VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Dysselsdorp

⇱ Dysselsdorp - Wikipedia


Gaan na inhoud
Dysselsdorp
Koördinate: 33°34′0″S 22°26′0″O / 33.56667°S 22.43333°O / -33.56667; 22.43333
Land👁 Vlag van Suid-Afrika
Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitTuinroete
Plaaslike MunisipaliteitOudtshoorn
TydsoneUTC+2 (SAST)

Dysselsdorp is 'n dorpie in die Klein Karoo, ongeveer 30 kilometer van Oudtshoorn teen die voet van die Kammanassieberge. Die N12 nasionale pad gaan naby Dysselsdorp verby.

Die dorp is in 1838 as 'n sendingstasie deur die Londense Sendinggenootskap gestig. In 1877 is die ongeveer 1,5 hektaar deur John X. Merriman in vrypag aan die 148 inwonerfamilies toegestaan. Die dorp, met bevolking van ongeveer 12000, word tot vandag toe nog hoofsaaklik deur afstammelinge van voormalige slawe en mense van gemengde rasseafkoms besit en bewoon.

Daar is 'n klein Katolieke kapel op 'n steil heuwel aan die suidekant van die dorp.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.