VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Morbihan

⇱ Morbihan - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Morbihan (56)
👁 Image
👁 Image
GewesBretagne
PrefektuurVannes
OnderprefektureLorient
Pontivy
Bevolking643 873 inw.
(1999)
Bevolkingsdigtheid94 inw./vk km
Oppervlakte6823 vk km
Arrondissemente3
Kantonne42
Munisipaliteite261
President van die
Conseil général
François Goulard
(Les Républicains)
👁 Image
Die eiland Belle-Île: Port Coton

Morbihan is sedert 1790 'n département in Bretagne, Frankryk, met 'n oppervlakte van 6823km² en sowat 647000 inwoners (2003). Die hoofstad (prefektuur) is Vannes.

Morbihan is die enigste département wat geen Franse naam dra nie. Die Bretonse "Morbihan" beteken "klein see" en beskryf die Golf van Morbihan wat soos 'n klein binnesee met honderde eilande lyk. Die kuslengte van sowat 500 kilometer sluit verskillende landskapsvorme van rotsberge tot sandstrande in, en talle van sy klein baaie is natuurreservate. Die baai van Quiberon is 'n belangrike kruisvaarthawe. Die département beskik oor een van die gewildste watersportsentra in Europa, met bekende jaghawens soos La Trinité-sur-Mer, Carnac, Port-Haliguen en Le Crouesty op die skiereiland Rhuys.

Twee ander stede in die département is ook bekendes in die watersport – Lorient, die uitgangspunt vir groot transatlantiese regattas in Europa, en Vannes, waar groot Franse seilregattas plaasvind.

Die gematigde klimaat en baie sonskynure bevorder die ongewone fauna en flora van die gebied wat 'n mens so ver in die noorde eintlik nie meer sou verwag nie. Die département huisves een van die grootste seevoëlkolonies langs die Atlantiese kus van Frankryk, waaronder sowat een kwart van die wêreld se wildeganse. Die klimaat met sy gesonde seelug het van die gebied die Franse sentrum van die thalassoterapie gemaak.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Die "steenlane" van Carnac

Die geskiedenis van Morbihan begin sowat 3500 v.C. met vroeë nedersettings in Armorika. Een van die grootste versamelings megaliete ter wêreld getuig van 'n beskawing wat tot vandag raaiselagtig bly. Die indrukwekkende "steenlane" van Carnac, die "koopmanstafel" van Locmariaquer en die vorsteheuwel van Gavrinis is die bekendste monumente wat van steen gemaak is.

Omtrent 500 v.C. vestig Keltiese setlaars, die Veneters, hulle in die gebied van Morbihan. Saam met die oorspronklike bevolking ontwikkel hulle tot 'n magtige ryk, wat veral op die seehandel steun. In die jaar 56 v.C. word hulle vloot van 220 seilskepe ingevolge 'n windstilte in die Golf van Morbihan deur die Romeinse roeigaleie verslaan. Die leiers van die Veneters sterf, terwyl die bevolking verslaaf en die gebied daarna geleidelik geromaniseer is. Die hoofstad van die Veneters, die huidige Vannes, is deur die Romeine weer tot 'n belangrike hawestad ontwikkel.

Kuns en kultuur

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Kaart van Morbihan

Die Festival Interceltique de Lorient vind sedert die vroeë sewentigerjare in Lorient plaas en lok in 2004 reeds 600000 besoekers. Meer as 4500 kunstenaars uit Skotland, Ierland, Wallis, Cornwall, die eiland Man, Asturië, Galisië en Bretagne bied jaarliks 'n fees met tradisionele en destydse Keltiese kultuur en musiek.

👁 Image
Die départements van Frankryk (Départements français) 👁 Image
Metropolitaanse Frankryk (France métropolitaine)

01Ain| 02Aisne| 03Allier| 04Alpes-de-Haute-Provence| 05Hautes-Alpes| 06Alpes-Maritimes| 07Ardèche| 08Ardennes| 09Ariège| 10Aube| 11Aude| 12Aveyron| 13Bouches-du-Rhône| 14Calvados| 15Cantal| 16Charente| 17Charente-Maritime| 18Cher| 19Corrèze| 2ACorse-du-Sud| 2BHaute-Corse| 21Côte-d'Or| 22Côtes-d'Armor| 23Creuse| 24Dordogne| 25Doubs| 26Drôme| 27Eure| 28Eure-et-Loir| 29Finistère| 30Gard| 31Haute-Garonne| 32Gers| 33Gironde| 34Hérault| 35Ille-et-Vilaine| 36Indre| 37Indre-et-Loire| 38Isère| 39Jura| 40Landes| 41Loir-et-Cher| 42Loire| 43Haute-Loire| 44Loire-Atlantique| 45Loiret| 46Lot| 47Lot-et-Garonne| 48Lozère| 49Maine-et-Loire| 50Manche| 51Marne| 52Haute-Marne| 53Mayenne| 54Meurthe-et-Moselle| 55Meuse| 56Morbihan| 57Moselle| 58Nièvre| 59Nord| 60Oise| 61Orne| 62Pas-de-Calais| 63Puy-de-Dôme| 64Pyrénées-Atlantiques| 65Hautes-Pyrénées| 66Pyrénées-Orientales| 67Bas-Rhin| 68Haut-Rhin| 69Rhône| 70Haute-Saône| 71Saône-et-Loire| 72Sarthe| 73Savoie| 74Haute-Savoie| 75Parys| 76Seine-Maritime| 77Seine-et-Marne| 78Yvelines| 79Deux-Sèvres| 80Somme| 81Tarn| 82Tarn-et-Garonne| 83Var| 84Vaucluse| 85Vendée| 86Vienne| 87Haute-Vienne| 88Vosges| 89Yonne| 90Territoire de Belfort| 91Essonne| 92Hauts-de-Seine| 93Seine-Saint-Denis| 94Val-de-Marne| 95Val-d'Oise|
Oorsese départements (Départements d’outre-mer)
971Guadeloupe| 972Martinique| 973Frans-Guyana| 974Réunion| 976Mayotte
Andere oorsese gebiede:
Oorsese kollektiewe gebiede (Collectivités d’outre-mer)
Saint-Martin (collectivité territoriale)| 975Sint Pierre en Miquelon (collectivité territoriale)| Sint Bartholomeus‎ (collectivité territoriale)| 986Wallis en Futuna (territoire)| 987Frans-Polinesië (pays d’outre-mer)
Spesiaal statuut (Statut spécifique)
Nieu-Kaledonië
Onbewoonde gebiede (Territoires inhabités)
Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede | Clipperton

Die administratiewe verdeling van Frankryk: Régions - Départements - Arrondissemente - Kantons - Communes