INR (₹)1,0%
Ander6,3%
Totaal[n 1]200%
👁 Image
Die euro se valutateken

Die euro (Cyrilliese skrif: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]

👁 Image
Euromunte en -banknote

Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 21 van die 27 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosovo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie.[4] Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer.[5] 'n Verdere vier lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[6]

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[7] op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta[8] en Siprus,[9] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[10] op 1 Januarie 2011 in Estland,[11] op 1 Januarie 2014 in Letland,[12] op 1 Januarie 2015 in Litaue,[13], op 1 Januarie 2023 in Kroasië[14] en op 1 Januarie 2026 in Bulgarye.[15]

Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1€ en 2€) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[16] Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500€-banknoot aangekondig.[17]

Politieke oorwegings

[wysig | wysig bron]

Behalwe vir die ekonomiese motiverings vir die instelling van die euro, was die skepping daarvan ook deels geregverdig as 'n manier om 'n nader gevoel van gesamentlike identiteit tussen Europese burgers te bevorder. Verklarings oor hierdie doelwit is byvoorbeeld gemaak deur Wim Duisenberg, Europese Goewerneur van die Sentrale Bank, in 1998,[18] Laurent Fabius, Franse Minister van Finansies, in 2000,[19] en Romano Prodi, President van die Europese Kommissie, in 2002.[20] Maar, 15 jaar na die instelling van die euro, het 'n studie geen bewyse gevind dat dit 'n positiewe invloed op 'n gedeelde gevoel van Europese identiteit gehad het nie (en geen bewys dat dit ook 'n negatiewe uitwerking gehad het nie).[21]

Wisselkoerse

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Die Eurosone:

21 EU-lande met euro

Ander lande met euro

6 EU-lande sonder euro

👁 Image
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland
👁 Image
Die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie:

Lidlande van die Eurosone

Wisselkoersmeganisme II

WKM-II-lidland met Opt-out-klousule

Land met Opt-out-klousule

Ander EU-lidlande

👁 Image
Gebruik van Amerikaanse dollar en euro wêreldwyd:

Verenigde State van Amerika

Ander lande wat die Amerikaanse dollar as geldeenheid gebruik

Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

Europese Ekonomiese en Monetêre Unie

Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik

Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro

Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro

👁 Image
Wisselkoers tussen euro en Amerikaanse dollar sedert 1999
👁 Image
Wisselkoers tussen euro en Jen sedert 1999
👁 Image
Wisselkoers tussen euro en Pond sterling sedert 1999
👁 Image
Wisselkoers tussen euro en Switserse frank sedert 1999
👁 Image
Wisselkoers tussen euro en Suid-Afrikaanse rand sedert 1999

Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:

Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone
Geldeenheid Kode
(ISO 4217)
Wisselkoers[22] Gevestig op Opgelewer
👁 Vlag van België
Belgiese frank
BEF 700140339900000000040,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Bulgarye
Bulgaarse lef
BGN 70001955800000000001,9558 10 Julie 2020 1 Januarie 2026
👁 Vlag van Duitsland
Duitse mark
DEM 70001955830000000001,95583 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Estland
Estniese kroon
EEK 700115646600000000015,6466 13 Julie 2010 1 Januarie 2011
👁 Vlag van Finland
Finse markka
FIM 70005945730000000005,94573 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Frankryk
Franse frank
FRF 70006559570000000006,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Griekeland
Griekse dragme
GRD 7002340750000000000340,75 19 Junie 2000 1 Januarie 2001
👁 Vlag van Republiek Ierland
Ierse pond
IEP 69997875640000000000,787564 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Italië
Italiaanse lira
ITL 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Kroasië
Kroatiese kuna
HRK 70007534500000000007,5345 10 Julie 2010 1 Januarie 2023
👁 Vlag van Letland
Letse lats
LVL 69997028040000000000,702804 9 Julie 2013 1 Januarie 2014
👁 Vlag van Litaue
Litause litas
LTL 70003452800000000003,4528 23 Julie 2014 1 Januarie 2015
👁 Vlag van Luxemburg
Luxemburgse frank
LUF 700140339900000000040,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Malta
Maltese lira
MTL 69994293000000000000,4293 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
👁 Vlag van Monaco
Monegaskiese frank
MCF 70006559570000000006,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Nederland
Nederlandse gulden
NLG 70002203710000000002,20371 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Oostenryk
Oostenrykse schilling
ATS 700113760300000000013,7603 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Portugal
Portugese escudo
PTE 7002200482000000000200,482 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van San Marino
San Marinese lira
SML 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Siprus
Sipriese pond
CYP 69995852740000000000,585274 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
👁 Vlag van Slowakye
Slowaakse koruna
SKK 700130126000000000030,126 8 Julie 2008 1 Januarie 2009
👁 Vlag van Slowenië
Sloweense tolar
SIT 7002239640000000000239,64 11 Julie 2006 1 Januarie 2007
👁 Vlag van Spanje
Spaanse peseta
ESP 7002166386000000000166,386 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
👁 Vlag van Vatikaanstad
Vatikaanse lira
VAL 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999

Banknote

[wysig | wysig bron]
BeeldWaardeAfmetings
(millimeter)
HoofkleurOntwerpDrukkerkodeposisie
VoorkantAgterkantArgitektuurEeu
👁 Image
👁 Image
€5 120 × 62 Grys Klassiek < 5de Linker beeldrand[23]
👁 Image
👁 Image
€10 127 × 67 Rooi Romaans 11–12de 8:00-uur ster[24]
👁 Image
👁 Image
€20 133 × 72 Blou Goties 12–14de 9:00-uur ster[25]
👁 Image
👁 Image
€50 140 × 77 Oranje Renaissance 15–16de Regter beeldrand[26]
👁 Image
👁 Image
€100 147 × 82 Groen Barok & Rokoko 17–18de Regs van 9:00-uur ster[27]
👁 Image
👁 Image
€200 153 × 82 Geelbruin Tydperk van yster en glas 19–20ste Bo 7:00-uur ster[28]
👁 Image
👁 Image
€500 160 × 82 Pers Moderne 20ste eeu 20–21ste 9:00-uur ster[29]
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.
[30]
BeeldWaardeJaarAfmetings
(millimeter)
HoofkleurOntwerpDrukkerkodeposisie
VoorkantAgterkantArgitektuurEeu
👁 Image
👁 Image
€5 2013 120 × 62 Grys[31] Klassiek[31] < 5de[31] Regs bo
👁 Image
👁 Image
€10 2014 127 × 67 Rooi[31] Romaans[31] 11–12de[31] Regs bo
👁 Image
👁 Image
€20 2015 133 × 72 Blou[31] Goties[31] 12–14de[31] Regs bo
👁 Image
👁 Image
€50 2017 140 × 77 Oranje[31] Renaissance[31] 15–16de[31] Regs bo
👁 Image
👁 Image
€100 2019 147 × 82 Groen[31] Barok & Rokoko[31] 17–18de[31] Regs bo
👁 Image
👁 Image
€200 2019 153 × 82 Geelbruin[31] Tydperk van yster en glas[31] 19–20ste[31] Regs bo
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

Spesiale muntstukke

[wysig | wysig bron]

Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Aanvanklike suksesse

[wysig | wysig bron]

Die invoering van die euro in 1999 het sonder probleme verloop en Griekeland (2000), Slowenië (2006), Malta (2007) Siprus (2007), en Slowakye (2008) het tot die eurosone toegetree. Sommige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.[32] Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Ander lande soos die Baltiese State het hulle munt aan die euro gekoppel en baie ekonomiese groei ervaar.

Die eurokrisis

[wysig | wysig bron]

Eers later, ná die Beursineenstorting van 2008 het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie.[33]

Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings. Die ander land van die sgn. PIIGS Portugal, Ierland, Italië, Griekeland en Spanje wat ook groot staatskulde gehad het het ook probleme gekry. Spekulasie teen hulle obligasies het hulle rentes doen styg, maar in 2012 het Mario Draghi die Europese Sentrale Bank tot lender of last resort verklaar. Hij begin om meer euros te druk en daarmee die obligasies op te koop. Dit het die krisis besweer.[34] In Griekeland wat nooit die euro losgelaat het nie, het dit langer geduur en die IMF het lenings moet verstrek. Die besuinigings het die land in 'n diep krisis gestort maar die land is in 2023 terug op sy bene.[35]

Die eurokrisis het die euro se geloofwaardigheid baie geskaad. Lande soos Tsjechië het van hulle planne om tot die eurosone toe te tree afgesien, maar nie die drie Baltiese state nie wat teenstelling tot die PIIGS kleine staatskulde het. Estland tree toe tot die eurosone in 2011 wanneer die kritiek op die euro die luidste is[36]en Letland en Litoue volg later (in 2014 en 2015). Hulle het hoegenaamd geen probleme nie en gee minder geld uit om hulle rentes op die staatskuld te betaal.

Ná die krisis

[wysig | wysig bron]

In die jare ná die krisis het die ECB 'n baie belangriker rol gespeel in die ekonomie van Europa en die wêreld. In 2023 is 50% van die invoer en uitvoer in die wêreld in Amerikaanse dollar betaal, met die Euro in die tweede plek met 42%.[37] Om die ekonomiese probleme ingevolge die coronavirus te help oplos het die EU besluit om self skuld te maak. Hulle het besluit om 'n herstel- en stimuleerfonds van €2264,3 miljard te skep om die ekonomieë weer op koers te sit.[38] Dit sou sonder die euro se herstelde geloofwaardigheid nie moontlik gewees het nie. Op 1 Januarie 2023 het Kroasië die eurosone toegetree en op 1 Januarie 2026 het Bulgarye gevolg.

Sien ook

[wysig | wysig bron]
  • Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit
  • Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie
  • IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.

Notas

[wysig | wysig bron]
  1. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p.12. Besoek op 22 Oktober 2013.
  3. (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
  4. (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
  5. (en) "Common sides". Europese Sentrale Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 13 Desember 2018.
  6. (en) Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55 Geargiveer 14 September 2017 op Wayback Machine
  7. (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
  8. (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
  9. (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
  10. (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
  11. (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
  12. (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
  13. (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
  14. (de) ecb.int: Kroatien (seit 1. Januar 2023)
  15. (de) ecb.int: Bulgarien (seit 1. Januar 2026)
  16. (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
  17. (en) "ECB ends production and issuance of €500 banknote". Europese Sentrale Bank. 4 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 3 Oktober 2018.
  18. (en) Global Finance After the Crisis. 2013. The euro is far more than a medium of exchange. It is part of the identity of a people. It reflects what they have in common now and in the future.
  19. (en) "Europe in Crisis in Mediterranean Context" (PDF). Financial Times. Heinrich-Böll-Stiftung. 24 Julie 2000. Thanks to the euro, our pockets will soon hold solid evidence of a European identity
  20. (en) Speech to the European Parliament. 16 Januarie 2002. The euro is becoming a key element in peoples sense of shared European identity and common destiny.
  21. (en) Franz Buscha (November 2017). "Can a common currency foster a shared social identity across different nations? The case of the euro". European Economic Review. 100: 318–336. doi:10.1016/j.euroecorev.2017.08.011.
  22. (en) "Fixed Euro conversion rates". European Central Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2013. Besoek op 6 Augustus 2011.
  23. (en) "EuroTracer – Information Notes – €5 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 7 Januarie 2012.
  24. (en) "EuroTracer – Information Notes – €10 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 7 Januarie 2012.
  25. (en) "EuroTracer – Information Notes – €20 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  26. (en) "EuroTracer – Information Notes – €50 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  27. (en) "EuroTracer – Information Notes – €100 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  28. (en) "EuroTracer – Information Notes – €200 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  29. (en) "EuroTracer – Information Notes – €500 note". EuroTracer. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  30. (en) "ECB: Europa series". Europese Sentrale Bank. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2013. Besoek op 11 Junie 2013.
  31. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (en) "Europa series design – ECB – Our Money". www.new-euro-banknotes.eu. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2016. Besoek op 6 Augustus 2013.
  32. (de) Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018
  33. (de) Bundeszentrale für politische Bildung (bpb): Die Eurokrise – worum geht es eigentlich? Besoek op 12 Junie 2018 Geargiveer 16 Junie 2018 op Wayback Machine
  34. (en) "Analysis – A year on, Draghi's 'save the euro' pledge remains untested". Reuters. 27 Julie 2013. Besoek op 8 Julie 2023.
  35. (en) "How Greece Got Its Groove Back". Wall Street Journal. 26 Mei 2023. Besoek op 8 Julie 2023.
  36. (en) Alistair Scrutton (25 Junie 2012). "Insight: Baltic countries' austerity lesson for Europe – Just do it". Reuters.
  37. (en) "EU trade: euro and dollar's dominance increased". Eurostat. 8 Junie 2023. Besoek op 8 Julie 2023.
  38. (en) "COVID-19: the EU's response to the economic fallout". European Council. 22 Desember 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2023. Besoek op 9 Julie 2023.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • (en) Bartram, Söhnke M.; Taylor, Stephen J.; Wang, Yaw-Huei (Mei 2007). "The Euro and European Financial Market Dependence". Journal of Banking and Finance. 51 (5): 1461–1481. SSRN924333.
  • (en) Bartram, Söhnke M.; Karolyi, G. Andrew (Oktober 2006). "The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures". Journal of Empirical Finance. 13 (4–5): 519–549. doi:10.1016/j.jempfin.2006.01.002. SSRN299641.
  • (en) Baldwin, Richard; Wyplosz, Charles (2004). The Economics of European Integration. New York: McGraw Hill. ISBN0-07-710394-7.
  • (en) Buti, Marco; Deroose, Servaas; Gaspar, Vitor; Nogueira Martins, João (2010). The Euro. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN978-92-79-09842-0.
  • (en) Simonazzi, A.; Vianello, F. (2001). "Financial Liberalization, the European Single Currency and the Problem of Unemployment". In Franzini, R.; Pizzuti, R.F. (reds.). Globalization, Institutions and Social Cohesion. Springer. ISBN3-540-67741-0.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]