VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Tartare

⇱ Tartare - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tartaars.
Tartare

Totale bevolking: ca. 6800000
Belangrike bevolkings in: 👁 Vlag van Rusland
Rusland (uitsluitende die Krim) 5319877

👁 Vlag van Oesbekistan
Oesbekistan 477875
👁 Vlag van Oekraïne
Oekraïne (insluitende die Krim) 319377
👁 Vlag van Kasakstan
Kasakstan 240000
👁 Vlag van Turkye
Turkye 175500
👁 Vlag van Turkmenistan
Turkmenistan 36355
👁 Vlag van Kirgisië
Kirgisië 28334
👁 Vlag van Azerbeidjan
Azerbeidjan 25900
👁 Vlag van Roemenië
Roemenië 24137
👁 Vlag van Israel
Israel 15000
👁 Vlag van Belarus
Belarus 7300
👁 Vlag van Frankryk
Frankryk 7000
👁 Vlag van Litaue
Litaue 6800–7200
👁 Vlag van die Volksrepubliek China
Volksrepubliek China 5000
👁 Vlag van Kanada
Kanada 2850
👁 Vlag van Estland
Estland 1981
👁 Vlag van Pole
Pole 1916
👁 Vlag van Bulgarye
Bulgarye 1803
👁 Vlag van Finland
Finland 900

Taal: Tartaars, Russies
Geloofsoortuiging: Soennitiese Islam, Oosters-Ortodokse Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Turkiese volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene; Russe; Ander Tartare soos Dobroedja-Tartare, Krim-Tatare, Siberiese Tartare en Wolga-Tartare

Die Tartare of Tatare (Russies: татары; Tartaars: татарлар) is 'n Turkiese etniese groep inheems aan die Europese deel van Rusland en die Wolga se middelloop.[1] Hulle praat Tartaars, 'n Turkiese taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. Die Tartare is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur 'n klein minderheid Oosters-Ortodokse Christene.

👁 Image
Verspreiding van die Tartare
👁 Image
Verspreiding van die Tartare in Rusland volgens die 2010-sensus

Tartare vorm die tweede grootste etniese groep in Rusland na die Russe en maak sowat 3,9% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Tartare leef in die outonome republieke Tartarstan en Basjkortostan (Rusland), gevolg deur Oesbekistan, Oekraïne, Kasakstan en Turkye. In Oekraïne bly Tartare veral in die outonome republiek Krim (Krim-Tatare) en in Rusland naas die westelike deel (Wolga-Tartare) veral in Siberië (Siberiese Tartare).

Die eerste verwysing na Tartare verskyn op die Kul Tigin-monument in die Oud-Turkiese skrif as 𐱃𐱃𐰺. Histories verwys die term na 'n verskeidenheid van Turko-Mongoolse semi-nomadiese ryke, wat die Tartarye se uitgestrekte gebied oorheers het. Na die Mongoolse Ryk, wat in 1206 deur Djengis Khan gestig is, en die daaropvolgende Goue Horde is deur Europeërs as Tartare verwys. Die term Tartare is 'n vermenging van die Turkiese volk se eienaam en Tartaros uit die Griekse mitologie.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Tatar". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 18 Augustus 2020.
  2. (de) Stephan Theilig (2011). Historische Konzeptionen von Körperlichkeit. Frank & Timme GmbH. p.109. ISBN978-3-86596-333-8. Besoek op 2 Maart 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie Rusland-verwante artikel is ’n saadjie. U kan help deur dit uit te brei.