VOOZH about

URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Stilbaai

⇱ Stilbaai - Wikipedia


Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stilbaai
Dorp
👁 Die Goukourivier skei Stilbaai in 'n oostelike en westelike deel.
Die Goukourivier skei Stilbaai in 'n oostelike en westelike deel.
Byname:
Baai van die slapende skoonheid
Koördinate: 34°22′6″S 21°24′40″O / 34.36833°S 21.41111°O / -34.36833; 21.41111
Land👁 Vlag van Suid-Afrika
Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitTuinroete
Plaaslike MunisipaliteitHessequa
Hoogte0m (0ft)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
6674
Webwerfhttp://www.stilbaaitourism.co.za/

Stilbaai, ook bekend as die Baai van die slapende skoonheid, is 'n dorp langs die suidelike kus van Suid-Afrika, tussen Riversdale en Albertinia, 26km van die N2 nasionale hoofweg, en ongeveer 4ure se motorrit vanaf Kaapstad. Dit word met die N2 verbind met die R305-streeksroete. Dit is deel van die Hessequa-munisipaliteit in die Wes-Kaapprovinsie. Die strand by Lappiesbaai is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer en bevat ook die sogenaamde Preekstoel, 'n kenmerkende rots wat uit die sand steek. Die Goukourivier verdeel die dorp in twee, naamlik Stilbaai-oos en Stilbaai-wes, met die hawe geleë op die westelike oewer. Die rivier kan vir ongeveer 15km bevaar word.

Groot-Jongensfontein is ongeveer 10 km suidwes.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die eerste erwe is in 1894 uitgemeet. In 1930 is die twee dele met 'n pont verbind wat later in 1955 met 'n brug vervang is.

Wapen

[wysig | wysig bron]

Stilbaai se munisipale raad het in 1975 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In silwer, 'n golwende dwarsbalk van blou vergesel in die skildhoof van 'n skulp en in die skildvoet van 'n anker, alles rooi, die anker gekabel van swart; die skild aan weerskante rond uitgesny van blou, elk belaai met 'n regop swemmende vis van goud. Die helmteken was 'n seilboot, en die wapenspreuk "Otium maritimum".[1]

Klimaat

[wysig | wysig bron]

Stilbaai het 'n matige klimaat en die gebied kry bykans eweveel reën in al vier seisoene, met hoogtepunte wat bereik word in herfs en lente.

Temperatuur wissel gemiddeld tussen 20° en 28° Celsius in die somer en tussen 12° en 20° Celsius in die winter. Die reënval is gemiddeld 639,2mm per jaar.[2]

Natuurreservate

[wysig | wysig bron]

Stilbaai het 'n aantal natuurreservate. Aan die oostekant is Pauline Bohnen-natuurreservaat, 'n groot reservaat met verskeie staproetes. Die Skulpiesbaai-natuurreservaat is naby die hawe geleë en strek tot by die Noordkapperpunt-visvywers. Die Geelkrants-natuurreservaat is langs die "Preekstoel" geleë.

Oorlede

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]
👁 Image
Stilbaai, gesien vanaf die uitsigpunt bokant die hawe
👁 Image
Stilbaai, met die NG Kerk in Stilbaai-Wes, uitsig na die ooste

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]