| Homo | |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Koninkryk: | |
| Filum: | |
| Klas: | |
| Orde: | |
| Infraorde: | |
| Superfamilie: | |
| Familie: | |
| Subfamilie: | |
| Genus: | Homo |
| Tipespesie | |
| Homo sapiens (Linnaeus, 1758) | |
| Spesie | |
|
Homo sapiens | |
Homo is die genus wat die moderne mens insluit, asook verskeie uitgestorwe spesies wat óf die mens se voorouers óf naby verwant was. Onder hulle is die belangrikstes Homo erectus en Homo neanderthalensis. Wetenskaplikes reken die genus Homo is tussen 1,5miljoen en 2,5miljoen jaar oud. Alle spesies wat tot hierdie genus behoort het, het uitgesterf – behalwe H. sapiens, die moderne mens. Die laaste ander Homo-spesies wat geleef het, is waarskynlik H. neanderthalensis en H. florensiensis en hulle het na raming tussen 24000 jaar en 12000 jaar gelede uitgesterf.
Evolusie en migrasie
[wysig | wysig bron]Daar word aanvaar die genus het ontstaan met die verskyning van H. habilis, net meer as 2miljoen jaar gelede.[1] Dié spesie het ontstaan uit die genus Australopithecus, wat self vroeër vertak het van die lyn Pan, die sjimpansees.[2]
Homo is die enigste genus van die subtribus Hominina, wat saam met die subtribusse Australopithecina en Panina die tribus Hominini uitmaak.
H. erectus het sowat 2miljoen jaar gelede op die toneel verskyn en in verskeie migrasies deur Afrika (waar dit H. ergaster genoem word) en Eurasië versprei. Dit was waarskynlik die eerste menslike spesie wat in ’n jagter-versamelaar-gemeenskap gewoon en vuur beheer het. H. erectus was ’n aanpasbare en suksesvolle spesie en het meer as ’n miljoen jaar lank bestaan. Hulle het omstreeks 500000 jaar gelede stelselmatig in verskeie ander spesies begin ontwikkel.
H. sapiens het sowat 300000 tot 200000 jaar gelede ontstaan,[3] heel waarskynlik in Afrika, en H. neanderthalensis het omtrent dieselfde tyd in Europa en Wes-Asië verskyn. H. sapiens het in verskeie vlae uit Afrika versprei, van moontlik so vroeg as 250000 jaar gelede, en vir seker teen 130000 jaar gelede. Teen sowat 70000 jaar gelede het mense met die suidkus van Asië langs versprei en teen 50000 jaar gelede het hulle hulle in Eurasië en Oseanië gevestig.
In Afrika én Eurasië het H. sapiens argaïese mense (nie sapiens nie) raakgeloop en met hulle verbaster geraak.[4][5] Aparte argaïese spesies het vermoedelik tot omstreeks 40000 jaar gelede oorleef (soos die Neanderdallers), en hibriedspesies moontlik tot 12000 jaar gelede (soos die Edelhert-grotmense).
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Die raming van die ouderdom van H. habilis is rofweg 2,1 tot 2,3miljoen jaar gelede. Stringer, C.B. (1994). "Evolution of early humans". In Jones, Steve; Martin, Robert; Pilbeam (reds.), David (reds.). The Cambridge Encyclopedia of Human Evolution. Cambridge: Cambridge University Press. p.242.
- ↑ Schuster, Angela M. H. (1997). "Earliest Remains of Genus Homo". Archaeology. 50 (1). Besoek op 5 Maart 2015.
- ↑ Callaway, Ewan (7 Junie 2017). "Oldest Homo sapiens fossil claim rewrites our species' history". Nature. doi:10.1038/nature.2017.22114. Besoek op 11 Junie 2017.
- ↑ Green, R.E.; Krause, J.; Briggs, A.W.; Maricic, T.; Stenzel, U.; Kircher, M.; Patterson, N.; Li, H.; Zhai, W.; Fritz, M.H.Y.; Hansen, N.F. (2010). "A draft sequence of the Neandertal genome". Science. 328 (5979): 710–722. Bibcode:2010Sci...328..710G. doi:10.1126/science.1188021. PMC5100745. PMID20448178.
- ↑ Lowery, R.K.; Uribe, G.; Jimenez, E.B.; Weiss, M.A.; Herrera, K.J.; Regueiro, M.; Herrera, R.J. (2013). "Neanderthal and Denisova genetic affinities with contemporary humans: Introgression versus common ancestral polymorphisms". Gene. 530 (1): 83–94. doi:10.1016/j.gene.2013.06.005. PMID23872234.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 👁 Wikimedia Commons logo
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Homo. - 👁 Image
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
